Rwenzoriberge

Die Rwenzoriberge (Engels: Rwenzori Mountains; Frans: Rwenzori; Swahili: Safu ya Ruwenzori), voorheen bekend as die Ruwenzorireeks (die spelling is in 1980 verander om aan te pas by die plaaslike naam Rwenjura), is 'n bergreeks in Oos-Afrika, feitlik op die ewenaar, op die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar kom gletsers op die berge voor; die water uit die gletsers is een van die Nylrivier se bronne. Die bergreeks se hoogste punt is 5 109 meter. Die hoogste pieke is permanent met sneeu bedek. Die Rwenzoriberg Nasionale Park en Virunga Nasionale Park is in die bergreeks geleë; eersgenoemde is in 1994 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys en laasgenoemde in 1979.

Rwenzoriberge Nasionale Park*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Margheritapiek op Berg Stanley is die hoogste punt van die bergreeks
Ligging van Rwenzoriberge op 'n kaart (Uganda)
Rwenzoriberge
Rwenzoriberge
Ligging van die Rwenzoriberge Nasionale Park in Uganda
Koördinate: 0°23′09″N 29°52′18″O / 0.38583°N 29.87167°O / 0.38583; 29.87167Koördinate: 0°23′09″N 29°52′18″O / 0.38583°N 29.87167°O / 0.38583; 29.87167
LandeVlag van Uganda Uganda
TipeNatuur
Kriteriavii, x
Verwysings684
StreekAfrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie1994  (18de Sessie)
Bedreigd1999–2004
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die bergreeks is ongeveer 120 km lank en 65 km wyd. Dit bestaan uit ses bergpieke met diep ravyne tussen hulle: Berg Stanley (5 109 m), Berg Speke (4 890 m), Berg Baker (Uganda, 4 843 m), Berg Emin (4 798 m), Berg Gessi (4 715 m) en Berg Luigi di Savoia (4 627 m).[1]

Net noord van die bergreeks is die Albertmeer, terwyl die Edwardmeer 20 km suid is.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Rwenzori Mountains National Park". Rwenzori Abruzzi. 27 Mei 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2009. Besoek op 6 Mei 2008.

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media