Russell Crowe

Russell Ira Crowe (gebore op 7 April 1964) is ’n akteur, rolprentvervaardiger en musikant. Hoewel hy ’n Nieu-Seelandse burger is, het hy die grootste deel van sy lewe in Australië gewoon en beskou hy homself as ’n Australiër.[1] Hy het internasionaal bekend geraak vir sy rol as die Romeinse generaal Maximus Decimus Meridius in die historiese 2000-prent Gladiator, waarvoor hy ’n Oscar vir beste akteur en nog drie pryse gewen en tien ander benoemings gekry het.[2]

Russell Crowe
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Crowe in 2005.

GeboortenaamRussell Ira Crowe
Geboorte7 April 1964 (1964-04-07) (59 jaar oud)
Wellington
NasionaliteitNieu-Seeland
LewensmaatDanielle Spencer
Kinders2
Aktiewe jare1985-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaanwysig

Crowe het sy vermaakloopbaan in die vroeë 1980's in Nieu-Seeland as ’n musikant, met die naam Russ Le Roq, begin. Hy het verskeie enkelspelers uitgereik, onder meer "I Just Want To Be Like Marlon Brando", "Pier 13", "Shattered Glass".[3] Hy was in 1984 die bestuurder van ’n Aucklandse musiekvenue met die naam "The Venue".

In Australië het hy in verskeie toneelstukke opgetree, asook in die televisiereeks Neighbours. In 1990 het hy in die Australiese prente The Crossing en Blood Oath gespeel. In 1992 was hy in die fliek Romper Stomper, waarvoor hy die Australiese Rolprentinstituut se prys vir beste akteur gewen het.

Hierna het Crowe op Amerikaanse prente gekonsentreer. In 1999 was hy in die prent The Insider in die rol van Jeffrey Wigand, ’n fluitjieblaser by ’n tabakmaatskappy. Daarvoor het hy vyf pryse as beste akteur gewen en nog sewe benoemings gekry. Ook vir sy rol as die wiskundige en Nobelpryswenner John F. Nash in die 2001-prent A Beautiful Mind het hy verskeie pryse gewen, onder meer ’n Bafta, Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste akteur.

Sy ander prente sluit in Virtuosity (1995), L.A. Confidential (1997), Proof of Life (2000), Cinderella Man (2005), American Gangster (2007), Robin Hood (2010), Les Misérables (2012) en Noah (2014). Benewens sy verskeie pryse en talle benoemings, het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame.

Filmografiewysig

Russell Crowe in 2012
  • Blood Oath (1990)
  • The Crossing (1990)
  • Proof (1991)
  • Spotswood (1992)
  • Romper Stomper (1992)
  • Hammers over the Anvil (1993)
  • Love in Limbo (1993)
  • The Silver Brumby (1993)
  • For the Moment (1993)
  • The Sum of Us (1994)
  • Rough Magic (1995)
  • Virtuosity (1995)
  • The Quick and the Dead (1995)
  • No Way Back (1995)
  • Heaven's Burning (1997)
  • Breaking Up (1997)
  • L.A. Confidential (1997)
  • The Insider (1999)
  • Mystery, Alaska (1999)
  • Proof of Life (2000)
  • Gladiator (2000)
  • A Beautiful Mind (2001)
  • Master and Commander: The Far Side of the World (2003)
  • Cinderella Man (2005)
  • A Good Year (2006)
  • 3:10 to Yuma (2007)
  • American Gangster (2007)
  • Body of Lies (2008)
  • Tenderness (2009)
  • State of Play (2009)
  • Robin Hood (2010)
  • The Next Three Days (2010)
  • The Man with the Iron Fists (2012)
  • Les Misérables (2012)
  • Man of Steel (2013)
  • Noah (2014)
  • The Water Diviner (2014)
  • Fathers and Daughters (2015)
  • The Nice Guys (2016)
  • The Mummy (2017)
  • Boy Erased (2018)
  • True History of the Kelly Gang (2019)

Verwysingswysig

  1. Roach, Vicki (26 Junie 2013). "Oscar-winner Russell Crowe denied Australian citizenship". Courier Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2016. Besoek op 26 Junie 2013.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. Ewbank/Hildred: Russell Crowe – The Biography, Carlton Publishing, London, 2001, page 23

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media