Randhere

Randhere (Engels: Randlords) is 'n historiese term wat oorspronklik deur Britse dagblaaie gebruik is om - met 'n bewuste ironiese doelstelling - na 'n klein groepie Europese finansiers en avonturiers te verwys wat die Suid-Afrikaanse diamante- en goudmynbedryf in sy baanbrekersfase vanaf die 1870's tot die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 beheer het.

Hulle was oorwegend entrepreneurs van dieselfde generasie wat 'n sleutelrol in die ontwikkeling van die diamantbedryf in Kimberley, Noord-Kaap gespeel het. Hulle het die nodige infrastruktuur opgebou en die hele mynbedryf gekonsolideer - 'n strategie wat hulle ook op die mynbousektor in die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, dikwels ook Transvaal genoem) toegepas het nadat goud in 1886 aan die Witwatersrand (die "Rand") ontdek is. Goud het nie net die ZAR-regering van president Paul Kruger se skatkis gevul nie, maar ook ongekende rykdom aan die persone besorg wat aan die hoof van die bedryf gestaan het.

Die finansiers en magnate is deur merkwaardige administratiewe en finansiële vernuf gekenmerk. Beheer oor die bedryf is deur middel van die sogenaamde groepstelsel uitgeoefen waar 'n klein groep van vyf of ses beleggers of finanshuise genoeg aandele besit het om 'n hele reeks mynboumaatskappye te oorheers. Hul sakevermoë is dikwels aangevul deur tegniese vaardighede. Hulle het ervaring in Kimberley en Johannesburg se myne opgedoen en die nuutste wetenskaplike kennis en tegnologie toegepas in die moeilike bedryf.

Party van hierdie magnate was so welgesteld en invloedryk dat Londense koerante na 'n twintig- of dertigtal van hulle as Randlords verwys het. Die meeste Randhere het hulle in herehuise in Parktown, 'n noordelike voorstad van Johannesburg, gevestig. Baie Randlords het ter erkenning van hul dienste en prestasies baronetskappe van koningin Victoria ontvang.

Noemenswaardige Randherewysig

J.B. Robinson.

Sien ookwysig

Bronnewysig

  • Maryna Fraser, ‘Randlords (act. 1880s–1914)’, Oxford Dictionary of National Biography, aanlyn weergawe, Oxford University Press, Oktober 2006 oxforddnb.com

Verdere leesstofwysig

  • Michael Stevenson – Art & Aspirations, the Randlords of South Africa and their Collections
  • Geoffrey Wheatcroft – The Randlords: The Men Who Made South Africa (Weidenfeld, 1985) ISBN 0-297-78437-4

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media