Reitzburg

Reitzburg is ’n nedersetting in die Noord-Vrystaat en die kleinste dorpie in die Vrystaat.[1] Dit bestaan uit ’n skool, algemene handelaar, polisiekantoor, poskantoor en ’n paar huise.

Reitzburg
Dorp
Reitzburg is in Vrystaat
Reitzburg
Reitzburg
Koördinate: 27°1′0″S 27°23′0″O / 27.01667°S 27.38333°O / -27.01667; 27.38333Koördinate: 27°1′0″S 27°23′0″O / 27.01667°S 27.38333°O / -27.01667; 27.38333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistriksmunisipaliteitFezile Dabi
Plaaslike MunisipaliteitNgwathe
TydsoneUTC+2 (SAST)
Skakelkodes056

Geskiedeniswysig

Die geskiedenis van Reitzburg is beïnvloed deur die ontdekking van goud in 1886 in die Reitzburg- en Vredefortomgewing. Die eerste openbare delwerslisensie is op 14 Oktober 1887 toegeken aan D. H. Marx, eienaar van die plaas Lindequesfontein. Op 1 Desember 1887 is die delwery amptelik geopen en is die eerste kleims verkoop teen tien sjielings elk. Mnr. H. A. Robinson is aangestel as myninspekteur.

Probleme het ontstaan aangesien die meeste delwers buitelanders was en die grondeienaars so gou as moontlik ’n groot wins wou maak. Die uiteinde was dat baie van die delwers na die swakker goudriwwe, wat aan die Transvaalse kant oopgestel is, verhuis het.

Ten spyte van al die kwelpunte het die goudkoors gestyg. ’n Spesiale posroete is vanaf Vredefort oor die goudvelde na Potchefstroom ingestel. Ander Vredefortse boere het ook aansoek gedoen vir publieke delwerylisensies. Naby Schoemansdrift is opmetings gedoen vir ’n voorgenome delwersdorp wat die naam van Bothasburg sou dra aangesien verskeie ander riwwe ontdek was.

Dit het egter vinning duidelik geword dat die mynbou-ontwikkeling aansienlike kapitaal sou benodig wat buite die normale delwer se bereik was aangesien die rif nie aaneenlopend was nie maar kol-kol voorgekom het. Gou is tot die stigting van maatskappye oorgegaan waarvan die belangrikste Molteno Kie, Philippolis Kie, Neebe en Rörich, Devon Kie en Vredefort Kie was. Terselfdertyd het die Lindequesfonteinse gebied die naam Reitzburg gekry ter ere van President F. W. Reitz. D. H. Marx is as vrederegter aangestel. Daarna het die gewone delwer uitgewyk as gevolg van die hoë kostes en selfs van die maatskappye het ’n moeilike bestaan gevoer. Teen die begin van die Tweede Vryheidsoorlog het die mynboubedrywighede feitlik tot stilstand gekom in die Vredefortdistrik.

Teen die 1930’s was daar weer belangstelling in die goudvelde en het die Great-Western-myn tot produksie oorgegaan maar dit is ook later weer gesluit.[2]

Verwysingswysig

  1. Smith, Charles (20 Junie 2012). "God 'druk Sy vinger by sneller in'" (html). Boerenuus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 5 Februarie 2015.
  2. Myburgh, Ria. "Stoepstories Hoofstuk 9 - Eerste Vrystaatse goud". Parys Ontwikkelingsforum. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 1 Julie 2014. Besoek op 29 November 2012.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media