Richard Stuttaford

Richard Stuttaford (Kaapstad, 13 Junie 1870 - Stellenbosch, 19 Oktober 1945) was 'n Suid-Afrikaanse handelaar, kabinetsminister en die seun van Samson Rickard Stuttaford, 'n grondlegger van die afdelingswinkel Stuttafords.

Richard Stuttaford
Richard Stuttaford

Minister van Handel en Nywerheid
Ampstermyn
1939 – 1941
Eerste ministerJan Christian Smuts
Voorafgegaan deurOswald Pirow
Opgevolg deurSidney Frank Waterson

Minister van Binnelandse Sake en Gesondheid
Ampstermyn
1936 – 1939
Eerste ministerBarry Hertzog
Voorafgegaan deurJannie Hofmeyr
Opgevolg deurHarry Gordon Lawrence

Persoonlike besonderhede
Gebore13 Junie 1870
Kaapstad, Kaapkolonie
Sterf19 Oktober 1945 (op 75)
Stellenbosch, Unie van Suid-Afrika
Politieke partyVerenigde Party

Stuttaford ontvang sy opleiding in Engeland en Frankryk en sluit hom in 1892 aan by die handelsfirma, Thorne, Stuttaford & Co, wat sy pa help oprig het saam met sir William Thorne. Hy word die hoof van die maatskappy in 1917. Buiten as lid van die Kaapse stadsraad, van die Kaapstadse Kamer van Koophandel, waarvan hy voorsitter was van 1918 tot 1920, en voorsitter van die Vereniging van Kamers van Koophandel van Suid-Afrika (1921 tot 1923), het hy aanvanklik nie in die openbare lewe belang gestel nie, maar in 1924, toe hy 54 jaar oud was, word hy tot die Unie-Volksraad verkies as die lid vir Nuweland teen die Konstitusionele Demokraat, C.A. Lagesen met 'n meerderheid van 702 stemme. In 1929 is hy onbestrede verkies vir dieselfde kiesafdeling en in 1933 weer onbestrede, dié keer as S.A.P.-Koalisie-kandidaat vir Claremont, nadat Nuweland tydens 'n herafbakening afgeskaf is. In 1938 wen hy as kandidaat van die Verenigde Party ook in Claremont met 'n meerderheid van 2 052 teen E.M.O. Clough van die Dominiumparty, wat toevallig dieselfde getal stemme op hom verenig het as Stuttaford se meerderheid.

In die Unie-Volksraad was sy kennis van die handel van groot waarde en genl. Jan Smuts nooi hom om deel te neem aan die onderhandelings met Britse kommersiële owerhede in Ottawa. Hy was minister sonder portefeulje van 1933 tot 1936. Van 1936 tot 1939 was hy minister van volkswelsyn en van 1939 tot 1942 van handel en nywerhede in genl. Smuts se oorlogskabinet.

Op 'n heel ander gebied het hy ook naam gemaak as die eerste grondlegger van 'n tuindorp in Suid-Afrika toe hy in omstreeks 1920 verantwoordelik is vir die stigting van Pinelands naby Kaapstad danksy 'n baie ruim skenking. Hy is in 1945 op Stellenbosch oorlede.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media