Rugbywêreldbeker 2007

Die Rugbywêreldbeker 2007 (Frans: Coupe du monde de rugby à XV 2007) het vanaf 7 September tot en met 20 Oktober 2007 in Frankryk plaasgevind. Dit was die sesde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) aangebied word en die derde in die Noordelike Halfrond. Frankryk se bod om die toernooi aan te bied is in 2003 bo Engeland s’n verkies.

Rugbywêreldbeker 2007
Rugbywêreldbeker 2007.svg
Toernooibesonderhede
GasheerVlag van Frankryk Frankryk
Datums7 September – 20 Oktober
Aantal nasies20 (91 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Gold medal blank.svgVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Naaswenner Silver medal blank.svgVlag van Engeland Engeland
Derde plek Bronze medal blank.svgVlag van Argentinië Argentinië
Toernooistatistiek
Wedstryde48
Bywoning2 263 223 (gem. 47 150 per wedstryd)
Drieë296 (gemiddeld 6.17 per wedstryd)
Meeste punteVlag van Suid-Afrika Percy Montgomery (105)[1]
Meeste drieëVlag van Suid-Afrika Bryan Habana (8)[2]
2003
2011
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Ses-en-tagtig nasies het deelgeneem aan die streekskwalifiserende rondtes wat in 2004 begin het. Die agt kwarteindfinaliste van die Rugbywêreldbeker 2003 het outomaties gekwalifiseer. Twaalf ander lande het by hulle aangesluit vir die poelfase van die kompetisie. Die nasionale rugbyspan van Portugal het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem.

Twintig nasies het oor 44 dae in 48 wedstryde gespeel. Twee-en-veertig wedstryde is in tien stede in Frankryk gespeel, vier in Cardiff, Wallis, en twee in Edinburg, Skotland. Frankryk het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die ander destydse Vyfnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis aangebied.

Die Rugbywêreldbeker 2007 het begin met ’n wedstryd tussen die gasheer Frankryk en Argentinië op 7 September by die Stade de France in Saint-Denis buite Parys. Die Argentyne het verras deur die gasheer te klop, ’n prestasie wat hulle later sou herhaal toe hulle die bronsmedalje gewen het deur Frankryk op 19 Oktober vir ’n tweede keer te klop. Op 20 Oktober 2007 is die eindstryd ook by die Stade de France gespeel. Suid-Afrika se Springbokke het Engeland met 15 punte teen 6 verslaan wat die land sy tweede Rugbywêreldbekertitel ná 1995 besorg het. Die telling, waarin geen drieë gedruk is nie, is behaal met vier strafskoppe deur Percy Montgomery en een deur François Steyn, teenoor die twee van Engeland se Jonny Wilkinson. Namibië is ná vier nederlae reeds in die poelfase uitgeskakel.

Toewysing

 
Die Stade de France-stadion kort nadat die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2007 gespeel is
 
Die Eiffeltoring in Parys wat met ’n reuse rugbybal versier is vir die Rugbywêreldbeker 2007

Engeland het in September 2001 aangekondig dat die nasie van plan was om ’n alleenbod vir die aanbieding van die toernooi te loods, sonder die hulp van ander tuisunies. Beide die 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 is oor al die tuisunies aangebied met Engeland en Wallis wat onderskeidelik die hoofgashere was. ’n Woordvoerder vir die Engelse Rugbyvoetbalunie (RFU) het verklaar: “Ons is heel gemaklik om dit op ons eie aan te bied. Ons het al die hulpbronne om ’n baie goeie taak te verrig.”[3] Frankryk het ook aansoek gedoen om die toernooi alleen aan te bied.[4]

