São Paulo

Grootste stad in Brasilië en hoofstad van die staat São Paulo

Hierdie artikel handel oor die stad São Paulo. Vir die gelyknamige deelstaat en ander nedersettings, sien São Paulo (dubbelsinnig).

São Paulo (Portugees: [sɐ̃w̃ ˈpawlu], ; letterlik: "Sint Paulus") is die hoofstad van die gelyknamige deelstaat in suidoostelike Brasilië. Dit is geleë op die koördinate 23°33′S, 46°38′W sowat 400 km vanaf Rio de Janeiro en 1  030 km vanaf die federale hoofstad Brasília.

São Paulo

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat São Paulo
 Koördinate23°33′S 46°38′W / 23.550°S 46.633°W / -23.550; -46.633Koördinate: 23°33′S 46°38′W / 23.550°S 46.633°W / -23.550; -46.633
 Gestig op25 Januarie 1554
 Oppervlakte: 
 - Totaal1 521,11 vk km
 Hoogte bo seevlak760 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)12 400 232
 - Bevolkingsdigtheid8 005,25/vk km
 TydsoneUTC -3 (BRT)
 BurgemeesterRicardo Nunes (MDB)
 Amptelike webwerfcapital.sp.gov.br
Museu de Arte de São Paulo, ontwerp deur Lina Bo Bardi

Die stad het 'n oppervlakte van 1 521 vierkante kilometer met 'n bevolking van ietwat meer as 12 miljoen, wat dit die stad met die grootste bevolking in die Suidelike Halfrond maak. Negentien miljoen mense woon in die metropolitaanse gebied van Groter São Paulo, soos deur die regering afgebaken, wat dit een van die vyf grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld maak.

Die deelstaat São Paulo is ook 'n hoogs bevolkte gebied. Die staat as sulks het 'n bevolking van om en by 40 miljoen mense. Die mense van Brasilië verwys na die inwoners van São Paulo as paulistanos en gebruik die term paulista vir mense wat in die staat woon. Die stad se leuse is Non ducor, duco, wat Latyns is vir "Ek word nie gelei nie, ek lei". São Paulo was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.

Geografiewysig

Fisiese liggingwysig

Die digbeboude Avenida Paulista en omgewing soos gesien vanuit die meestal laer geboue in die Jardins woonbuurt
São Paulo is hemel op aarde vir liefhebbers en studente van brutalistiese boukuns: Torre Paulista in Avenida Paulista

São Paulo is op 'n plato geleë wat deel vorm van die Serra do Mar (Portugees vir "Seereeks"), wat op sy beurt deel vorm van die uitgestrekte gebied wat as die Brasiliaanse hooglande bekend staan, met 'n gemiddelde hoogte bo seespieël van ongeveer 800 m – maar slegs sowat 70 km van die Atlantiese Oseaan af. Die stad word met twee hoofweë met die hawestad Santos en die strandoord Guarujá verbind. Die bewoonde gebiede van São Paulo is hoofsaaklik heuwelagtig, maar na die noorde is die Serra da Cantareira (Cantareira reeks), wat heelwat hoër is en nog oorblyfsels van die Atlantiese Reënwoud bevat. Die hele gebied is tektonies stabiel en geen betekenisvolle seismiese aktiwiteit is nog aangeteken nie.

Die Tietê-rivier was eens 'n bron van vars water en ontspanning in São Paulo. Die rivier is egter net soos een van sy vertakkinge, die Pinheiros, later in die 20ste eeu ernstig besoedel met riool en nywerheidsafval. 'n Grootskaalse poging om albei riviere skoon te maak het beperkte welslae gehad. Nie een van die twee riviere is bevaarbaar in die dele wat deur die stad vloei nie, maar die Tietê is belangrik vir vervoer verder stroomaf, aangesien die rivier deel vorm van die Río de la Plata-kom. Daar is geen natuurlike mere in die streek nie, maar die Guarapiranga- en Billings-reservoir word gebruik vir kragopwekking, waterberging en ontspanning.

Die oorspronklike flora het hoofsaaklik uit 'n verskeidenheid breëblaar immergroen plante bestaan. Vandag is uitheemse spesies algemeen aangesien die gematigde klimaat en oorvloedige reënval die aanplant van 'n groot verskeidenheid tropiese, subtropiese en gematigde plantegroei moontlik maak, met bloekombome wat veral wyd verspreid voorkom.

