Ruslandduitsers

Ruslandduitsers (Duits: Russlanddeutsche, Russies: российские немцы, wetenskaplike transliterasie: rossijskie nemcy) is 'n sambreelterm vir die etnies Duitse of Duitssprekende minderheid in Rusland - nasate van Duitssprekende setlaars uit Sentraal-Europa wat hulle vanaf die tweede helfte van die 18de eeu in verskillende streke van die Russiese Tsareryk gevestig het.[1] Tsarin Katharina die Grote, wat self 'n boorling van 'n Duitssprekende gebied was, het aan Duitse immigrante talle voorregte gegee.

Ruslandduitsers

Totale bevolking:~3 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Duitsland Duitsland ~2,3 miljoen
Vlag van Rusland Rusland 394 138 (2010)
Vlag van Kasakstan Kasakstan 178 409 (2009)
Vlag van Oekraïne Oekraïne 33 302 (2001)
Taal:Duits en Russies
Geloofsoortuiging:Russies-Ortodokse Kerk 18,0 %
Rooms-Katolieke Kerk 7,2 %
Protestantisme 3,2 %
Verwante etniese groepe:Baltiese Duitsers, Duitsers en Russe
Alexei Miller, hoof uitvoerende beampte van die gasonderneming Gazprom, is een van die bekendste Russe van Duitse afkoms
Die skrywer Wladimir Kaminer, een van die bekendste Ruslandduitsers wat hulle in Duitsland gevestig het, bou met sy werke 'n literêre brug tussen die twee lande

Die term Ruslandduitsers, wat etniese, kulturele, taalkundige en godsdienstige homogeniteit insinueer, het eers in die 20ste eeu gebruiklik geraak in die konteks van Josef Stalin en die Nasionaal-Sosialistiese bewind in die Duitse Ryk se beleid teenoor etniese minderhede.. Histories was Duitse setlaars in Rusland uit verskillende landsdele afkomstig van waar hulle 'n verskeidenheid dialekte saamgebring het - tot 'n mate dat onderlinge kommunikasie haas onmoontlik was. In historiese tekste is hulle volgens hul Duitse oorsprongsgebied, hul dialek en hul geloofsoortuiging beskryf.

In die tyd van die Groot Terreur het 'n buiteproporsionele getal persone van Duitse afkoms slagoffers van Stalin se suiwerings geword - na ramings is sowat 55 000 Ruslandduitsers tereggestel. Ook is hulle ná die Duitse inval van Junie 1941 dikwels verdag van kollaborasie en spioenasie en uit Europese gebiede van die Sowjetunie gedeporteer.

Vanaf die middel van die 1980's - toe Michail Gorbatsjof sy beleid van liberalisering begin het - en die vroeë 1990's - toe die Sowjet-Russiese ekonomie ineengestort het - het hierdie etniese minderheid grotendeels na Duitsland geëmigreer.[2] Altesaam 2,3 miljoen Ruslandduitsers het hulle sedertdien in die land van hul voorvaders gevestig.[3] Volgens Duitse wetgewing het hulle aanspraak op inburgering.

Gewoonlik word ook na bewoners van Duitse afkoms in ander voormalige Sowjetrepublieke as Ruslandduitsers verwys. Benamings soos Oekraïneduitsers en ander is nie gebruiklik nie. Tot die val van die Sowjetunie is na Ruslandduitsers soms ook as Sowjetduitsers (Sowjetdeutsche) of Sowjetunie-Duitsers (Sowjetunion-Deutsche) verwys. In die verlede is - weens die diversiteit van gelowe, oorsprongsgebiede in Duitssprekende lande, dialekte wat as omgangstale gebesig is en die groot verskeidenheid vestigingsgebiede in Rusland - met verskillende terme na die heterogene Ruslandduitse bevolking verwys.

Oorspronklik was daar wyd verspreide groepe van Wolgaduitsers, Wolhiniëduitsers, Krimduitsers, Kaukasiëduitsers, Swartseeduitsers, Ruslandmennoniete, Siberiëduitsers en ander in die Russiese Tsareryk. Sommige van hulle het selfs in Siberië en die Verre Ooste (langs die Amoer-rivier) hul nedersettings gestig. Dwarsoor die ryk het Duitse enklawes as outonome gemeenskappe ontstaan wat name soos Mannheim, Josephsthal of Schönfeld gedra het. Die gemeenskapslewe van Ruslandduitsers was volgens oorgeërfde tradisies georganiseer en het onder meer eie kerkgemeentes en raadsvergaderings behels wat die Duitse gemeenskappe saamgesnoer het.

Tans is daar nog sowat 400 000 Ruslandduitsers in die Russiese Federasie. Volgens die laaste beskikbare sensusgegewens uit die jaar 2002 het die aantal etniese Duitsers 597 212 beloop, van wie 350 000 in Siberië bly.

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media