Quentin Tarantino

Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer

Quentin Jerome Tarantino[1] (geb. 27 Maart 1963) is ’n Amerikaanse rolprentvervaardiger en akteur. Sy prente word gekenmerk deur nielineêre storielyne, satiriese onderwerpe, ’n estetisering van geweld en verwysings na die popkultuur.

Quentin Tarantino
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Tarantino in 2015 op die San Diego Comic-Con International.

GeboortenaamQuentin Jerome Tarantino
Geboorte27 Maart 1963 (1963-03-27) (61 jaar oud)
Knoxville, Tennessee, VSA
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur, regisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer
Aktiewe jare1987–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Vroeë lewewysig

Tarantino is in Knoxville, Tennessee, gebore as die seun van Tony Tarantino, ’n vermaakkunstenaar en akteur, en Connie McHugh. Sy pa was van Italiaanse afkoms en sy ma Engels en Iers.[2] Quentin is genoem na Quint Asper, Burt Reynolds se karakter in die CBS-reeks Gunsmoke.

Sy ouers se huwelik het nie lank geduur nie en Connie Tarantino het verhuis na Knoxville, waar haar ouers gewoon het. In 1966 het sy saam met haar driejarige seun teruggetrek na Los Angeles, waar Tarantino grootgeword het.[3][4]

In 1973 het Tarantino vir sowat ’n jaar by sy oupa en ouma gaan woon, en daarna het hy na Kalifornië teruggekeer. Op 14 het hy een van sy eerste werke, ’n draaiboek met die naam Captain Peachfuzz and the Anchovy Bandit, geskryf. Hierna het hy in toneelstukke soos Two Plus Two Makes Sex en Romeo and Juliet gespeel.[5]

Op 15 of 16 het hy die skool verlaat[6] en werk as ’n plekaanwyser by ’n pornoteater in Torrance gekry nadat hy gesê het hy is ouer as wat hy was. Hy het daarna toneelklasse geloop, waar hy verskeie mense ontmoet het wat later in sy prente sou verskyn. In die 1980's het Tarantino op verskeie plekke gewerk. Hy was onder meer ’n Elvis-nabootser in "Sophia's Wedding: Part 1", ’n episode van die vierde seisoen van The Golden Girls, en het in ’n videowinkel gewerk.[7][8]

Loopbaanwysig

Tarantino in Januarie 2013 in Parys.

Sy loopbaan het in die laat 1980's begin, toe hy My Best Friend's Birthday geskryf en geregisseer het – dit het die basis vir sy sewende prent, True Romance, gevorm. In 1992 het hy sy loopbaan as onafhanklike vervaardiger begin met die uitreiking van Reservoir Dogs. Dit is beskou as ’n klassieke prent en kultustreffer, en is deur die rolprenttydskrif Empire "die grootste onafhanklike rolprent van alle tye" genoem.

Sy gewildheid het gestyg met die uitreiking van sy tweede prent, Pulp Fiction (1994), ’n swartkomedie-misdaadprent wat ’n groot sukses was onder resensente en die publiek. Entertainment Weekly het dit beskryf as die beste rolprent van 1983 tot 2008[9] en baie resensente en geleerdes het dit een van die mees betekenisvolle werke van die moderne rolprentteater genoem.[10]

Kill Bill, ’n hoogs gestileerde "wraakfliek" in die tradisie van die Japannese gevegskuns, spaghetti-westerns en Italiaanse rillers, het ses jaar later gevolg en is as twee prente uitgereik: Kill Bill: Volume 1 in 2003 en Kill Bill: Volume 2 in 2004. In 2009 is sy prent Inglourious Basterds uitgereik, en dit het positiewe resensies gehad. Daarna het Django Unchained in 2012 gevolg en die western The Hateful Eight in 2015.

Tarantino se rolprente was ewe gewild onder resensente en die publiek. Hy het verskeie pryse ontvang, onder meer twee Oscars, twee Golden Globes, twee Baftas en die Palme d'Or, en is vir ’n Emmy en Grammy benoem. Die tydskrif Time het hom in 2005 as een van die 100 invloedrykste mense in die wêreld aangewys.[11] In Desember 2015 het Tarantino ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry vir sy bydrae tot die rolprentwese.[12]

Persoonlike lewewysig

Tarantino het gesê: "Ek sê nie ek sal nie trou en kinders hê voor ek 60 is nie, maar ek het tot dusver ’n keuse gedoen om hierdie pad alleen te stap. Dit is my tyd om flieks te maak."[13] In 2015 is berig dat hy in ’n verhouding met die kostuummaker Courtney Hoffman is.[14]

Hy is ’n groot voorstander van 35 mm-film en op 18 Februarie 2010 is aangekondig dat hy die New Beverly Cinema gekoop het. Hy het gesê: "Solank as wat ek lewe en ryk is, sal die New Beverly daar wees en prente wys wat op 35 mm geskiet is."[15]