Metropolitaanse streekwysig

'n Kunsmatig gekleurde satellietbeeld van die groter São Paulo metropolitaanse gebied (middel) en die kusdorpe Santos en São Vicente (onderaan).
'n Nagaansig van die Avenida Paulista

São Paulo vorm amptelik deel van 'n groter metropolitaanse streek naamlik "Grande São Paulo" ("Groter São Paulo"). Die streek bevat 39 munisipaliteite en 'n bevolking van meer as 19 miljoen (met ingang 2005 volgens die IBGE).

Prefekturewysig

Die stad São Paulo word verdeel in 31 subprefekture (subprefeituras in Portugees, waarvan die name as volg is:

  • Aricanduva
  • Butantã
  • Campo Limpo
  • Capela do Socorro
  • Casa Verde
  • Cidade Ademar
  • Cidade Tiradentes
  • Ermelino Matarazzo
  • Freguesia do Ó
  • Guaianases
  • Ipiranga
  • Itaim Paulista
  • Itaquera
  • Jabaquara
  • Jaçanã
  • Lapa
  • M'Boi Mirim
  • Mooca
  • Parelheiros
  • Penha
  • Perus
  • Pinheiros
  • Pirituba
  • Santana
  • Santo Amaro
  • São Mateus
  • São Miguel
  • Vila Maria
  • Vila Mariana
  • Vila Prudente

Elke subprefektuur word verdeel in verskeie distrikte (meestal twee of drie). Die subprefektuur met die grootste aantal distrikte is die subprefektuur genaamd Sé, in die geskiedkundige middestad, met agt distrikte (Sé, República, Consolação, Santa Cecília, Bom Retiro, Bela Vista, Liberdade en Cambuci). In die tweede plek is daar die subprefektuur van Lapa met ses distrikte (Lapa, Perdizes, Barra Funda, Vila Leopoldina, Jaguara en Jaguaré) en Mooca wat ook ses distrikte het (Mooca, Tatuapé, Belém, Pari, Brás en Água Rasa). Die aangrensende subprefekture van Jabaquara en Cidade Tiradentes het slegs een distrik elk.

Die prefekture word in nege streke verdeel naamlik:

Ligging van die Metropolitaanse Gebied São Paulo
  • Sentraal – Sluit slegs die prefektuur van Sé in.
  • Noord-oos – Middelklas woongebied naby die stad Guarulhos en 'n paar nywerhede. Die intermunisipale bushalte is ook hier geleë.
  • Noord-wes – 'n Armer gebied waardeur die spoorlyn en snelweg na Campinas en ander stede van die deelstaat loop.
  • Wes – Is 'n belangrike universiteits- en kulturele gebied. Paulista-laan en ander luukse woonbuurte kom hier voor.
  • Sentraal-Suid – Hierdie gebied spog met die hoogste per capita inkomste in die stad. Hier kan die Brasiliaanse hoofkwartiere van vele multinasionale maatskappye asook ander kantore aangetref word.
  • Suidwes – Voormalige nywerheidsgebied, en word nou hoofsaaklik deur welvarende mense bewoon. Sommige belangrike prefekture soos Ipiranga en Mooca kom in die streek voor.
  • Oos 1 – Is 'n ontwikkelende streek, wat deur laer inkomstegroepe bewoon word, maar waar daar wel nog munisipale dienste gelewer word.
  • Suid en Oos 2 – Die armste gebiede van die stad met 'n groot aantal mense wat in favelas (krotbuurte) woon en 'n baie hoë misdaadsyfer het.

Klimaatwysig

Pinheiros

Die meeste Brasiliane beskou die stad se klimaat as nat en koel, maar gemeet aan wêreldstandaarde is São Paulo se klimaat eintlik heel warm en gematig. Dit is egter nie so bedompig soos dié van die kusgebiede. Temperatuurskommelinge is soortgelyk aan stede soos Los Angeles en Meksikostad, wat bekend is vir hulle aangename klimaat. Somertemperature oorskry selde 30 °C en ryp kom bitter selde voor. Temperature daal in Julie, tydens die suidelike winter, dikwels benede 10 °C. Die rekord hoogste en laagste temperature is onderskeidelik 38 °C en -2 °C. Reënval is oorvloedig veral in die warmer maande; die reënseisoen begin in November en duur tot April.

