Swarthelmlaksman

(Aangestuur vanaf Prionops retzii)

Die swarthelmlaksman (Prionops retzii) is 'n redelik algemene maar dikwels lokale standvoël in boomveld, insluitend miombo en oewerbos. Hulle word oorwegend suidwaarts van die ewenaar in Afrika aangetref en bly in groepe van 5 tot 6 voëls in boomryke gebiede. Buite die broeityd vorm hulle gemengde groepe met ander helmlaksmanspesies en sluit ook by gemengde voëlgroepe aan. Hulle is vroeër meestal by die Malaconotidae of boslaksmans gereken, maar word tans by die Vangidae geplaas. Die voël is 22 cm groot en weeg 44 gram. Alhoewel nie 'n trekvoël nie, kan hulle lokaal nomadies wees in droogtetye.[2] Die dikbekkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik hierdie spesie as broeigasheer vir hul kuikens. In Engels staan dit as Retz's helmetshrike bekend.

Swarthelmlaksman
P. r. tricolor en roepe van die nominaat-subspesie, albei in Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Prionopidae
Genus:
Prionops
Spesie:
P. retzii
Binomiale naam
Prionops retzii
Wahlberg, 1856

Subspesieswysig

Vier subspesies word erken:[3][4]

  • P. r. nigricans (Neumann, 1899) – suidsentraal-Afrika
  • P. r. graculinus Cabanis, 1868Oos-Afrika
  • P. r. retzii Wahlberg, 1856 – noordelike streke van suidelike Afrika
  • P. r. tricolor G.R.Gray, 1864 – oostelike en suidoostelike Afrika, veral kuslangs

Verspreidingwysig

Die spesie word aangetref in Angola, noordoostelike Botswana, DRK, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, noordelike Namibië, Somalië, noordelike Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Galerywysig

Sien ookwysig

Bronwysig

Verwysingswysig

  1. BirdLife International (2012). "Prionops retzii". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Chittenden, H.; Allan, David; Weiersbye, Ingrid; et al. (2012). Roberts geographic variation of southern African birds. Cape Town: JVBBF. pp. 110–111. ISBN 978-1-920602-00-0.
  3. Allan, D. (2018). "Retz's Helmetshrike (Prionops retzii)". Handbook of the Birds of the World Alive. Lynx Edicions, Barcelona. Besoek op 29 Desember 2018.
  4. Hockey, P.A.R.; Dean, W.R.J.; Ryan, P.G. (2005). Roberts Birds of Southern Africa (7de uitg.). Cape Town: Trustees of the John Voelcker Bird Book Fund. pp. 709–710. ISBN 0-620-34053-3.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media