’n Mate van onsekerheid het ontstaan toe beide Engeland en Frankryk uitgenooi is om hulle planne weereens in te dien.[5] Die Internasionale Rugbyraad (IRR) het verklaar dat beide lande aan die voorwaardes van die tenderdokumente in een bod moes voldoen, maar dat ’n tweede opsie alternatiewe idees kon aanbied. Die IRR het verklaar dat “Engeland se oorspronklike voorstel drie planne vir die aanbied van die toernooi gehad het, met ’n tradisionele, nuwe en hibriede formaat wat almal aangebied is. Die Franse bod het, terwyl dit in ander opsigte voldoen het aan die tenderdokument, nie binne een van die 'vensters' geval waarin die IRR ’n toernooi wou aanbied nie”.[5] As gevolg hiervan het die IRR beide lande aanbeveel om hulle aanbiedinge weer in te dien, waarvan een aan die tenderdokumente moes voldoen en die ander alternatiewe skemas kon aanbied. Die IRR wou die toernooi van Oktober tot November, of Junie tot Julie hou, terwyl Frankryk se voorstel van September tot Oktober geskeduleer was.[5] Een van Engeland se aanbiedings het die toernooi van 20 nasies (wat tesame met ’n 32-span 'Wêreldnasiesbeker' sou loop) tot 16 verminder en ’n ander het die struktuur van die kwalifiserende kompetisie verander, terwyl nog een voldoen het aan al die tenderbepalings. Tydens die aankondiging in November is Engeland en Frankryk tot 15 Januarie gegun om hulle aanbiedinge oor in te dien.[5]

In April 2003 is aangekondig dat Frankryk die reg verkry het om die toernooi aan te bied.[6] Die IRR het 18–3 ten gunste van Frankryk gestem.[6] Daar was altesaam 21 stemme by die vergadering met Engeland, Skotland, Wallis, Ierland, Frankryk, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland wat elk twee stemme gehad het en die Internasionale Amateurrugbyfederasie, Kanada, Argentinië, Japan en Italië wat elk een stem gehad het. Die toernooi is geskuif na die voorgestelde September-Oktober datums, terwyl die toernooistruktuur dieselfde gebly het.[6] Daar is ook aangekondig dat tien Franse stede die wedstryde sou aanbied met die eindstryd by die Stade de France in Saint-Denis buite Parys.[6] Frankryk se eerste minister, Jean-Pierre Raffarin, het verklaar dat “dié besluit illustreer die kwaliteit van ons land en die vermoë om groot sportgeleenthede aan te bied... Hierdie Wêreldbeker sal ’n geleentheid wees om die streke van Frankryk, waar die wonderlike sport rugby diep wortels het, te vertoon.”[6]

Deelnemers

 
Nasies wat in die kwalifiseringkompetisie deelgeneem het en die wat outomaties gekwalifiseer het; altesaam 90 nasies het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Agt beste spanne van die 2003-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Die agt kwarteindstrydfinaliste van die Rugbywêreldbeker 2003 – Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis – het almal outomaties gekwalifiseer terwyl die res van die spanne moes kwalifiseer tydens ’n reeks kompetisies wat regoor die wêreld gehou is. Tien van die twintig posisies wat in die toernooi beskikbaar was, is gevul deur streekskwalifiseerders, terwyl die oorblywende twee posisies deur heruitdunning gevul is. Die kwalifiseringtoernooi is in vyf streekspoele verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië.[7] As die outomatiese klassifiseerders getel word, het meer as 90 nasies in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Frankryk.

In Julie 2005 is Samoa en Fidji bevestig as kwalifiseerders van Oseanië, as onderskeidelik Oseanië 1 en 2.[8] In Julie van die volgende jaar het Argentinië as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle Uruguay 26–0 in Buenos Aires verslaan het.[9] Amerikas 2 is in Augustus gevul toe Kanada die VSA 56–7 in Newfoundland geklop het.[10] Die VSA het egter later daarin geslaag om as Amerikas 3 te kwalifiseer nadat die span Uruguay gemaklik in twee seksies in die begin van Oktober verslaan het.[11] In daardie maand het Italië as Europa 1 gekwalifiseer toe hulle Rusland 67–7 in Moskou geklop het om eerste plek in die land se kwalifiseringpoel te behaal; Roemenië het Spanje 43–20 in Madrid geklop en daarmee ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gekwalifiseer as Europa 2.[12]

