Radio-aktiewe verval

Radioaktiewe verval is die proses waarmee 'n onstabiele atoomkern sy energie verloor deur straling in die vorm van partikels of elektromagnetiese golwe. Hierdie verval of energieverlies veroorsaak dat 'n atoom van een soort, die moedernuklied, omgeskakel word na 'n atoom van 'n ander soort, die dogternuklied. 'n Koolstof-14 atoom gee byvoorbeeld straling af om 'n stikstof-14 atoom te vorm. Op atoomvlak is hierdie 'n lukrake proses in die opsig dat dit onmoontlik is om te voorspel wanneer 'n spesifieke atoom sal verval, maar gegewe 'n groot aantal soortgelyke atome, is die gemiddelde vervaltempo wel voorspelbaar.

Vorme van radioaktiewe verval.

Die SI-eenheid van radioaktiewe verval is die becquerel (Bq). Een Bq word gedefinieer as een transformasie per sekonde. Aangesien 'n monster met 'n redelike hoeveelheid radioaktiewe materiaal baie atome bevat, is 'n Bq 'n baie klein mate van aktiwiteit en word veelvoude soos TBq (terabecquerel) of GBq (gigabecquerel) dikwels gebruik. 'n Ander eenheid van radioaktiwiteit is die curie, Ci, wat oorspronklik gedefinieer is as die aktiwiteit van een gram suiwer radium, isotoop Ra-226. Tans is dit gelykstaande aan die aktiwiteit van enige radionuklied wat teen 'n tempo van 3.7 × 1010 Bq verval. Die gebruik van die Ci word tans deur die SI ontmoedig.

Verduidelikingwysig

Die neutrone en protone waaruit die kern bestaan asook ander partikels wat hulle mag nader, word deur verskeie interaksies beïnvloed. Die sterk kernkragte, wat nie op 'n makroskopiese skaal waargeneem kan word nie, is die kragtigste oor subatomiese afstande. Die elektrostatiese kragte is ook beduidend, terwyl die swak kernkragte verantwoordelik is vir betaverval.

Die wisselwerkinge van hierdie kragte is eenvoudig. Sommige samestellings van die partikels in 'n kern het die eienskap dat as hulle net so effens sou skuif, hulle 'n laer energie toestand aanneem (met die gevolg dat die ekstra energie elders heen gaan). 'n Mens kan dit vergelyk met 'n sneeubedekte veld op 'n berg: alhoewel wrywing tussen die sneeukristalle die sneeu se gewig kan ondersteun is die stelsel in wese onstabiel ten opsigte van 'n laer potensiële energietoestand en 'n versteuring kan die pad na 'n toestand van groter entropie in die hand werk. 'n Sneeustorting kan dus maklik voorkom. Die totale energie verander nie tydens die proses nie, maar omdat entropie altyd groter word sal 'n sneeustorting slegs in een rigting plaasvind. Die einde van hierdie "rigting" word in kernfisika na verwys as die "grondtoestand".

So 'n ineenstorting ('n vervalgebeurtenis) vereis 'n spesifieke aktiveringsenergie. In die geval van 'n sneeustorting word die energie tipies verskaf deur 'n versteuring buite die stelsel, al kan sulke versteurings soms buitengewoon klein wees. In die geval van 'n opgewekte atoomkern, kan die versteuring kom vanaf kwantum vakuumfluktuasies. 'n Kern (of enige opgewekte stelsel in kwantummeganika) is onstabiel en kan dus spontaan stabiliseer om 'n minder opgewekte toestand aan te neem. Hierdie proses word aangedryf deur die entropie: die energie verander nie, maar aan die einde van die proses, is die totale energie meer verdun in 'n gegewe volume in die ruimte. Die gevolglike transformasie verander die struktuur van die kern. So 'n reaksie is dus 'n kernreaksie, in teenstelling met chemiese reaksies wat ook deur entropie aangedryf word, maar slegs veranderinge in die buitenste elektrone van atome behels eerder as in die kern self.

Sommige kernreaksies behels wel die invloed van eksterne energiebronne in die vorm van botsings met partikels van buite die kern. Hierdie reaksies word egter nie as verval beskou nie maar is eerder voorbeelde van 'n geïnduseerde kernreaksie. Kernsplyting en kernversmelting is algemene voorbeelde van geïnduseerde kernreaksies.

Kyk ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media