Rooibekkwelea

Die Rooibekkwelea, een van die wêreld se mees talryke voëlspesies met 'n geskatte volwasse broeipopulasie van 1,5 miljard,[1] is 'n nomadiese voël wat in groot swerms in Afrika suid van die Sahara en Suider-Afrika voorkom. Dié voël word ook soms die "treksprinkaan" van die voëlwêreld genoem, vanweë hul geneigdheid om in kwetterende swerms van miljoene voëls te beweeg. Hierdie swerms kan langer as vyf ure aanhou terwyl hulle in gesinkroniseerde golfbewegings verbyvlieg.

Rooibekkwelea
'n Mannetjie-rooibekkwelea vertoon sy broeiveredrag in Mala-Mala, Suid-Afrika.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Rooibekkweleas in 'n boom.

'n Swerm rooibekkwelea wat op 'n kleingraanoes neerdaal, kan tot vier ton graan per dag verorber. Die vretende voëls mors ook baie van die graan wanneer dit halfgevreet op die grond val.

'n Swerm rooibekkwelea kan uit duisende voëls bestaan.

Broei en eetgewoonteswysig

Rooibekkwelea kan drie keer per seisoen broei, van Oktober tot April. Die voëls maak nes in groot kolonies van sowat 300 000 voëls. Die broeisiklus is gekoördineer en ’n groot hoeveelheid voëls sal gelyk opdaag en dadelik nesbou. Wyfies lê ’n gemiddeld van drie ligblou eiers op ’n keer, wat na 12 dae uitbroei. Die kuikens word vir die eerste 20 dae met insekte gevoer, waarna hulle onafhanklik aan grassade en graan begin voed. So ’n broeisiklus kan binne 35 dae voltooi word en die kolonie word gewoonlik binne ses weke verlaat.

Tydens die broeiseisoen, sal die kwelea gewoonlik nie verder as 'n kilometer van hul broeiplek af na kos soek nie. Buite die broeiseisoen kan hulle sowat 40 km na 'n voedingsbron aflê, om dan weer terug te keer na dieselfde slaapplek. Hulle is egter nomadiese voëltjies en kan ook veel verder na voedingsbronne vlieg.

Sien ookwysig

Bronnewysig

  • Die Burger, Dinsdag 28 Julie 2011

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media