Pous Johannes XII

Johannes XII was die 130ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Johannes XII
GeboortenaamOctavianus van Spoleto
Pontifikaat begin16 Desember 955
Pontifikaat eindig4 Desember 963
VoorgangerAgapetus II
OpvolgerLeo VIII
Gebore± 937
Rome, Italië
Sterf14 Mei 964
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes

Biografiewysig

Pous Johannes XII is gebore as Octavianus van Spoleto in ongeveer 937 die seun van Alberic II, prins van Rome en Alda van Vienne. Op 16 Desember 955 volg hy Pous Agapetus II op en regeer tot hy afgeset word op 4 Desember 963. Hy word opgevolg deur Pous Leo VIII.Die naam ‘Johannes' beteken 'God is genadig'.

Pontifikaatwysig

Pous Johannes XII was 'n skande, sowel sy verkiesing as sy gedrag na sy verkiesing. Hy het hom oorgegee aan wellus, sodanig dat die Lateraanse paleis as 'n bordeel beskryf is. Hy het die beskerming van koning Otto I van Duitsland nodig gehad om homself te handhaaf en as dank het hy Otto as keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon op 2 Februarie 962. Otto het ook die Pouslike Staat aansienlik vergroot en versterk (deur die Diploma Ottonianum). Otto het Alberic II aangeval en Pous Johannes het agter sy rug gekonkel met die keiser in Konstantinopel. Keiser Otto was woedend en het Johannes laat afset en vervang met Pous Leo VIII op 4 Desember 963. Nadat Otto Rome verlaat het, het Johannes egter teruggekom en Leo laat afset op 26 Februarie 964 en vervang met Pous Benedictus V. Johannes sterf op 14 Mei 964 aan verwondinge wat hom toegedien is deur 'n man van een van sy minnaresse.[1] Ander bronne onder andere Liutprand van Cremona beweer hy is dood as gevolg van 'n beroerte wat hy gekry het terwyl hy met een van sy minnaresse in die bed was.[2]

Bibliografiewysig

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysingswysig

  1. Kühner, Hans "Lexikon der Päpste" bls. 119
  2. Schreiber, Hermann. "Geschichte der Päpste"bls. 78 – 83

Eksterne skakelswysig

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Notawysig

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolgingwysig

Voorafgegaan deur
Agapetus II
Pous (Pontifex Maximus)
955963
Opgevolg deur
Leo VIII
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media