Russiese Verre Ooste

(Aangestuur vanaf Russiese Verre-Ooste)

Die Russiese Verre Ooste (Russies: Да́льний Восто́к Росси́и; Dalni Wostok Rossii) is ’n naam wat gebruik word vir die Russiese deel van die Verre Ooste, dus die heel oostelike gebiede tussen die Baikalmeer in Sentraal-Siberië en die Stille Oseaan. Die Russiese Verre Oosterse Federale Distrik wat in dié gebied val, moet nie verwar word met die Siberiese Federale Distrik wat nie tot aan die Stille Oseaan strek nie (sien kaart).

Siberië en die Russiese Verre Ooste. Die rooi deel is die gebied van die Siberiese Federale Distrik en die geel en oranje deel regs daarvan is die gebied van die Verre Oosterse Federale Distrik.

Terminologiewysig

In Russies word gewoonlik na die streek verwys as slegs die "Verre Ooste" en dit kan anderstaliges verwar omdat dit verskil van die internasionale betekenis van die Verre Ooste. Laasgenoemde word gewoonlik in Russies genoem die "Asies-Pasifiese Gebied" (Азиатско-тихоокеанский регион; Aziatsko-tichookeanski region), afgekort met die Cyrilliese letters ATP of as Oos-Asië (Восточная Азия; Wostotsjnaja Azija).

Geskiedeniswysig

Rusland het in 1647 tot aan die kus van die Stille Oseaan uitgebrei met die stigting van Ochotsk. Rusland het in die 19de eeu sy beheer oor die Russiese Verre Ooste bekragtig.

Tot in 2000 het die Russiese Verre Ooste nie spesifieke grense gehad nie. Die naam "Siberië en die Verre Ooste" (Сибирь и Дальний Восток; Sibir i Dalni Wostok) is dikwels in Russies gebruik vir die Russiese gebiede oos van die Oeralgebergte sonder om ’n spesifieke onderskeid tussen die twee streke te tref. Die "Verre Ooste" was net ’n vae term.

In 2000 is Rusland se federale deelgebiede in groter federale distrikte ingedeel en die Verre Oosterse Federale Distrik is gestig. Dit bestaan uit die Amoer-oblast, outonome okroeg Tsjoekotka, Joodse Outonome Oblast, Kamtsjatka-krai, Chabarofsk-krai, Magadan-oblast, Primorski-krai, Republiek van Sacha (Jakoetië) en Sachalin-oblast. Sedert 2000 verwys die naam "Verre Ooste" meestal na die federale distrik, maar dit word dikwels ook in ’n breër sin gebruik.

Die federale distrik beslaan ’n gebied van 6,2 miljoen km2 – meer as ’n derde van Rusland se totale oppervlakte.

Demografiewysig

Die meeste bewoners van die Russiese Verre Ooste bly in die suide. As ’n mens die grootte van die gebied in ag neem, beteken dit dat die bevolkingsdigtheid van die 6,7 miljoen mense net effens meer as een mens per km2 is en dus is dit een van die ylsbevolkte gebiede op aarde. Sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie het die bevolking geweldig afgeneem – 14% in die afgelope 15 jaar.

Etniese Russe en Oekraïners maak die grootste deel van die bevolking uit. Sowat 75% woon in stede. Volgens die 2002-sensus is die grootste stede:

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media