Filmografiewysig

Quentin Tarantino by die Inglourious Basterds Premiere, Leicester Square, 23 Julie 2009

Tarantino het verklaar dat hy beplan om 'n totaal van net tien films te maak voordat hy as regisseur uittree, as 'n manier om 'n algehele hoë gehalte binne sy filmografie te verseker. Hy glo "die meeste regisseurs het verskriklike laaste flieks," dat dit skaars is om op 'n "ordentlike fliek te eindig," en dat om op 'n "goeie fliek te eindig, soort van fenomenaal is."[16] Tarantino beskou Kill Bill 1 en 2 as 'n enkele fliek.[17]

Directed features
JaarTitelVerspreiding
1992Reservoir DogsMiramax
1994Pulp Fiction
1997Jackie Brown
2003Kill Bill: Volume 1
2004Kill Bill: Volume 2
2007Death ProofDimension Films
2009Inglourious BasterdsThe Weinstein Company / Universal Pictures
2012Django UnchainedThe Weinstein Company / Sony Pictures Releasing
2015The Hateful EightThe Weinstein Company
2019Once Upon a Time in HollywoodSony Pictures Releasing
TBAThe Movie CriticTBA

Bibliografiewysig

  • Once Upon a Time in Hollywood: A Novel (2021)
  • Cinema Speculation (2022)

Prysewysig

Oscars

JaarWerkKategorie
1994Pulp FictionBeste oorspronklike draaiboek
2012Django UnchainedBeste oorspronklike draaiboek

Baftas

JaarWerkKategorie
1994Pulp FictionBeste oorspronklike draaiboek
2012Django UnchainedBeste oorspronklike draaiboek

Golden Globes

JaarWerkKategorie
1994Pulp FictionBeste draaiboek
2012Django UnchainedBeste draaiboek

Film Independent Spirit Awards

JaarWerkKategorie
1994Pulp FictionBeste regisseur
1994Pulp FictionBeste draaiboek

Sitges-rolprentfees

JaarWerkKategorie
1992Reservoir DogsBeste regisseur
1992Reservoir DogsBeste draaiboek

Saturn-pryse

JaarWerkKategorie
2013Django UnchainedBeste skryfwerk

Cannes-filmfees

JaarWerkKategorie
1994Pulp FictionPalme d'Or

Verwysingswysig

  1. Quentin Tarantino Biography (1963–. Advameg, Inc. Besoek op 20 Augustus 2012.
  2. "Quentin Tarantino" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 4 September 2015.
  3. Holm, D.K. (2004). Quentin Tarantino: The Pocket Essential Guide. Summersdale Publishers. pp. 24–5. ISBN 1848398662.
  4. Walker, Andrew (14 Mei 2004). "Faces of the week - Quentin Tarantino". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 13 Julie 2015.
  5. Holm, D.K. (2004). Quentin Tarantino: The Pocket Essential Guide. Summersdale Publishers. pp. 26–7. ISBN 1848398662.
  6. Giang, Vivian (20 Mei 2013). "10 Wildly Successful People Who Dropped Out Of High School". Business Insider (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 14 Julie 2015.
  7. Holm, D.K. (2004). Quentin Tarantino: The Pocket Essential Guide. Summersdale Publishers. pp. 27–8. ISBN 1848398662.
  8. IGN Filmforce (19 Mei 2003). "An Interview with Danny Strong". IGN. Besoek op 14 Julie 2015.
  9. "The New Classics: Movies". Entertainment Weekly (in Engels). 8 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2018. Besoek op 29 September 2013.
  10. "Pulp Fiction (1994)". British Film Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2012. Besoek op 9 November 2015.
  11. Corliss, Richard (18 April 2005). "Quentin Tarantino – The 2005 Time 100". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2020.
  12. Riefe, Jordan (21 Desember 2015). "Quentin Tarantino Receives Star on Walk of Fame". The Hollywood Reporter (in Engels). Prometheus Global Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019. Besoek op 22 Desember 2015.
  13. "Tarantino Sacrificed Love For His Career" (in Engels). Contactmusic.com. 28 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2009. Besoek op 2 Maart 2010.
  14. Quentin Tarantino is suited and booted with girlfriend Courtney Hoffman | Daily Mail Online. Dailymail.co.uk (12 Junie 2015). URL besoek op 2015-07-02.
  15. Scott Lewinski, John (18 Februarie 2010). "Quentin Tarantino saves L.A. theater". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2019. Besoek op 5 Februarie 2011.
  16. Adrienne Tyler (11 Junie 2021). "Why Quentin Tarantino Only Wants To Make 10 Movies (Will He Really Stop?)". Screen Rant. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2021. Besoek op 16 November 2021.
  17. Sharf, Zack (24 Julie 2019). "Quentin Tarantino Ends the 'Kill Bill' Debate Once and For All: It's Not Two Movies". IndieWire (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2022. Besoek op 15 Julie 2022.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media