Namibië het vir hulle derde agtereenvolgende Wêreldbeker gekwalifiseer toe die span Marokko oor twee seksies in November geklop het.[13] In laat-2006 is aangekondig dat die IRR Colombo onttrek het as die ligging vir die finale Asiatiese kwalifiseringstoernooi as gevolg van veiligheidsprobleme.[14] Japan het die enigste Asiatiese toekenning gewen nadat die toernooi na Hongkong geskuif is.[15] Georgië was 14 punte beter as Portugal oor twee seksies om die laaste Europese plek in te neem.[15] Tonga het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Korea geklop het.[16]

Die finale plek in Poel C het na Portugal gegaan nadat die span Uruguay gemiddeld 24–23 geklop het. Portugal, wat Uruguay vervang het, se kwalifisering was die enigste verandering in die 20-span lys van die Rugbywêreldbeker 2003. Portugal is ook die enigste geheel-en-al amateurspan wat gekwalifiseer het.

SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasiePoel
  AustraliëOutomatiesSesde2003Kampioen (1991, 1999)B
  EngelandSesde2003Kampioen (2003)A
  FrankrykSesde2003Naaswenner (1987, 1999)D
   IerlandSesde2003Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003)D
  Nieu-SeelandSesde2003Kampioen (1987)C
  SkotlandSesde2003Vierde plek (1991)C
  Suid-AfrikaVierde2003Kampioen (1995)A
  WallisSesde2003Derde plek (1987)B
  ArgentiniëKwalifiseringsrondteSesde2003Kwarteindrondte (1999)D
  FidjiVyfde2003Kwarteindrondte (1987)B
  GeorgiëTweede2003Poelfase (2003)D
  ItaliëSesde2003Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003)C
  JapanSesde2003Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003)B
  KanadaSesde2003Kwarteindrondte (1991)B
  NamibiëDerde2003Poelfase (1999, 2003)D
  PortugalEersteDebuutC
  RoemeniëSesde2003Poelfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003)C
  SamoaVyfde2003Kwarteindrondte (1991, 1995)A
  TongaVyfde2003Poelfase (1987, 1995, 1999, 2003)A
  Verenigde StateVyfde2003Poelfase (1987, 1991, 1999, 2003)A

Stadions

 
Die Rugbywêreldbeker 2007 is deur Frankryk aangebied, met van die wedstryde wat in Edinburg en Cardiff gespeel is
 
Verbyvlug oor die Stade de France tydens die openingseremonie van die Rugbywêreldbeker 2007
 
Nagtelike foto van die Eiffeltoring tydens die Rugbywêreldbeker 2007

Frankryk het die reg om die Rugbywêreldbeker 2007 aan te bied in 2003 verkry en het vervolgens aangekondig dat vier wedstryde in Wallis, by Cardiff se 74 500 Millennium-stadion, gehou sal word (twee Poel B-wedstryde waarby die Walliese span betrokke was, die wedstryd tussen Fidji en Kanada, en ’n kwarteindstryd). Ierland sou wedstryde in Dublin by Lansdowne Road aangebied het, maar as gevolg van skeduleringskonflikte met die herkonstruksie van die stadion het die land besluit om nie deel te neem aan die aanbieding van die Rugbywêreldbeker 2007 nie.[17]

