Rugbywêreldbeker 1987

Die Rugbywêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Rugby World Cup) het vanaf 22 Mei tot en met 20 Junie 1987 in beide Australië en Nieu-Seeland plaasgevind. Dit was die eerste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) aangebied word.

Rugbywêreldbeker 1987
Rugbywêreldbeker 1987.svg
Toernooibesonderhede
GasheerVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Australië Australië
Datums22 Mei – 20 Junie
Aantal nasies16
Finale posisies
Kampioen Gold medal blank.svgVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner Silver medal blank.svgVlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Bronze medal blank.svgVlag van Wallis Wallis
Toernooistatistiek
Wedstryde32
Bywoning604 500 (gem. 18 891 per wedstryd)
Drieë224 (gemiddeld 7 per wedstryd)
Meeste punteVlag van Nieu-Seeland Grant Fox (126)[1]
Meeste drieëVlag van Nieu-Seeland Craig Green
Vlag van Nieu-Seeland John Kirwan (6 drieë elk)[2]
← Geen
1991
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1987 deelgeneem: Die destydse sewe lede van die IRVR (Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die voorste nielede wat deur die IRVR genooi is (Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe). Vir Wes-Samoa is ten spyte van ’n beter speelkwaliteit in vergelyking met sommige van die genooide nasionale rugbyspanne nie ’n uitnodiging gestuur nie. Die Sowjetunie is wel genooi om aan die toernooi deel te neem, maar hulle het weens Suid-Afrika se lidmaatskap by die IRVR dié aanbod verwerp.[3] Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1987 is 32 wedstryde gespeel. Die spanne is in vier poele van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die poel gespeel het. Die boonste twee spanne van elke poel het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer.

Nieu-Seeland wen die trofee nadat hulle Frankryk met 29–9 in die eindstryd op Edenpark in Auckland klop en sodoende die eerste rugbywêreldbekerwenners word.[4] Wallis eindig in die derde en Australië in die vierde plek; interessant genoeg het die vier poelwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig. Die kwarteindstryd waarin Frankryk Australië met 30–24 geklop het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou.[5]

Toewysing

Aan die begin van die 1980's het die idee van ’n rugbywêreldbekertoernooi opgedaag, maar tydens ’n vergadering van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) is dié voorstel verwerp. Die Australiese en Seelandse rugbyunies het vervolgens – onafhanklik van mekaar – ’n brief vir die IRVR geskryf, waarin hulle op die aanbieding van ’n rugbywêreldbekertoernooi aangedring het. 1985 is die voorstel, ten spyte van veral Britse en Ierse weerstand, goedgekeur. Australië en Nieu-Seeland is vervolgens die Rugbywêreldbeker 1987 toegeken. Die beslissende stem was van Suid-Afrika, wat die projek ten spyte van die voortgesette boikot teen die land weens apartheid ondersteun het.

Deelnemers

Die sewe lede van die IRVR het outomatiese vir die Rugbywêreldbeker in 1987 gekwalifiseer: Die gashere Australië en Nieu-Seeland, die vier tuisnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis asook Frankryk. Die IRVR-lid Suid-Afrika is in 1984 weens sy apartheidsbeleid van die beplande toernooi geskors; nasionale rugbyspanne van ander deelnemende lande het egter ook ná die Rugbywêreldbeker 1987 wedstryde teen die Springbokke gespeel. Vir die oorblywende nege plekke is nie ’n kwalifisering gehou nie. Die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe is deur die IRVR genooi om deel te neem. Wes-Samoa is egter nie genooi nie, ten spyte van sy beter plasing op die destydse nieamptelike wêreldranglys bo Tonga. Die Sowjetse nasionale rugbyspan is ook vir die toernooi genooi, maar hulle het die aanbod uit protes teen die Suid-Afrikaanse IRVR-lidmaatskap verwerp. Vervolgens het Roemenië die Sowjetunie vervang.

 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR)

   Uitgenooi deur die IRVR

   Plaasvervanger ná die Sowjetunie se weiering

   Nie deelgeneem nie

SpanKwalifiseringmetodeVorige beste prestasiePoel
  AustraliëGashereDebuut1
  Nieu-Seeland3
  EngelandVolle lede1
  Frankryk4
   Ierland2
  Skotland4
  Wallis2
  ArgentiniëUitgenooi3
  Kanada2
  Fidji3
  Italië3
  Japan1
  Roemenië4
  Tonga2
  Verenigde State1
  Zimbabwe4

Stadions

Australië het 11 wedstryde op twee verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 21 wedstryde op nege plekke aangebied het.

