Ryk

Geografies uitgebreide groep state en volke verenig en regeer of deur 'n sentrale owerheid of 'n sentrale figuur

Die term ryk verwys in magspolitieke opsig na 'n staat wat teenoor ander lande aanspraak op 'n hoër rang maak of waarin meerdere volke onder een gemeenskaplike sentrale gesag staan.

Wereldryke in die vroeë 19de eeu.
Bulgaars-Ortodokse ikoon van Konstantyn en Sint Helena.

Bekende historiese voorbeelde is die Ryke van die Antieke Ooste, die Persiese Ryk, die Ryk van Alexander die Grote, die Romeinse Ryk, die Islamitiese Ryk, die Bisantynse Ryk, die Frankiese Ryk van Karel die Grote, die Ottomaanse Ryk, die Britse Ryk, die Russiese Ryk, die Ryk van Napoléon Bonaparte en die fascistiese Italiaanse Ryk.

Die westerse ryksgedagte het sy oorsprong in die Romeinse Ryk, chiliastiese voorstellings in die Ou Testament of Hebreeuse Geskrifte van die Bybel en die idee van 'n gemeenskaplike Christelike ryk waarin alle nasies met dieselfde geloof verenig sou word - Augustinus se civitas Dei of ideale staatsvorm wat teenoor gelowiges as beskermende wêreldlike mag optree.

In Europa het die Heilige Romeinse Ryk - wat sedert 1157 amptelik die Sacrum Imperium of "Heilige Ryk" genoem is - met die keiser as Godgegewe heerser (wat ook uitsluitlik verantwoordelik teenoor God was) as universele monargie bestaan. In hierdie ryk het die keiser, wat die kerstening van ander volke deur sending ook buite die ryksgrense as een van sy hooftake beskou het, regstreeks of deur middel van 'n leenstelsel geregeer. Hierdie "Vredeswêreld van die Christendom" het gekontrasteer met die wêreld van nie-Christene.

Die Middeleeuse keiserdom het ten opsigte van sy aanspraak op universele gesag en sy politieke regverdiging as opvolger van die Romeinse Ryk eeue lank met die pousdom meegeding, waarby die laasgenoemde instelling hom ook op die sogenaamde Konstantynse Skenking beroep het.

Met die oorname van die Romeinse regstelsel vanaf die 12de eeu het die keiserlike gesag 'n wêreldlike fondament gekry. Hierdeur - en as gevolg van die groter rol wat nasionale state in Wes-Europa begin speel het en vanweë die groeiende onafhanklikheidsstrewe van plaaslike heersers - het die oorspronklike ryksgedagte geleidelik in verval geraak. Die Heilige Romeinse Ryk het sedert die 15de eeu in 'n nouer politieke betekenis voortbestaan as die Sacrum Imperium Nationis Germanica of Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie.

Bronnewysig

  • Lexikon der Weltgeschichte. Wiesbaden: F. Englisch 1977, bl. 444

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media