Russiese bloukat

Die Russiese bloukat (Russies: Русская голубая; Engels: Russian Blue) is ’n kortharige katras met ’n blou-grys pels. Hulle is hoogs intelligent en spelerig, maar skaam teenoor vreemdelinge. Hulle ontwikkel hegte bande met hul eienaars en is gewild vanweë hul geaardheid en unieke pels.

Russiese bloukat
Land Rusland
Ontstaan Natuurlik
Pels Kort
Patroon Effekleurig
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Nota: Sommige verenigings erken ook wit en swart katte, maar ander nie.
Portaal  Portaalicoon  Katte

Geskiedeniswysig

’n Vier maande oue Russiese bloukatmannetjie.

Die Russiese bloukat is ’n natuurlike ras wat waarskynlik van die hawestad Archangelsk, Rusland, afkomstig is.[1]

Daar word geglo dat die eerste Russiese bloukat in die 1860's deur matrose van die eilande by Archangelsk na Engeland en Noord-Europa gebring is. Die eerste aangetekende geval waar die katte geskou is, is in 1875 as die "Archangel cat" by die ou Crystal Palace in Londen. Die katte het saam met ander blou katte in ’n klas meegeding tot in 1912, toe hulle hul eie klas gekry het.

Die ras is tot met die Tweede Wêreldoorlog hoofsaaklik in Rusland en Skandinawië ontwikkel. Voor die oorlog het ’n gebrek aan getalle daartoe gelei dat die kat met die Siamese kat gekruis is. Hoewel daar van die katte voor die oorlog in Amerika was, is die moderne Russiese bloukat soos hy vandag in Amerika lyk, eers ná die oorlog geskep. Dit is gedoen deur die bloedlyne van die Skandinawiese en Britse katte te meng. Die Siamese eienskappe is nou grootliks uitgeteel.

Hoewel hulle op ’n beperkte grondslag gebruik is in die skepping van ander katrasse soos die Havana-bruinkat en die Nebelung, is die Russiese bloukat self ’n kortharige blou-grys kat.

In die vroeë 1970's is ’n effekleurige wit kat in Australië geskep deur dit met ’n wit huiskat te teel. Dit is die Russiese witkat genoem .[2] Teen die laat 1970's is Russiese wit- en swartkatte in Australië in verskillende klasse aanvaar. Die Southern African Cat Council aanvaar ook wit en swart katte,[3] maar die Amerikaanse Cat Fanciers Association erken nie ander kleure nie.

Beskrywingwysig

Die Russiese bloukat het heldergroen oë, twee lae kort, dik hare en ’n blou-grys pels.[4] Die onderste hare is sag en donsig, en net so lank as die boonste laag, wat ’n egalige blou is met silwer punte. Die stert het egter dowwe, skaars merkbare strepe. Net die Russiese bloukat en Franse Chartreux het hierdie soort pels. Die silwer punte gee dit ’n glansende voorkoms. Enige wit hare of geel oë word as foute in skoukatte beskou.

Die Russiese bloukat moenie met die Britse bloukat verwar word nie – dié is nie ’n afsonderlike ras nie, maar ’n Britse korthaarkat met ’n blou pels.

Die Russiese bloukat is baie intelligent en spelerig, nuuskierig en kalm. Hulle sal nes ’n hond goed vir ’n mens gaan haal wat jy vir hulle gooi en is sensitief vir basiese menslike emosies. Hulle vorm hegte bande met hul eienaars.[5] Hulle kom ook goed met ander diere en kinders klaar. Hulle is skaam voor vreemdelinge as hulle nie gewoond is aan ’n besige omgewing nie. Hulle is skoon katte wat graag miaau.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. "Breed Profile: Russian Blue" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2000. Besoek op 6 Mei 2008.
  2. "History of the Russian White". North American Russian White Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2008. Besoek op 29 November 2007.
  3. "Southern African Cat Council" (PDF). 1 Januarie 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Mei 2013. Besoek op 8 Januarie 2012.
  4. Columbia Electronic Encyclopedia (2011). "Cats": 1–2. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  5. Helgren, J. Anne (1999). "Rhapsody in Blue". Cat Magazine. 55 (12): 54, 4.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media