Auckland, NoordeilandWellington, NoordeilandChristchurch, SuideilandDunedin, Suideiland
EdenparkAthletic ParkLancasterparkCarisbrook
36°52′30″S 174°44′41″O / 36.87500°S 174.74472°O / -36.87500; 174.74472 (Edenpark)41°19′2″S 174°46′37″O / 41.31722°S 174.77694°O / -41.31722; 174.77694 (Athletic Park)43°32′31″S 172°39′15″O / 43.54194°S 172.65417°O / -43.54194; 172.65417 (Lancasterpark)45°53′37″S 170°29′26″O / 45.89361°S 170.49056°O / -45.89361; 170.49056 (Carisbrook)
Kapasiteit: 48 000Kapasiteit: 39 000Kapasiteit: 36 500Kapasiteit: 35 000
    
Rotorua, Noordeiland
Rugbywêreldbeker 1987 (Australië)
Napier, Noordeiland
Rotorua Int’l StadionMcLeanpark
38°9′21″S 176°13′27″O / 38.15583°S 176.22417°O / -38.15583; 176.22417 (Rotorua Internasionale Stadion)39°30′7″S 176°54′46″O / 39.50194°S 176.91278°O / -39.50194; 176.91278 (McLeanpark)
Kapasiteit: 35 000Kapasiteit: 30 000
 
Hamilton, NoordeilandBrisbane, Queensland
WaikatoBallymore
37°46′52″S 175°16′6″O / 37.78111°S 175.26833°O / -37.78111; 175.26833 (Waikatostadion)27°26′31″S 153°1′4″O / 27.44194°S 153.01778°O / -27.44194; 153.01778 (Ballymorestadion)
Kapasiteit: 30 000Kapasiteit: 24 000
 
Sydney, Nieu-Suid-WallisInvercargill, SuideilandPalmerston North, Noordeiland
Concord-ovaalRugby ParkShowgrounds-ovaal
33°52′6″S 151°6′34″O / 33.86833°S 151.10944°O / -33.86833; 151.10944 (Concord-ovaal)46°25′1″S 168°21′46″O / 46.41694°S 168.36278°O / -46.41694; 168.36278 (Rugby Park-stadion)40°21′24″S 175°36′4″O / 40.35667°S 175.60111°O / -40.35667; 175.60111 (Showgrounds-ovaal)
Kapasiteit: 20 000Kapasiteit: 30 000Kapasiteit: 20 000
   

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1987 is oor 29 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde gespeel. Dit het op 22 Mei 1987 op Edenpark in Auckland met ’n wedstryd tussen die gasheer, Nieu-Seeland, en Italië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Junie met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1987 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die poelfase en ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Poelfase
Mei/Junie
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
31
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
SeremoniesOS
Poel 111112
Poel 211112
Poel 3111111
Poel 42112
Uitklopfase
Junie
Sa
6
So
7
Ma
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
SeremoniesSS
Uitklopfase1211111
Legende

   Seremonies

   Poelwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Poele

Poel 1Poel 2Poel 3Poel 4

  Australië
  Engeland
  Japan
  Verenigde State

  Kanada
   Ierland
  Tonga
  Wallis

  Argentinië
  Fidji
  Italië
  Nieu-Seeland

  Frankryk
  Roemenië
  Skotland
  Zimbabwe

Die poelwedstryde is onder die twee gashere soos volg verdeel:

  • Poel 1 is in Australië aangebied
  • Van Poel 2 is vyf wedstryde in Nieu-Seeland en een wedstryd in Australië aangebied
  • Poel 3 is in Nieu-Seeland aangebied
  • Poel 4 is in Nieu-Seeland aangebied

Poelfase

Die eerste Rugbywêreldbekertoernooi is deur 16 nasionale rugbyspanne uitgespeel. Daar is geen kwalifikasie gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi. Vir die poelfase is die 16 deelnemende spanne in vier poele van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde poel gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die poelfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens gedrukte drieë gerangskik, in plaas van die punte wat total aangeteken is (sou dit anders gewees het, sou Argentinië in Poel C tweede geëindig het, bo Fidji; Frankryk sou steeds Poel D eerste afgesluit het.)

Klassifisering binne elke poel was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die poelfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurdring het.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die poele het ná die uitklopfase deurgedring. Poelwenners het teen naaswenners in ander poele in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Poel 1 het teen die naaswenner van Poel 2 en die wenner van Poel 2 teen die naaswenner van Poel 1 gespeel. Spanne van dieselfde poel sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase móés in ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. Indien daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel; die spanne het dan 10 minute aan ’n kant gespeel. Indien daar dan steeds geen wenner was nie is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. Indien daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1987-effek op 1991-kwalifisering

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 1991 in Engeland gekwalifiseer. Hulle is Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1991.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1991 mis.

