Rubber

Rubber is 'n elastiese, waterdigte materiaal wat kan rek en krimp. Talle voorwerpe word van rubber gemaak, soos balle, uitveërs, handskoene, bande en proppe. Dit is 'n polimeer wat van natuurlike bronne bekom, of op industriële skaal gesintetiseer word.

Lateks word vir die vervaardiging van rubber geoes.
'n Plantasie van rubberbome in Thailand.

Natuurlike rubber (lateksrubber) word van bome wat veral van Suid-Amerika afkomstig is gemaak. Dit word as ’n sap (genaamd lateks) uit boomstamme getap. Ongeveer 33% van hierdie sap bestaan uit rubber. Die lateks word gefiltreer en met water verdun. Dit word dan met suur behandel om die rubberdeeltjes te laat stol. Daarna word dit platgerol en gedroog.

Sintetiese rubber word deur 'n chemiese proses vervaardig. Die proses staan as polimerisasie bekend en word ook vir die vervaardiging van plastiek gebruik. Voorbeelde van sintetiese rubber is chloropreen-rubber, 1,3-butadieen-rubber en butyl-rubber.

Swawel word soms gebruik om rubber sterker te maak en te keer dat dit nie maklik smelt nie. Dit staan as vulkanisasie bekend.

Geskiedeniswysig

Rubber word al etlike jare in die natuurlike verspreidingsgebied van plante wat rubber lewer versamel en gebruik. Dit is hoofsaaklik van die Brasiliaanse rubberboom (Hevea brasiliensis) geoes, terwyl die Meso-Amerikaanse beskawings hul rubber van die Castilla elastica gekry het. Hulle het onder andere rubberballe vir 'n balspel gemaak. Pre-Colombiaanse rubberballe is ook gevind. Hierdie vondse dateer terug tot 1600 v.C.

Volgens Bernal Díaz del Castillo was die Spaanse veroweraars so verbaas oor die bonsende rubberballe dat hulle gedink het dat dit heksery was. Die Mayas het 'n tydelike rubberskoen gemaak deur hulle voete in 'n lateksmengsel te doop. Rubber is daarnaas ook vir die konstruksie van goedere gebruik, soos om klip- en metaalwerktuie aan houthandvatsels te bind. In Brasilië is rubber gebruik om klere waterdig te maak. Die eerste Europeërs wat uit Brasilië met hierdie klere na Portugal teruggekeer het is blykbaar van towery aangekla en verhoor.

In 1770 ontdek die chemikus Joseph Priestley per ongeluk dat rubber potloodstrepe kan uitvee. Rubber is sedertdien as uitveërs verkoop. Die eerste rubberbande is in 1791 gemaak.

In 1820 begin Thomas Hancock produkte van rubber in Engeland te vervaardig. In 1828 brei hy na Frankryk uit, en in 1832 na die Verenigde State. In 1839 is die vulkanisering van rubber deur Charles Goodyear en/of Hancock uitgevind. Hierna neem die vraag na rubber sterk toe, wat in die Kongo-Vrystaat tot 'n skrikbewind sou lei. In 1910 slaag die Russiese chemikus Sergei Vasiljevich Lebedev daarin om sintese rubber te maak. Sy boek, Research in polymerisation of by-ethylene hydrocarbons (1913), is vir lank as 'n gesaghebbende bron vir die studie van sintetiese rubber beskou.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media