Priapos

Priapos of Priapus (Grieks: Πρίαπος) was in die Griekse mitologie die kind van Dionysos en Afrodite. Hy was ’n mindere god van vrugbaarheid en die beskermer van vrugteplante, vee, tuine en manlike geslagsdele. Hy word kenmerkend uitgebeeld met ’n belaglike groot, permanente ereksie en sy naam het gelei tot die mediese term priapisme.

Priapos
Griekse god

NaamPriapos
God vanVrugbaarheid; beskermer van vrugteplante, vee, tuine en manlike geslagsdele
SimboolDonkie, blomme, vrugte, groente, vis en bye
OuersDionysos en Afrodite
Broers en sustersEros, Pan, Hermafroditos, Grasieë e.a.
Romeinse eweknieMutunus Tutunus

Hy het ’n gewilde figuur geword in die erotiese kuns van Pompeji en is die onderwerp van ’n humoristies obsene versameling gedigte, die Priapeia.

Verhouding met ander godewysig

Priapos word, afhangend van die bron, beskryf as die seun van Afrodite en Dionysos, of van Dioysos en Chione,[1] dalk die pa of seun van Hermes,[2] of die seun van Zeus of Pan[3] Volgens die legendes het Hera hom vervloek met impotensie, lelikheid en vuil gedagtes terwyl Afrodite hom verwag het omdat die held Paris gemeen het Afrodite is mooier as sy (Hera).[4] Die ander gode het geweier dat hy saam met hulle op Berg Olimpus woon en het hom afgegooi aarde toe. Hy is eindelik deur herders gevind wat hom grootgemaak het.Priapos het by Pan en die saters aangesluit as ’n gees van vrugbaarheid en groei, maar hy was voortdurend gefrustreer deur sy impotensie. Volgens Ovidius[5] het hy probeer om die nimf Lotis te verkrag, maar ’n donkie se gebalk het veroorsaak dat hy sy ereksie verloor en Lotus wakker word. Hy het die nimf agtervolg totdat die gode haar jammer gekry en in ’n lotusstruik verander het. Priapos her donkies daarna gehaat en wou hê hulle moes tot sy eer vernietig word.[6]

Sy permanente ereksie en groot penis was die embleem van sy wellustige natuur.[7]

Verwysingswysig

  1. Scholia oor Theocritus, 1. 21
  2. Kerenyi, Gods of the Greeks, 1951, p. 175
  3. The Oxford Companion to World Mythology, David Leeming. Oxford University Press, 2004.
  4. Kerenyi 1951, p.176
  5. Ovidius, Fasti, vi.319ff
  6. Who's Who in Classical Mythology, Routledge. 2002.
  7. Bloomsbury Dictionary of Myth. 1996.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media