Poelwedstryde

Poel 1

SpanWedWenGelVerDVPVPTPte
  Australië330018108416
  Engeland320115100324
  Verenigde State3102539992
  Japan30037481230

Poel 2

 
Die Kanadese nasionale rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 1987
SpanWedWenGelVerDVPVPTPte
  Wallis33001382316
   Ierland32011184414
  Kanada3102765902
  Tonga3003329980

Poel 3

SpanWedWenGelVerDVPVPTPte
  Nieu-Seeland330030190346
  Fidji31026561012
  Italië31024401102
  Argentinië3102549902
  • Fidji het gekwalifiseer op grond van die meeste drieë (Fidji 6, Italië 5, Argentinië 4)

Poel 4

SpanWedWenGelVerDVPVPTPte
  Frankryk321025145445
  Skotland321022135695
  Roemenië31025611302
  Zimbabwe30035531510
  • Frankryk het gekwalifiseer as poelwenner nadat hulle drie drieë en Skotland twee drie tydens die gelykop met 20 elk gedruk het.

Uitklopwedstryde

KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
6 Junie – Christchurch    
   Nieu-Seeland 30
14 Junie – Brisbane
   Skotland 3 
   Nieu-Seeland 49
8 Junie – Brisbane
    Wallis 6 
   Wallis 16
20 Junie – Auckland
   Engeland 3 
   Nieu-Seeland 29
7 Junie – Auckland
    Frankryk 9
   Frankryk 31
13 Junie – Sydney
   Fidji 16 
   Frankryk 30Uitspeel om derde plek
7 Junie – Sydney
    Australië 24 18 Junie – Rotorua
   Australië 33
    Wallis  22
    Ierland 15 
   Australië 21

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (vir die derde plek)

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1987
  Nieu-Seeland

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1987.[6]

 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1987:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde Plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Poelfase

   Nie deelgeneem nie

RangSpanPoelWedWenGelVerPteDrieëDoelskoppeStrafdoeleSkepdoele
1  Nieu-Seeland366002984330211
2  Frankryk46411215342681
3  Wallis26501126201153
4  Australië164021862620122
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  Skotland44211138221660
6  Engeland14202103151170
7   Ierland2420299131072
8  Fidji34103728591
In die poelfase uitgeskakel
9  Kanada23102658381
10  Roemenië431026162110
11  Argentinië33102494390
12  Italië33102405142
13  Verenigde State13102395521
14  Zimbabwe43003535390
15  Japan13003487151
16  Tonga23003293150
Algeheel32162122414812815

Meeste punte en drieë

Meeste aangetekende punte:[7]
NaamPunte
1  Grant Fox126
2  Michael Lynagh82
3  Gavin Hastings62
4  Didier Camberabero53
5  Jonathan Webb43
6  Guy Laporte42
7  Paul Thorburn37
8  Michael Kiernan36
9  Severo Koroduadua35
10  Hugo Porta33
Meeste gedrukte drieë:[8]
NaamDrieë
1  Craig Green6
  John Kirwan
3  Mike Harrison5
  Matthew Burke
  John Gallagher
  David Kirk
  Alan Whetton
8  John Jeffrey4
  Matt Duncan
  Hugo MacNeill
  Alan Tait
  Didier Camberabero
  Ieuan Evans
  Patrice Lagisquet
  Laurent Rodriguez
  David Campese
  Denis Charvet

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual points in a tournament". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 25 Oktober 2019.
  2. (en) "Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual tries in a tournament". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2019. Besoek op 25 Oktober 2019.
  3. (en) Alexander Fedorets (31 Julie 2007). "Russians target 2011 World Cup". The M&G Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Oktober 2019.
  4. (en) "1987: Kiwis see off France in final". BBC. 24 September 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 25 Oktober 2019.
  5. (en) "1987: France 30-24 Australia". BBC. 24 September 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 25 Oktober 2019.
  6. (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Besoek op 25 Oktober 2019.
  7. (en) "Points scored". rugbyworldcup.com. Besoek op 4 Maart 2021.
  8. (en) "Tries scored". rugbyworldcup.com. Besoek op 4 Maart 2021.

Verdere leesstof

  • (en) Davies, Gerald (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Farr-Jones, Nick (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Harding, Grant; Williams, David (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.
  • (en) Peatey, Lance (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels


Rugbywêreldbeker 

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031


Rugbywêreldbeker 1987

Die Rugbywêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Rugby World Cup) het vanaf 22 Mei tot en met 20 Junie 1987 in beide Australië en Nieu-Seeland plaasgevind. Dit was die eerste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) aangebied word.