Ligte sneeu is een keer aangeteken in 1918. São Paulo en die nabye kuslyn is nog nooit deur 'n tropiese sikloon getref nie en tornado's kom bitter selde voor.

Teen die einde van die droëseisoen in September word rookmis dikwels 'n ernstige probleem.

Weergegewens vir São Paulo (1961–1990)
MaandJanFebMarAprMeiJunJulAugSepOktNovDesJaar
Hoogste maksimum (°C)34,234,733,531,429,728,629,33335,234,535,333,535,3
Gemiddelde maksimum (°C)27,32827,225,12321,821,823,323,924,825,926,324,9
Gemiddelde temperatuur (°C)22,122,421,819,717,416,315,817,117,91920,221,119,2
Gemiddelde minimum (°C)18,718,818,216,313,812,411,712,813,915,316,617,715,5
Laagste minimum (°C)11,912,4126,83,74,21,53,43,57710,31,5
Neerslag (mm)237,4221,5160,572,671,450,143,939,670,7126,9145,8200,71 441
Humiditeit (%)80798080797877747779788078,4
Bron: Brasiliaanse Nasionale Instituut van Meteorologie[1]

Geskiedeniswysig

Stigting van São Paulo in 1554
Rekonstruksie van die Jesuïtiese skool in Pátio do Colégio in die middestad (nou 'n museum) waar die grondlegging van die stad plaasgevind het in die 16de eeu

Die stad is op 25 Januarie 1554 gestig deur die Jesuïtiese sendelinge Manoel da Nóbrega en José de Anchieta wat 'n sendelingstasie, Colégio de São Paulo de Piratininga, gestig het om die Tupi-Guarani inboorlinge tot die katolieke geloof te bekeer. Die stasie is net anderkant die Serra do Mar kranse geleë wat oor die hawestad Santos uitkyk en ook naby die Tietê-rivier is. Die sendingstasie het uiteindelik 'n natuurlike toegangsroete gevorm tot die wye, vrugbare plato wat later die staat São Paulo sou word.

Die stad, wat eers bekend gestaan as São Paulo de Piratininga, het in 1777 stadstatus verkry. Dit het 'n opbloei beleef toe koffiehandel 'n hoogtepunt bereik het aan die begin van die 19de eeu; veral vanweë ook sy ligging naby Santos se hawe, waardeur die meeste van die land se uitvoere geskied.

Ná 1881 het 'n vloedgolf immigrante uit Italië, Japan en vele ander lande na São Paulo gestroom, hoofsaaklik om op die koffieplantasies wat in die staat aangelê is te werk. Tydens die 20ste eeu, met toenemende nywerheidsontwikkeling in die land, het baie mense na die stad verhuis en is baie nuwe immigrante ook na die stad gelok.

São Paulo was ook die tuiste van die Bandeirantes wat grootliks verantwoordelik was vir die uitbreiding van Brasilië se grondgebied en die ontdekking van natuurlike hulpbronne in die binneland. Daar is ook verskeie monumente in die stad wat die Bandeirantes se bydrae tot die geskiedenis van die stad herdenk insluitende die beroemde Monumento às Bandeiras, een van São Paulo se simbole.

'n Ander belangrike geskiedkundige landmerk is die Universidade de São Paulo se skool vir die regte wat ook bekend staan as die Largo São Francisco, wat na bewering die eerste akademiese inrigting in Brasilië was. Die skool was eers in 'n klooster op 1 Maart 1828 gestig, pas na die stigting van die Brasiliaanse Ryk. Die skool het in die toenemende behoefte na opgeleide regsgeleerdes en politici voldoen. Omdat die ryk Brasiliane op daardie stadium nog Portugal toe gegaan het om voorgraadse kursusse te doen het die Brasiliaanse Keiser, Dom Pedro I, besluit dat dit tyd was om 'n nasionale skool vir die regte op die been te bring. Dit het studente van regoor die land gelok en aan São Paulo sy boheemse leefstyl verleen.

