Rjoerik

Rjoerik, Rurik of Hroerekr (Oudnoors: Rørik; Russies: Рюрик) was 'n Warangiër (Wiking) wat in 862 oor Ladoga (tans Staraja Ladoga) begin heers het. Daarna het hy die Holmgard-vesting naby Nowgorod gebou en die Rjoerik-dinastie gestig wat tot in die 16de eeu oor Kiëf-Roes en daarna Rusland regeer het. Die naam Rjoerik beteken "beroemde heerser". Sy presiese geboorte- en sterfdatum is nie bekend nie, maar die jaartalle 830 en 879 word dikwels genoem.

Rjoerik
Grootprins van Nowgorod

Periode864 - 879
VoorgangerGeen
OpvolgerOleg
HuisRjoerik
MoederOemila
Geborec. 830
Oorledec. 879
Die Warangiërs in Rusland.

Geskiedeniswysig

Dit is nie heeltemal seker hoe Rjoerik aan die bewind gekom het nie. Die enigste inligting kom uit die 12de-eeuse Russiese Primêre Kronieke, waarin beweer word dat die strydende stamme in die gebied hom genooi het om oor hulle te heers en die orde te herstel. Sommige historici meen egter dat hy die gebied binnegeval het.

Rjoerik het tot met sy dood aan die bewind gebly. Sy opvolger, Oleg, het die hoofstad in omstreeks 880 na Kiëf geskuif en dus die fondament gelê vir wat later as Kiëf-Roes bekendgestaan het. Dit het bly bestaan tot 1240, toe dit tydens die Mongoolse inval verslaan is.

Herkomswysig

Sommige historici beskou Rjoerik as ’n legende uit die Russiese volkskunde. Tog word dikwels gegis oor sy herkoms. Volgens die Kronieke het Rjoerik behoort tot die volk Roes, ’n Warangiër-stam. In die 20ste eeu is gevind dat Ladoga, wat deur Rjoerik gestig sou gewees het, inderdaad in die middel van die 9de eeu ontstaan het. Erdewerk, kombuisgereedskap en huise uit Rjoerik se tyd toon tipiese Skandinawiese patrone.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media