Roelof Temmingh

Roelof Temmingh (1946 - 2012) was 'n Suid-Afrikaanse komponis en orrelis.[1] Hy is as een van die leidende komponiste in Suid-Afrika beskou en sy musiek is wyd oor Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika opgevoer.[2]

Roelof Temmingh
GeboortenaamRoelof Willem Temmingh
Gebore28 September 1946
Amsterdam, Nederland
Sterf6 Mei 2012
Beroep(e)Komponis, akademikus
InstrumenteOrrel

Biografiewysig

Roelof Willem Temmingh is op 28 September 1946 in Amsterdam in Nederland gebore. Sy pa en beide sy twee broers het ook musiekloopbane gevolg. Hy het in 1958 (op 12-jarige ouderdom) met sy familie na Suid-Afrika geëmigreer.

Tussen 1965 en 1970 ontvang hy die grade BMus, BA en MMus aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna vertrek hy na Duitsland om komposisie daar te studeer. Hy word in 1973 as 'n lektor by die Universiteit Stellenbosch aangestel en behaal in 1976 sy PhD in musiekwetenskap van die Utrecht-universiteit in Nederland.

Hy trek in 1972 aandag nadat hy die Samro-kompetisie vir jong komponiste wen. Hy het spoedig as een van die vooraanstaande komponiste van sy generasie bekend geraak en is drie keer met die Helgaard Steyn-prys gekroon (vir Drie sonnette in 1988, Wenn wir in höchsten Nöten sein in 2001 en Kantorium in 2006). In 1988 het hy die Total-prys vir Autumn gewen, en in 2000 is die Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning aan hom toegeken.

Hy het in 2004, ná 31 jaar se diens aan die Universiteit van Stellenbosch afgetree en is op 6 Mei 2012 oorlede.[3]

Werkewysig

Operas:

  • Enoch, Prophet of God (1994)
  • Sacred Bones (1997)
  • Buchuland (1998)

Orkes:

  • Scherzo vir klavier en orkes (1968)
  • Movement vir klavier en orkes (1969)
  • Lobola (1972)
  • Prelude en Fuga vir strykers (1973)
  • Simfonie nr. 1 (1974)
  • Simfonie nr. 2 ‘A-Mol’ (1975)
  • Simfonie nr. 3 ‘Die Winterbruid’ (1978)
  • Hobokonsert nr. 1 vir hobo en strykers (1978)
  • Orrelkonsert nr. 1 (1983)
  • Hobokonsert nr. 2 (1985)
  • Dreams vir strykers (1985)
  • Radar II vir orkes en kasset (1985)
  • 3 Sonette vir strykers (1988)
  • Natal Festival Overture (1988)
  • Autumn vir kamerorkes en kasset (1988)
  • Fluitkonsert (1989)
  • Tjellokonsert (1992)
  • Orrelkonsert nr. 2 (1993)
  • Klavierkonsert (1995)

Vokaal:

  • After the Rain (Breyten Breytenbach) vir sopraan, horing, tromboon, slagwerk, klavier en kasset (1981)
  • Foreplay and Song (Temmingh) vir sopraan, klarinet, horing, tjello en klavier (1983)
  • Lokkiester (Boerneef) vir SATB en klavier (1986)
  • Joernaal van Jorik (D.J. Opperman) vir vokale ensemble en kasset (1989)
  • Himne (Temmingh) vir SATB en klavier (1989)
  • The Secret Muse (R. Campbell) vir sopraan en klavier (1993)
  • Sanctus (Temmingh) vir TTBB (1994)
  • In Lumine Tuo (Temmingh) vir SATB (1995)
  • Rainbow Speech (Temmingh) vir SATB (1996)
  • Krugeriana (Temmingh) vir SATB, 2 klaviere en slagwerk (1996)

Kamermusiek:

  • Music for 2 pianos (1980)
  • Radar I vir ensemble en kasset (1982)
  • Sonate vir hobo en klavier (1982)
  • Pro Forma vir ensemble en kasset (1986)
  • Last Pieces I vir ensemble (1986)
  • Kwartet vir fluit, hobo, klarinet en fagot (1990)
  • DISCH vir ensemble en kasset (1992)
  • Sonate vir viool en klavier (1993)
  • Septet vir fluit, klarinet, fagot, viool, altviool, tjello en klavier (1993)

Solo instrument:

  • Monofonie vir orrel (1972)
  • Fantasie op ‘n Tema van Mozart vir klavier (1973, hersien in 1981)
  • Ps xlii, 2 koraalpreludes vir orrel (1975)
  • Hoor hoe die Regter van die regters veroordeel word, orrelfantasie (1978)
  • Chant d’Eloge vir orrel (1979)
  • Ses oorblyfsels vir klavier (1980)
  • Last Pieces II vir fluit (1986)
  • Fixed vir klawesimbel (1988)

Vir kasset:

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
  2. Roelof Temmingh (1946-2012): Skep oor 40 jaar ’n oeuvre van blywende belang[dooie skakel], Beeld, 14 Mei 2012
  3. TEMMINGH, Roelof op sacomposers.co.za Geargiveer 3 Oktober 2014 op Wayback Machine, besoek op 28 September 2014
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media