São Paulo se Estádio do Pacaembu is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 vir wedstryde ingespan, terwyl tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 en Olimpiese Somerspele 2016 van die Arena Corinthians gebruik gemaak is.

Wetgewing en Regeringwysig

MASP – Tuiste van die staat van São Paulo se regering
Ricardo Nunes dien sedert 2021 as São Paulo se burgemeester

São Paulo as die ekonomiese en demografiese swaargewig, het nog altyd 'n sleutelrol gespeel in Brasiliaanse politiek. Met 'n kieserskorps groter as baie Brasiliaanse state, word die amp van burgemeester deur baie politici as 'n tree nader aan 'n pos op staats- en nasionale regeringsvlak beskou.

Persone wat tot onlangs toe nog die amp beklee het is as volg:

BurgemeesterBegin van ampstermynEinde van ampstermynParty
Ricardo Nunes2021hedeMDB
Bruno Covas20182021PSDB
João Doria20172018PSDB
Fernando Haddad20132016PT
Gilberto Kassab20062012PFL
José Serra20052006PSDB
Marta Suplicy20012004PT
Celso Pitta19972000PPB en PTN
Paulo Maluf19931996PDS , PPR en PPB
Luiza Erundina19891992PT
Jânio Quadros19861988PTB
Mário Covas19831985PMDB

Demografiewysig

Historiese ontwikkelingwysig

Liberdade, São Paulo
Rua Oscar Freire streek van Jardins, die naam van een van die agt mees luukse strate van die planeet.

Gedurende die eerste drie eeue ná die stigting van die stad in die 16de eeu het oorwegend Portugese immigrante en slawe uit Afrika na São Paulo gekom. As gevolg van die toenemende koffieverbouing en die slawebevryding in 1888 is 'n doelgerigte immigrasiebeleid ingestel, waarvolgens vanaf die middel van die 19de tot by die vroeë 20ste eeu veral Italianers en Portugese, maar ook groot getalle Duitsers, Libanese en Japanners hulle hier gevestig het. Baie van die immigrante het hul eie etniese woonbuurte gestig, en hulle nasate oorheers nog steeds stadswyke soos Liberdade (Japanners), Bela Vista (Italianers), Bom Retiro (Libanese) en Brooklin Paulista (Duitsers). Beduidende etniese groepe in die weste van die stad is daarnaas Han-Chinese, Jode, Koreane, Armene, Bolivianers, Litauers, Spanjaarde en Siriërs.

As gevolg van die twee wêreldoorloë en die gepaardgaande politieke en ekonomiese moeilikhede in Europa, Japan en die Midde-Ooste was daar nog twee immigrasiegolwe in die 20ste eeu. Sedert die middel van die 20ste eeu het São Paulo veral 'n belangrike bestemming vir binnelandse migrante uit die noordoostelike en later ook suidoostelike streke van Brasilië geword wat hier werksgeleenthede in die groeiende nywerheidsektor en boubedryf probeer vind het.

Sedert die 1980's is die groei van São Paulo oorwegend toe te skryf aan die natuurlike bevolkingsaanwas. Alhoewel geboortesyfers geleidelik afneem, vertoon jonger mense as gevolg van die binnelandse migrasie nog steeds 'n groot aandeel aan die totale bevolking. Die jaarlikse bevolkingsgroei in die metropolitaanse gebied van São Paulo het sedert die 1990's duidelik begin afneem.

Etniese diversiteitwysig

São Paulo het 'n betekenisvolle etniese diversiteit in vergelyking met ander stede:

  • 3 000 000 mense is direkte of indirekte afstammelinge van Portugese.
  • 6 000 000 is direk of indirekte afstammeling van Italianers. Een van die wolkekrabbers in die stad is Edifício Itália (Italiëgebou) gedoop ter ere van die Italianers en was eens op 'n tyd die hoogste gebou in die stad (165 m).
  • 1 500 000 mense het 'n direkte of indirekte Afrika-afkoms.
  • 850 000 mense is direkte of indirekte afstammelinge van Libanese immigrante—by verre die grootste Libanese bevolking buite Libanon.
  • Meer as 1 miljoen mense is direkte of indirekte afstammelinge van Japanners. São Paulo huisves die grootste Japannese gemeenskap buite Japan. Die Japannese gemeenskap se historiese middelpunt is in woonbuurt Liberdade geleë.
  • Daar is 'n noemenswaardige aantal mense uit Spaanssprekende lande in Latyns-Amerika, veral Argentinië, Uruguay, Paraguay, Bolivië en Chili.
  • Let op baie paulistanos kom van gemengde etniese afkoms uit enige van die bogenoemde groepe.