Twee Poel C-wedstryde is by Edinburg se Murrayfield-stadion gehou. Omstredenheid het in laat-2004 ontstaan toe mediaberigte gespekuleer het dat die Skotse Rugbyunie van die wedstryde wou verkoop. Die gerug het byna ’n jaar later weer die rondte gedoen, wat die SRU gedwing het om ’n uitspraak oor die aangeleentheid te maak.[17] Indien Skotland sou onttrek, het Wallis belangstelling getoon in die oorname van Skotland se toegewysde wedstryde.[18] Daar is in April 2006 bevestig dat Skotland tog die wedstryde sou aanbied. Die Rugbywêreldbeker 2007 het heelwat meer toeskouerkapasiteit as wat die geval in die Rugbywêreldbeker 2003 was: die kleinste stadion vir die 2007-toernooi het sitplek vir 33 900 toeskouers. Die Franse stadions is dieselfde as die wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gebruik is. 6 000 vrywilligers het geholpe om die kompetisie te organiseer.[19] Organiseerders en vrywilligers het op 18 Maart 2007 by die Paryse Disneyland-oord vergader om die begin van die rugbyfeesvieringe te gedenk.[19] Lede van die seëvierende 2007-Franse Sesnasieskampioenspan was ook teenwoordig.[19]

Alhoewel die Rugbywêreldbeker 2007 die eerste was wat hoofsaaklik deur Frankryk aangebied is, is ’n aantal wedstryde in die 1991 en 1999-toernooie, wat onderskeidelik hoofsaaklik deur Engeland en Wallis aangebied is, in Frankryk gespeel. Poel D (wat Frankryk insluit) is oral in Frankryk gehou, insluitend in Béziers, Bayonne, Grenoble, Toulouse, Brive en Agen. Parc des Princes en Stadium Lille Métropole het ook elkeen ’n kwarteindwedstryd aangebied. Op soortgelyke wyse is Poel C-wedstryde in 1999 oral in Frankryk gehou in Béziers, Bordeaux en Toulouse.[20] ’n Tweede-rondte-wedstryd is gehou by Stade Félix-Bollaert en ’n kwarteindstryd is by die Stade de France gehou, beide 2007-stadions.[20]

  Saint-Denis  Cardiff  Edinburg  Marseille
Stade de FranceMillenniumMurrayfieldStade Vélodrome
48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O / 48.92444; 2.36000 (Stade de France)51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250 (Millennium-stadion)55°56′32″N 3°14′27″W / 55.94222°N 3.24083°W / 55.94222; -3.24083 (Murrayfield-stadion)43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583 (Stade Vélodrome)
Kapasiteit: 80 000Kapasiteit: 74 500Kapasiteit: 67 144Kapasiteit: 59 500
    
  Parys  Lens  Lyon  Nantes
Parc des PrincesStade Félix-BollaertStade de GerlandStade de la Beaujoire
48°50′29″N 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306 (Parc des Princes)50°25′58″N 2°48′54″O / 50.43278°N 2.81500°O / 50.43278; 2.81500 (Stade Félix-Bollaert)45°43′26″N 4°49′56″O / 45.72389°N 4.83222°O / 45.72389; 4.83222 (Stade de Gerland)47°15′20.27″N 1°31′31.35″W / 47.2556306°N 1.5253750°W / 47.2556306; -1.5253750 (Stade de la Beaujoire)
Kapasiteit: 47 870Kapasiteit: 41 400Kapasiteit: 41 100Kapasiteit: 38 100
    
  Toulouse  Saint-Étienne  Bordeaux  Montpellier
Stadium de ToulouseStade Geoffroy-GuichardStade Chaban-DelmasStade de la Mosson
43°34′59″N 1°26′3″O / 43.58306°N 1.43417°O / 43.58306; 1.43417 (Stadium de Toulouse)45°27′39″N 4°23′25″O / 45.46083°N 4.39028°O / 45.46083; 4.39028 (Stade Geoffroy-Guichard)44°49′45″N 0°35′52″W / 44.82917°N 0.59778°W / 44.82917; -0.59778 (Stade Chaban-Delmas)43°37′20″N 3°48′43″O / 43.62222°N 3.81194°O / 43.62222; 3.81194 (Stade de la Mosson)
Kapasiteit: 35 700Kapasiteit: 35 650Kapasiteit: 34 440Kapasiteit: 33 900
    
