Riebeek-Kasteel

Riebeek-Kasteel is 'n skilderagtige dorpie aan die voet van die 946 m hoë vrystaande Kasteelberg in die distrik Swartland, Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Riebeek-Kasteel
NG Kerk Riebeek-Kasteel (1863)
NG Kerk Riebeek-Kasteel (1863)
Riebeek-Kasteel is in Wes-Kaap
Riebeek-Kasteel
Riebeek-Kasteel
 Riebeek-Kasteel se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°23′7″S 18°53′55″O / 33.38528°S 18.89861°O / -33.38528; 18.89861Koördinate: 33°23′7″S 18°53′55″O / 33.38528°S 18.89861°O / -33.38528; 18.89861
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitSwartland
Oppervlak
 • Totaal6,9 km2 (2,7 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal4 761
 • Digtheid690/km2 (1 800/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense15.2%
 • Indiërs/Asiërs0.8%
 • Bruin mense70.9%
 • Swart mense12.4%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans 83.6%
 • Xhosa 6.8%
 • Engels 6.5%
 • Other 3.1%
Poskode (strate)
7307
Skakelkode022
Jan van Riebeeck uit die skildery De Stichter deur E.C. Godée Molsbergen.
Enkele jare oue geboue op Riebeek-Kasteel wat in 'n outydse styl opgerig is.
Die NG kerk Riebeek-Kasteel.
Uitsig oor die vallei en Kasteelberg by Riebeek-Kasteel vanaf die Royal Hotel.

Die eerste Europeërs wat die vallei besoek het, was 'n geselskap onder leiding van korp. Cruythoff, uitgestuur deur Jan van Riebeeck, na wie die berg, dorpie en aanliggende Riebeek-Wes genoem is.

Wapenwysig

Riebeeck-Kasteel is in 1975 tot munisipaliteit geproklameer. Die munisipale raad het in 1978 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer. Dit is op Jan van Riebeeck se familiewapen gebaseer : In rooi, drie goue ringe en 'n gekanteelde skildhoof, alles van goud. Die helmteken was 'n rooi muurkroon, en die wapenspreuk "Vires in arduis".[2]

NG gemeentewysig

Vir hoofartikel sien NG gemeente Riebeek-Kasteel

Die kerkraad van die moedergemeente Swartland (op Malmesbury) het in 1854 besluit om vir die lidmate wat agter die Riebeek-Kasteelberg (soos dit onder meer destyds genoem is) 'n hulpkerk op te rig. Ds. J.C. Moorrees, wat 48 jaar lank leraar van Swartland was en na wie Moorreesburg genoem is, het die hulpkerk op 15 Mei 1856 ingewy, een maal per maand daar buitekerk gehou en een maal elke drie maande die sakramente bedien. In 1862 rig die plaaslike NG lidmate 'n versoekskrif aan die kerkraad waarin hulle vra dat Riebeek-Kasteel afgestig moet word. Die kerkraad het die versoek die volgende haar toegestaan. By gebrek aan fondse en omdat die lidmate maar min was, het ds. Moorrees, as konsulent, die gemeente nog tot 1880 bedien.

Ds. J.S. Human, voorheen van Namakwaland, is op 8 April 1881 op Riebeek-Kasteel as eerste leraar bevestig. Hy dien tot 1908. Sy opvolger, ds. Pieter de Waal, dien van 1909 tot 1920, en dit was in sy dienstyd dat die huidige kerkgebou, wat bo die dorpie uittroon, teen 'n totale koste van £6 000 ingewy is. Die lidmaattal het teen omstreeks 1950 op sowat 450 gestaan en teen 2010 op sowat 500.

Toerismewysig

Riebeek-Kasteel huisves jaarliks die Olyffees wat honderde besoekers van oral oor lok. Die Royal Hotel is smaakvol opgeknap en langs die geskiedkundige kerkgebou geleë. Die vallei beskik oor talle wynplase, onder meer Allesverloren, olyfboerderye, gastehuise en restaurante. Dit is 'n gewilde naweek-toevlugsoord vir stedelinge en ook 'n slaapdorp vir pendelaars wat elders werk.

Sien ookwysig

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media