Ander gemeenskappe wat in betekenisvolle getalle voorkom:

Ekonomiewysig

Eklektiese boukuns in São Paulo se Centro Histórico – die Palácio dos Correios («Pospaleis»)

São Paulo was reeds in die 1920's die belangrikste nywerheidsentrum in Brasilië; hierdie leidende posisie is tot by die vroeë sestigerjare danksy die Brasiliaanse beleid van invoervervanging nog versterk. Destyds was 74 persent van die land se nywerheidsproduksie (volgens waarde) en 82 persent van sy motorvervaardiging in São Paulo gekonsentreer. Sedert die sewentigerjare is hierdie konsentrasie danksy 'n beleid van desentralisasie verminder, maar die stad bly nog steeds Brasilië en Latyns-Amerika se belangrikste finansiële en nywerheidsentrum.

Daar word gereken dat die stad die hoofkwartier van meer Duitse maatskappye buite Duitsland as enige ander stad ter wêreld huisves. Sowat 1 000 Duitse ondernemings met 230 000 werknemers maak van São Paulo ten opsigte van die aantal werkgeleenthede die "grootste Duitse nywerheidstad". Volkswagen do Brasil is met 28 400 werknemers en 'n jaarlikse omset van 5,7 miljard VSA-$ (2000) die grootste Duitse maatskappy in die stad, en VW do Brasil se markaandeel beloop sowat 60 persent. Soortgelyk word daar beraam dat dit ook die hoofkwartiere van meer Amerikaanse maatskappye as enige ander stad ter wêreld buite die Verenigde State huisves.

São Paulo se BBP is rondom VS$146 miljard, wat dit een van die rykste stede ter wêreld maak. São Paulo se aandelebeurs word die Bovespa genoem en sy termynmark die BM&F. Sy finansiële distrikte is geleë rondom Avenida Paulista en in die Centro Velho (Ou sentrum). Ander belangrike besigheidsdistrikte is geleë in die prefekture van Pinheiros en Santo Amaro. Daar is 'n aantal hoogs gespesialiseerde streke soos Bom Retiro en Brás (groothandel klerasie- distrikte), Consolação (beligtingstoerusting), Rua Santa Ifigênia (elektriese en elektroniese onderdele), Rua Teodoro sampaio (meubels en musiektoerusting), die swierige Rua Oscar Freire (ontwerperskledingstukke), Avenida Europa (motors) en die oorvol Rua Vinte e Cinco de Março. São Paulo is ook die tuiste van 'n groot aantal maatskappye wat betrokke is by die advertensiebedryf en die uitsaaiwese.

Lugvervoerwysig

Die São Paulo Guarulhos Internasionale Lughawe bedien die stad wat lugvervoer betref..

Boukunswysig

Modernismewysig

Edifício Bretagne

Die Edifício Bretagne, wat in 1958 in die gegoede woonbuurt Higienópolis voltooi is, was een van die eerste woonstelgeboue in São Paulo wat van moderne gemeenskaps- en ontspanningsgeriewe soos 'n swembad, 'n balsaal en 'n tuin op die dakterras voorsien is. 'n Verskeidenheid style en invloede uit oorsee het hul invloed by die ontwerp vir die projek met 18 verdiepings laat geld – die luukse Hollywood-styl van die 1950's, Le Corbusier se ontwerpe vir groot woonstelblokke en Gaudi se kleurvolle kuns wat in die versierings van gemeenskapsgeriewe weerspieël word – en verseker dat die Bretagne-gebou onder die top tien residensiële geboue is wat deur die tydskrif Wallpaper gelys is.[2]

Feeste en paradeswysig

Karnavalwysig

Gaviões da Fiel tydens die karnaval in São Paulo

Die jaarlikse karnaval, wat amptelik op die Vrydag voor Aswoensdag begin en deur die Escolas de Samba, die sambaskole, georganiseer word, is een van die belangrikste besienswaardighede in die stad. Die parade van die plaaslike sambaskole met hulle pragtige kostuums is een van die grootstes ter wêreld. Baie van die deelnemers bestee 'n aansienlike deel van hul inkomste aan die kostuums, alhoewel hulle net enkele ure gedra word.