Plek in Skotland
Plek in Wallis

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 2007 is oor 44 dae tussen 20 verskillende nasies, oor 48 wedstryde gespeel. Dit het op 7 September 2007 by die Stade de France met ’n wedstryd tussen die gasheer, Frankryk, en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Oktober met die eindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die poelfase en ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Poelfase
September
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
So
16
Ma
17
Di
18
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
Ma
24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
SeremoniesOS
Poel A111112111
Poel B111111112
Poel C111111112
Poel D111111112
Uitklopfase
Oktober
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
So
7
Ma
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
SeremoniesSS
Uitklopfase221111
Legende

   Seremonies

   Poelwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Poele

Poel APoel BPoel CPoel D

  Engeland[21]
  Samoa
  Suid-Afrika[21]
  Tonga
  Verenigde State

  Australië[21]
  Kanada
  Fidji
  Japan
  Wallis[21]

  Nieu-Seeland[21]
  Italië
  Portugal
  Roemenië
  Skotland[21]

  Argentinië
  Frankryk[21][22]
  Georgië
   Ierland[21]
  Namibië

Elke land mag 30 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 14 Augustus 2007 aan die Internasionale Rugbyraad voorgelê word.[23] Nadat die span voorgelê is kan ’n beseerde speler vervang word, maar so ’n speler sal nie toegelaat word om weer by die span aan te sluit nie.

Poelfase

 
Openingseremonie in die Stade de France
 
Franse ondersteuners by die openingseremonie
 
Synergie, die amptelike rugbybal van die Rugbywêreldbeker 2007

Soos in die Rugbywêreldbeker 2003 is die 20 nasies wat vir die Rugbywêreldbeker 2007 gekwalifiseer het, in vier poele verdeel. Die poele is verdeel van Poel A tot Poel D en elke poel het uit vyf spanne bestaan. Elke poel het een semifinalis en een kwarteindfinalis (outomatiese kwalifiseerders) van die Rugbywêreldbeker 2003, met die ander drie plekke wat deur die kwalifiseringstelsel gevul is. Elke nasie het een keer teen elke ander span in hulle poel gespeel: elke nasie het dus vier wedstryde in die poelfase gespeel.

Klassifisering binne elke poel was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.[24]

Bonuspunte wat bydra tot spanne se kumulatiewe wedstrydpuntetelling is in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval) toegeken:

  • ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe (’n verdoelde drie) of minder.[24]

Aan die einde van die poelfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal, word ’n kriteriastelsel van gebruik om te bepaal watter span ’n hoër rang het. Die kriteriastelsel berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het.[24] As geen uitslag met die stelsel bereik kan word nie word die span wat die hoër rang op die amptelike ranglys van die IRR het (soos gepubliseer op 1 Oktober 2007) die hoër rang toegeken.[24]

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindrondtewedstryde, twee halfeirondtewedstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die poele het na die uitklopfase deurgedring. Poelwenners het teen naaswenners in ander poele in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Poel A speel teen die naaswenner van Poel B en die wenner van Poel B speel teen die naaswenner van Poel A. Spanne van dieselfde poel sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar na tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag is, word daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik word daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 10 minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner is nie word daar vir tien minute gespeel in ’n uitklop-formaat, waar die eerste span wat daarin slaag om punte te behaal, wen. As daar steeds nie ’n wenner is na 110 minute nie word die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[24]

2007-effek op 2011-kwalifisering

Anders as tydens die Rugbywêreldbeker 2003 het die top drie spanne in elke poel outomaties vir die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland kwalifiseer: voorheen het slegs die agt kwarteindfinalsite outomaties vir die volgende toernooi gekwalifiseer. Die vier semifinaliste, saam met die volgende gasheer Nieu-Seeland, is gekeur vir die 2011-toernooi. Hulle is Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis.

