Royal Society

The Royal Society of London for Improving Natural Knowledge is algemeen bekend as die Royal Society. Dit is die oudste wetenskapakademie ter wêreld wat op 28 November 1660 deur, onder andere, Christopher Wren, Robert Boyle en John Wilkins gestig is.[1] In 1665 is die wetenskaptydskrif Philosophical Transactions in die lewe geroep en in 1731 is die Copley Medal vir die eerste keer toegeken.

Voorblad van die eerste uitgawe van die eerste publikasie van die Royal Society

Die Royal Society het ongeveer 1450 lede (Fellows genoem) en 140 buitelandse lede. Nuwe lede word deur die huidige lede vanuit die Britse Statebond en Ierland gekies. Elke jaar word ook tien buitelandse lede gekies. Lede mag die postnominale letters "FRS" (Fellow of the Royal Society) gebruik. Ongeveer 80 lede van die Royal Society het reeds die Nobelprys gewen.[2]

Beroemde lede van die Royal Society sluit Albert Einstein, Isaac Newton en Stephen Hawking in.

Lede met Suid-Afrikaanse verbindings sluit sir John Herschel (1792-1871) en sy seuns Alexander Stewart Herschel (1836-1907) en John Herschel (1837-1921) in. Tussen 1833 en 1838 woon sir John Herschel in die Kaapkolonie waar hy die sterre van die suidelike Halfrond en die flora van die Kaapstadgebied gekatalogiseer het. Sy seuns is tydens sy verblyf in Kaapstad gebore.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. "History" (in Engels). Londen: The Royal Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 28 April 2014.
  2. "Fellowship" (in Engels). Londen: The Royal Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2015. Besoek op 28 April 2014.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media