Protoplanetêre skyf

’n Protoplanetêre skyf is ’n skyf van digte gas wat om ’n pas gevormde ster of protoster, ’n T Tauri- of Herbig Ae/Be-ster, draai. Dit is teoreties ’n voorloper van ’n planetêre stelsel. Deurdat ons eie Sonnestelsel ook eindelik uit ’n protoplanetêre skyf gevorm het, lê al die planete in ’n elliptiese vlak om die Son.

'n ALMA-foto van die T Tauri-ster HL Tauri.[1][2]
Kunstenaarsvoorstelling van ’n protoplanetêre skyf.

Die radius van protoplanetêre skywe kan tot 1 000 AE wees. Hul temperatuur is laag in vergelyking met dié van sterre; slegs in hul middel kan die temperatuur tot sowat 1 000 kelvin wees. Met die Hubble-ruimteteleskoop is protoplanetêre skywe om verskeie sterre in die Melkweg waargeneem, onder meer in die Orion-newel.

Protosterre word gewoonlik uit ’n gaswolk gevorm wat hoofsaaklik uit waterstof bestaan. Wanneer die wolk ’n kritieke stadium bereik, begin dit onder sy eie swaartekrag instort. Terwyl die wolk digter word, kan ’n deel van die gas om die wolk begin draai. Namate die rotatiesnelheid vergroot, plat die gas af tot dit ’n skyf vorm.

Die aanvanklike instorting van die gaswolk duur sowat 100 000 jaar. Eindelik word dit ’n T Tauri- of Herbig Ae/Be-ster. Ná sowat 10 miljoen jaar verdwyn die skyf.

Verwysingswysig

  1. Johnathan Webb (6 November 2014). "Planet formation captured in photo" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2020.
  2. "Birth of Planets Revealed in Astonishing Detail in ALMA's 'Best Image Ever'" (in Engels). NRAO. 6 November 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2016.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media