Elkeen van die sambaskole dekoreer sy waens volgens 'n jaarliks wisselende hooftema en vervaardig ook bypassende kostuums. Daarnaas word die besonderhede soos ritme, choreografie, presentasie en samespel van die groep vasgelê. Hulle is ook die belangrikste kriteria by die toekenning van pryse. Die parades begin saans en neem sowat twaalf ure.

Gay, lesbiese, bi- en transseksuele paradewysig

Die stad van São Paul is die vierde posisie deur die homoseksuele bevolking, net agter die stad van Rio de Janeiro, Fortaleza en Manaus

Die Parada do orgulho GLBT is die grootste gay, lesbiese, bi- en transseksuele parade en betoging teen homofobie en rassisme ter wêreld en vind in die herfs plaas. Op 10 Junie 2007 het meer as 3,5 miljoen mense aan die XIde parade deelgeneem, waaronder ook die burgemeester van São Paulo, Gilberto Kassab, en ministers van die Brasiliaanse regering.[3]

Internasionale verhoudingswysig

Susterstedewysig

Vennootskappewysig

Verwysingswysig

  1. (pt) "Normais Climatológicas do Brasil 1961–1990". Besoek op 22 Junie 2015. (Kieslys "Planilhas: (download)"; Kies UF="SP", Código="83669")
  2. (en) yatzer.com, 16 Desember 2017: Brazilian Modernism Revamped: The VA Apartment in São Paulo. Besoek op 30 Mei 2018
  3. (de) welt.de: 3,5 Millionen bei Gay-Pride-Parade in Sao Paulo
  4. 4,00 4,01 4,02 4,03 4,04 4,05 4,06 4,07 4,08 4,09 4,10 4,11 4,12 4,13 4,14 4,15 4,16 4,17 4,18 4,19 4,20 4,21 4,22 4,23 4,24 4,25 4,26 4,27 4,28 4,29 4,30 4,31 (pt) "Pesquisa de Legislação Municipal – No 14471". Prefeitura da Cidade de São Paulo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 23 Augustus 2013.
  5. (pt) "Lisboa – Geminações de Cidades e Vilas". Associação Nacional de Municípios Portugueses [National Association of Portuguese Municipalities]. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 23 Augustus 2013.
  6. (pt) "Acordos de Geminação, de Cooperação e/ou Amizade da Cidade de Lisboa". Camara Municipal de Lisboa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 23 Augustus 2013.
  7. (pt) "legis – Resultado página 1". Camaramunicipalsp.qaplaweb.com.br. Besoek op 22 Julie 2014.[dooie skakel]
  8. (en) "International Cooperation: Sister Cities". Seoul Metropolitan Government. www.seoul.go.kr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2009. Besoek op 26 Januarie 2008.
  9. (pt) "Seoul -Sister Cities [via WayBackMachine]". Seoul Metropolitan Government (archived 25 April 2012). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 23 Augustus 2013.
  10. (en) "Yerevan – Twin Towns & Sister Cities". Yerevan Municipality Official Website. © 2005–2013 www.yerevan.am. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 4 November 2013.

Bronnewysig

  • (de) Generalkonsulat der Bundesrepublik Deutschland: São Paulo und die deutsche Wirtschaft. [1]
  • (de) Schacht, Siegfried en Heider, Almute: Brasilien. Reiseführer mit Landeskunde (Mai's Weltführer 24). Dreieich: Mai Verlag 1998

Eksterne skakelswysig


Hoofstede van Brasilië
HoofstedeAracajuBelémBelo Horizonte • Boa Vista • Brasília • Campo Grande • CuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiânia • João Pessoa • Macapá • MaceióManausNatal • Palmas • Porto Alegre • Porto Velho • Recife • Rio Branco • Rio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão Luís • Teresina • Vitória
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media