SABMiller

SABMiller was die naasgrootste broumaatskappy ter wêreld (in terme van volume), voordat hy in 2016 met AB InBev saamgesmelt het. Die maatskappy is in 2002 gevorm deur die samesmelting van South African Breweries en Miller Brewing van Amerika.

SABMiller plc
TipeAandelemaatskappy
Gestig2002[1]
HoofkantoorLonden, EngelandVerenigde Koninkryk
SleutelpersoneAlan Clark (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieBrouery, drank
Inkomste$23,213 miljard[2] (2013)
Bedryfsinkomste$4,203 miljard[2] (2013)
Netto inkomste$3,511 miljard[2] (2013)
Werknemers70 000[3] (2014)
Dogter-
maatskappye
Bavaria Brewery
Foster's Group
Kompania Piwowarska
Miller Brewing Company
South African Breweries
Peroni Brewery
Webwerfsabmiller.com

Omdat brouery 'n industrie is met 'n hoë winsverhouding, het die meeste markte 'n winsgewende, dominante brouer, 'n paar minder winsgewende, sekondêre brouers en invoer van dominante brouers uit ander gebiede. Die streke waarin SABMiller oorheersend is, sluit in Afrika, Noord-Amerika en Oos-Europa. Die maatskappy se hoofkantoor was egter in Londen, waar dit 'n betreklike klein aandeel van die mark gehad het en nie enige van sy eie biere gebrou het nie. Aandele is verhandel op die Londense Effektebeurs en was deel van die "FTSE 100-indeks".

SABMiller het in Julie 2005 aangekondig dat hulle ingestem het om Bavaria S.A. te bekom. Bavaria S.A. is 'n Kolombiese brouery dominant in sy tuisland, asook Peru, Ecuador en Panama. Dit is die tweede grootste brouery in Suid-Amerika met 'n inkomste van meer as $2 miljard in 2004. 70% van Bavaria was besit deur die Santo Domingo-familie wat hul aandeel verruil het vir nuwe aandele in SABMiller. Dié transaksie het vir hulle 'n aandeel van 15% tot 20% verseker, wat hulle die tweede grootste aandeelhouer maak. Volgens die New York Times is dié aandeel ongeveer $3.8 miljard werd, alhoewel die bedrag op 'n dag-tot-dagbasis wissel in ooreenstemming met SABMiller se aandeelprys. SABMiller het ook 4.9 miljard Kolombiese pesos (ongeveer $2.2 miljard) se skuld aangeneem.

Besitregwysig

Die maatskappy se grootste aandeelhouer is Alteria Group, wat van tevore Miller Brewing besit het.

Handelsmerkwysig

SABMiller se handelsmerke sluit in:

  • Castle Lager
  • Castle Lite
  • Castle Milk Stout
  • Carling Black Label
  • Grolsch
  • Miller Genuine Draft
  • Miller High Life
  • Miller Lite
  • Pilsner Urquell (via brouer Plzeňský Prazdroj, a. s.)
  • Birra Peroni
  • Nastro Azzurro (Blue Ribbon in Italiaans)
  • Redds
  • Ursus
  • Tyskie, Żubr en Lech – top 3 handelsmerke in Pole
  • Sparks
  • Steel Reserve

Bestuurwysig

  • Voorsitter: Meyer Kahn
  • Hoof uitvoerende bestuurder: Ernest A. (Graham) Mackay
  • Hoof finansiële bestuurder: Malcolm I. Wyman

Notaswysig

  • Miljard = 1 000 000 000 (een duisend miljoen).

Bronwysig

Verwysingswysig

  1. Martin, Andrew (10 Oktober 2007). "Merger for SABMiller and Molson Coors" (in Engels). The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020. Besoek op 22 September 2011.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Preliminary Results 2013" (PDF) (in Engels). SABMiller. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2016. Besoek op 15 April 2014.
  3. "Who we are" (in Engels). SABMiller. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2016. Besoek op 15 April 2014.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media