Rosales

Die Roosagtiges (orde Rosales) is die botaniese naam vir 'n orde van blomdraende plante. Dit orde omvat nege families. Hierdie plante word as gevolg van hul soortgelyke genetika saam gegroepeer. Die ware rose is Rosaceae.

Rosales
Twee roos-spesies: Rosa Cinnamomea L. en R. Rubiginosa L.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Rosales

Bercht. & J.Presl[1]
Families

Barbeyaceae
Cannabaceae
Dirachmaceae
Elaeagnaceae
Moraceae (vy- en moerbei-familie)
Rhamnaceae (blinkblaar-familie)
Rosaceae (roos-familie)
Ulmaceae
Urticaceae

Sinonieme

Rhamnales
Rosanae
Urticales[2]

Santa Rosa – pruimbloeisels

Die bekendste plant in hierdie orde is waarskynlik die roos. Die familie bevat ook talle vrugte soos aarbeie, frambose, appels en pere, pruime, perskes en appelkose. Hops is ook deel van die orde.

Die Roosagtiges (orde Rosales) bestaan uit ongeveer 3 200 spesies, wat vandag meestal as een familie beskou word, hoewel sommige deskundiges hulle nog in drie families onderverdeel. Vroeër is daar heelwat meer families onder die Rosales geplaas, onder meer die peulplante (familie Leguminosae), maar volgens die huidige tendens word die ander families nie meer as roosagtiges beskou nie, maar onder afsonderlike ordes geplaas. Die meeste en bekendste roosagtiges groei in die Noordelike Halfrond, en in Suid-Afrika is 12 genera en 40 spesies inheems. Bekende sierplante soos rose en vrugte soos perskes, appels en aarbeie behoort tot die orde. Die meeste roosagtiges word in die gematigde dele van die Noordelike Halfrond aangetref.

Kenmerkewysig

Bome, struike en kruidagtige plante word in die orde aangetref en die blare, wat enkelvoudig of saamgestel kan wees, is meestal afwisselend gerangskik. Steunblare is 'n voortreflike kenmerk van die orde (en familie). Die blomme is tweeslagtig en reëlmatig (aktinomorf) en word alleen of in trosvormige bloeiwyses gedra.

Die kelk- en kroonblaarkranse is vyfledig (pentameer) en daar is altyd 'n groot aantal meeldrade aanwesig. Die aantal stampers wissel van een tot baie, en in die vrugbeginsel word heelwat variasie aangetref. Die blombodem is komvormig en die meeldrade en kroonblare is met die rand daarvan vergroei om ’n hipantium om die vrugbeginsel(s) te vorm. 'n Groot verskeidenheid van vrugtipes word aangetref.

Verteenwoordigerswysig

Benewens die baie bekende rose (genus Rosa) wat as sierplante aangeplant word, behoort 'n verskeidenheid van belangrike vrugte wat in gematigde dele aangeplant word, tot die roosfamilie. Sulke vrugte is onder meer appels (Matus sylvestris), pere (Pyrus communis), perskes (Prunus persica), pruime (Prunus domestica), appelkose (Prunus armeniaca), brame (Rubus fruticosus) en aarbeie (Fragaria ananassa). 'n Paar roosagtiges het ook medisinale waarde.

Die genus Rubus alleen bestaan uit 400 tot 500 spesies, hoewel sommige deskundiges die genus in tot 2 000 spesies onderverdeel. In Suid-Afrika word verskeie inheemse Rubus-spesies in hoogliggende dele aangetref, waar hulle dikwels saam met uitheemse spesies ondeurdringbare massas kan vorm. In bosbougebiede is brame dikwels ’n lastige onkruid. Die voorouers van die tuinrose (genus Rosa) het soos die ander roosagtiges 5 kroonblare, maar deur verskeie veredelingsprosesse is die huidige vorme met talle kroonblare geteel.

Bekende Suider-Afrikaanse verteenwoordigers van die roosfamilie is die ouhout (Leucosidea sericea), die rysbosse (Cliffortia-spesies) en die rooistinkhout (Prunus africana). Al hierdie plante verkies hoogliggende dele, hoewel die rooistinkhout tot by seevlak aangetref word.

Die ouhout word in die berge en ander hoogliggende dele van die oostelike deel van Suider-Afrika, meestal in klowe en langs stroompies, aangetref. Waar veld in sulke dele oorbewei word, kan dit 'n lastige indringerplant word. Die rooistinkhout het feitlik dieselfde verspreiding as die ouhout, maar groei slegs in inheemse woude (meestal bergwoude, maar ook in kuswoude in KwaZulu-Natal.

Verwysingswysig

  1. Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III". Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 6 Julie 2013.
  2. UniProt. "Order Rosales" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2014. Besoek op 24 April 2008.

Bronnelyswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media