Roof-bottelneus

Die Roof-bottelneus (Mormyrops anguilloides) is 'n skadelose snawelvis wat in die varswatergebiede van die tropiese dele van Afrika voorkom. In Engels staan die vis bekend as Cornish jack.

Roof-bottelneus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Osteoglossomorpha
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. anguilloides
Binomiale naam
Mormyrops anguilloides
Linnaeus, 1758

Voorkomswysig

Die roofbottelneus is grys van bo en 'n ligte silwerwit van onder, dikwels met 'n brons of geel skynsel. Hy het 'n verlengde kop en lyf, met klein skubbe. Die vis se mediaanvinne sit ver na agter en sy rugvin is korter as sy anaalvin. Sy stertvin is klein en gevurk, met geronde lobbe. Die roof-bottelneus se verlengde kop is glad en plat van voor; sy bek is by sy snoetpunt geleë en bevat 'n enkele ry puntige tandjies. Die snoet is byna so wyd as die kop. Die vis het klein en sy kieusplete is skuins geleë en beperk tot sy sye. 'n Volwasse roof-bottelneus kan 'n totale lengte van 1,2 m bereik, met 'n massa van 15 kg.

Habitatwysig

Die roof-bottelneus geniet 'n wye verspreiding buite Suider-Afrika, deur die Kongorivier-stelsel en Wes-Afrika, die Nylrivier, asook die Malawi-, Tanganjika- en Mobutomeer. In Suider-Afrika is die vis beperk tot die middel- en benede-lope van die Zambezirivier en die Buzi- en Pungwe-riviere. Jong visse kan in oewerhabitats aangetref word, maar volwassenes verkies diep, stil habitats tussen rotse en onder oorhangwalle, weg van die sterk stromings. Dit kom ook onder drywende matte Salvinia ('n drywende watervaring) voor en waar riviere in die Karibadam uitmond.

Die jonger roof-bottelneus se dieet bestaan hoofsaaklik uit klein ongewerweldes, veral krewels en inseklarwes. Groter visse van ongeveer 170 mm lank sal ook kurpertjies, ghieliemientjies en moddervissies eet.

Roof-bottelneuse teel tydens die reëntyd in die somer aan. 'n Volwasse wyfie dra 25,000 of meer eiers. 'n Roof-bottelneus het 'n moontlike lewensduur van agt jaar of meer.

Dit is 'n gewilde hengelvis en word ook deur spiesvissers gejag.

Sien ookwysig

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media