Kaartjies en borgskappe

 
Amptelike 2007 Rugbywêreldbeker-winkel

Kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2007 is in drie fases verdeel. Die eerste-fase-kaartjies is in November 2005 vrygestel toe lede van die Europese rugbygemeenskap (bv. amptenare, spelers, ens.) die geleentheid gebied is om verskeie kaartjiepakkette aan te skaf. Na die oopstel van die tweede fase van die kaartjieskema is meer as 100 000 kaartjies binne tien ure verkoop.[25] Aan die begin van 2006 is daar aangekondig dat daar reeds 800 000 van die 2,4 miljoen kaartjies verkoop is en op 6 September 2006 is die eenmiljoenste kaartjie verkoop.[26] Die oorblywende kaartjies is tydens die derde fase in November 2006 vrygestel: dié kaartjies was individuele kaartjies en kaartjies na die kwarteindstryd wat gelei het tot 'ongekende aanvraag'. In Junie 2007 is daar aangekondig dat van die 2,4 miljoen kaartjies wat te koop aangebied is reeds 2 miljoen verkoop is.[27]

Die Wêreldwye Vennote van die toernooi was Société Générale, GMF, Électricité de France, Peugeot, Visa en SNCF,[28] en die amptelike borge sluit in Heineken, Vediorbis, Capgemini, Orange, Toshiba en Emirates.[29] Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Gilbert Synergie wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by Rugbywêreldbeker voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995), Revolution- (1999) en Xact-balle (2003) vir vorige toernooie verskaf het.[30] Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Adidas, Coca-Cola en Clifford Chance.[31]

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 12 skeidsregters en 13 lynregters is vir die poelfase ingespan. Vir die uitklopstadium het die 12 skeidsregters as skeidsregters, lynregters en televisiewedstrydamptenare opgetree.[32]

Skeidsregters

Lynregters

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2011.
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2011.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2011 mis.

Poelwedstryde

Poel A

 
Die Samoaanse Siva Tau
 
Suid-Afrika nadat hulle Engeland met 36–0 geklop het
SpanWedWenGelVerDVPVPT+/−BPPte
  Suid-Afrika44002418947+142319
  Engeland43011110888+20214
  Tonga420298996-719
  Samoa4103569143-7415
  Verenigde State4004761142-8111

Poel B

 
Wallis teen Kanada
 
Australië tydens hul 91–3-oorwinning oor Japan
SpanWedWenGelVerDVPVPT+/−BPPte
  Australië44003021541+174420
  Fidji430114114136–22315
  Wallis420223168105+63412
  Japan4013764210-14613
  Kanada4013651120-6902

Poel C

 
Skotland klopRoemenië met 42–0 tuis
SpanWedWenGelVerDVPVPT+/−BPPte
  Nieu-Seeland44004630935+274420
  Skotland43011411666+50214
  Italië4202885117–3219
  Roemenië4103540161-12115
  Portugal4004438209-17111

Poel D

 
Argentinië se openingswedstryd teen Frankryk
SpanWedWenGelVerDVPVPT+/−BPPte
  Argentinië44001614333+110218
  Frankryk43012418837+151315
   Ierland420296482–1819
  Georgië4103550111-6115
  Namibië4004330212-18200

Uitklopwedstryde

 
Die Springbokke nadat hulle in 2007 as die wêreldkampioen gekroon is
 
Die William Webb Ellis-beker wat deur die Springbokspan van Suid-Afrika as wenner van die Wêreldbekertoernooi van 2007 omhoog gehou is
KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
6 Oktober – Marseille    
   Australië 10
13 Oktober – Saint-Denis
   Engeland 12 
   Engeland 14
6 Oktober – Cardiff
    Frankryk 9 
   Nieu-Seeland 18
20 Oktober – Saint-Denis
   Frankryk 20 
   Engeland 6
7 Oktober – Marseille
    Suid-Afrika 15
   Suid-Afrika 37
14 Oktober – Saint-Denis
   Fidji 20 
   Suid-Afrika 37Uitspeel om derde plek
7 Oktober – Saint-Denis
    Argentinië 13 19 Oktober – Parys
   Argentinië 19
    Frankryk 10
   Skotland 13 
   Argentinië 43

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (vir die derde plek)

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 2007
  Suid-Afrika

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2007.[37]

 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 2007:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

RangSpanPoelWedWenGelVerPteDrieëDoelskoppeStrafdoeleSkepdoele
1  Suid-AfrikaA77002783325210
2  EngelandA7502140127175
3  ArgentiniëD76012092314184
4  FrankrykD74032272719180
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  Nieu-SeelandC5401327483650
6  AustraliëB5401225312082
7  FidjiD53021341612100
8  SkotlandC5302129151580
In die poelfase uitgeskakel
9  WallisB4202168231670
10  TongaA42028997100
11  ItaliëC42028586110
12   IerlandD4202649521
13  SamoaA41036954120
14  GeorgiëD4103505550
15  RoemeniëC4103405330
16  JapanB4013647470
17  KanadaB4013516350
18  Verenigde StateA4004617460
19  PortugalC4004384331
20  NamibiëD4004303321
Algeheel48249829621117814

Meeste punte en drieë

Meeste aangetekende punte:[38]
NaamPunte
1  Percy Montgomery105
2  Felipe Contepomi91
3  Jonny Wilkinson67
4  Nick Evans50
5  Jean-Baptiste Élissalde47
6  Chris Paterson46
7  Pierre Hola44
8  Lionel Beauxis43
9  Nicky Little42
10  Matt Giteau40
  Bryan Habana
  Dan Carter
Meeste gedrukte drieë:[39]
NaamDrieë
1  Bryan Habana8
2  Drew Mitchell7
3  Doug Howlett6
  Shane Williams
5  Joe Rokocoko5
  Chris Latham
  Vincent Clerc
8  Rory Lamont4
  Sitiveni Sivivatu
  Jaque Fourie
  JP Pietersen
  Juan Smith
  Paul Sackey

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual points in a tournament". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 26 Oktober 2019.
  2. (en) "Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual tries in a tournament". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019. Besoek op 26 Oktober 2019.
  3. (en) "England to launch bid for 2007". rugby.com.au. 12 September 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Oktober 2006.
  4. (en) "World Cup bidding process underway". rugby.com.au. 28 September 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Oktober 2006.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "IRB clarifies World Cup bid situation". rugby.com.au. 17 November 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2016. Besoek op 7 Oktober 2006.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 (en) "France wins right to host 2007 Rugby World Cup". rugby.com.au. 11 April 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Oktober 2006.
  7. (en) "RWC 2007 Qualifying process". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-06-29. Besoek op 16 Maart 2007.
  8. (en) "Samoa and Fidji through to RWC 2007". rugbyworldcup.com. Besoek op 16 Maart 2007.[dooie skakel]
  9. (en) "Argentina qualify for Rugby World Cup 2007". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2006-08-22. Besoek op 16 Maart 2007.
  10. (en) "Canada qualifies for RWC 2007". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2006-08-31. Besoek op 16 Maart 2007.
  11. (en) "USA Eagles qualify for 2007 World Cup". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-02-19. Besoek op 16 Maart 2007.
  12. (en) "Italy and Romania qualify for RWC 2007". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-03-14. Besoek op 16 Maart 2007.
  13. (en) "Namibia qualify for Rugby World Cup". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-01-27. Besoek op 16 Maart 2007.
  14. (en) "IRB scraps Asian World Cup qualifiers in Sri Lanka". lankabusinessonline.com. 27 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-09-27. Besoek op 27 Oktober 2006.
  15. 15,0 15,1 (en) "Japan and Georgia qualify". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-01-26. Besoek op 16 Maart 2007.
  16. (en) "Tonga through to RWC 2007 finals". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-04-03. Besoek op 16 Maart 2007.
  17. 17,0 17,1 (en) "Scotland looks to give up World cup matches at Murrayfield". worldcupweb.com. 2 Desember 2005. Besoek op 21 April 2006.[dooie skakel]
  18. (en) "Scots could disrupt World cup hosting plans". worldcupweb.com. 20 Februarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2007. Besoek op 21 April 2006.
  19. 19,0 19,1 19,2 (en) "Rugby World Cup volunteers gather at Disneyland Paris". rugbyworldcup.com. 18 Maart 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-06-21. Besoek op 24 Maart 2007.
  20. 20,0 20,1 (en) "1999 Rugby World Cup venues". sportsillustrated.cnn.com. Besoek op 16 Maart 2007.
  21. 21,0 21,1 21,2 21,3 21,4 21,5 21,6 21,7 Outomatiese kwalifiseerder (kwarteindfinaliste in 2003).
  22. Benewens outomatiese kwalifisering as gevolg van prestasie in 2003, is Frankryk die gasheer en sou die land op grond daarvan gekwalifiseer het.
  23. (en) "Tonga reveal squad for World Cup". bbc.co.uk. 10 Augustus 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 September 2007.
  24. 24,0 24,1 24,2 24,3 24,4 (en) "Tournament Rules". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2014. Besoek op 14 Augustus 2007.
  25. (en) "Rush For Rugby World Cup Tickets". xtramsn.co.nz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2006-04-12. Besoek op 22 April 2006.
  26. (en) "One millionth RWC ticket sold". therugbyworldcup.co.uk. Besoek op 7 September 2006.
  27. (en) "Unprecedented demand for RWC 2007 tickets". rugbyworldcup.com. 9 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-01-25. Besoek op 22 November 2006.
  28. (en) "RWC 2007 Worldwide Partners". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2009. Besoek op 14 Augustus 2007.
  29. (en) "RWC 2007 Sponsors". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2012. Besoek op 14 Augustus 2007.
  30. (en) "Rugby World Cup 2007". gilbertrugby.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2007. Besoek op 7 Oktober 2006.
  31. (en) "RWC 2007 Suppliers". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2012. Besoek op 14 Augustus 2008.
  32. (en) "Rugby World Cup 2007 match official appointments set". rugbyworldcup.com. 13 Augustus 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2008. Besoek op 13 Augustus 2007.
  33. (en) Rugby News Service (21 Oktober 2007). "Habana named IRB Player of the Year". Internasionale Rugbyraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2013. Besoek op 21 Oktober 2007.
  34. (en) Fitzpatrick, Joel (5 September 2007). "Thretton takes milestone in his stride". Rugby News Service. Rugby World Cup. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 19 Oktober 2007.
  35. (en) Griffiths, John (17 Augustus 2009). "Ask John". Scrum.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 26 Oktober 2019.
  36. 36,0 36,1 (en) Rugby News Service (19 Oktober 2007). "Referee Honiss set to break world record". Rugby World Cup. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2012. Besoek op 19 Oktober 2007.
  37. (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Besoek op 26 Oktober 2019.
  38. (en) "Points scored". rugbyworldcup.com. Besoek op 4 Maart 2021.
  39. (en) "Tries scored". rugbyworldcup.com. Besoek op 4 Maart 2021.

Verdere leesstof

  • (en) Peatey, Lance (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.
  • (en) Robertson, Ian (12 November 2007). Sweet Chariot 2 – The Complete Book of the Rugby World Cup 2007. Green Umbrella Publishing. p. 192. ISBN 978-1-905828-29-6.
  • (fr) Thomas, Nicolas (5 Desember 2007). Coupe du monde de rugby 2007 – le livre officiel. Éditions Prolongations. p. 155. ISBN 978-2-916400-26-6.

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker 

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031


Rugbywêreldbeker 2007

Die Rugbywêreldbeker 2007 (Frans: Coupe du monde de rugby à XV 2007) het vanaf 7 September tot en met 20 Oktober 2007 in Frankryk plaasgevind. Dit was die sesde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) aangebied word en die derde in die Noordelike Halfrond. Frankryk se bod om die toernooi aan te bied is in 2003 bo Engeland s’n verkies.