Pous Gregorius VII

Gregorius VII was die 157ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Gregorius VII
GeboortenaamHildebrand van Sovana
Pontifikaat begin22 April 1073
Pontifikaat eindig25 Mei 1085
VoorgangerAlexander II
OpvolgerVictor III
Gebore±1023
Sovana, Italië
Sterf25 Mei 1085
Salerno, Italië
Ander pouse genaamd Gregorius

Biografiewysig

Pous Gregorius VII is gebore as Hildebrand van Sovana (Ook Ildebrando Aldobrandeschi de Soana) ongeveer in 1023 in Sovana, Italië.[1] Op 22 April 1073 volg hy Pous Alexander II op en regeer tot sy dood op 25 Mei 1085. Hy word opgevolg deur Pous Victor III.Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Pontifikaatwysig

Pous Gregorius VII was hervormingsgesind soos sy voorgangers en het die kerk en die pousdom eerste gestel. In 1075 vaardig hy die dekreet 'Dictatus papae' uit, wat die pous die hoogste gesag in die kerk en die maatskappy maak. Dit het hom in konflik gebring met gevestigde belange van die adel. Wie stel biskoppe aan; die keiser of die pous? Die struweling wat as die Investituurstryd bekend staan, sou nog lank duur. Keiser Hendrik IV het voortgegaan om biskoppe aan te stel. Gregorius het hom tereggewys. Hendrik het 'n sinode van Duitse biskoppe bymekaar geroep in Worms op 24 Januarie 1076, wat gedwee die pous afgeset het. Die pous het toe Hendrik in 1076 geëkskommunikeer. Op 25 Januarie 1077 kom die keiser na Canossa om vergiffenis te vra. Matilda, gravin van Toskane en vrou van Godfried van Lotaringe, die broer van Pous Stefanus IX (X), het bemiddel. Hendrik se berou was geveins en drie jaar later ekskommunikeer die pous hom weer en sit hom bowendien af as keiser. Duitse biskoppe het teruggekap en sit Gregorius af op die sinode in Brixen op 16 Junie 1081 en kies Teenpous Clemens III. Hendrik trek met 'n leër na Rome met die hulp van Godfried van Bouillon, maar Gregorius word gered deur die Normandiër Robert Guiscard. Die pous moet egter vlug na Salerno waar hy op 25 Mei 1085 sterf.

Vereringwysig

Pous Gregorius VII is in 1606 deur Pous Paulus V heilige verklaar. Sy feesdag is op 25 Mei.

Bibliografiewysig

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  • Cowdrey, H.E.J. (1998). Pope Gregory VII: 1073–1085. Oxford en New York: Clarendon Press.
  • Uta-Renate Blumenthal: Gregor VII. Papst zwischen Canossa und Kirchenreform. Primus, Darmstadt 2001, ISBN 3-89678-198-7
  • Herbert E. Cowdrey: The Register of Pope Gregory VII 1073–1085. Clarendon, Oxford 2002
  • Johann Englberger: Gregor VII. und die Investiturfrage. Böhlau, Köln 1996
  • Carl Erdmann: Die Entstehung des Kreuzzugsgedankens. Darmstadt 1980
  • Georg Gresser: Die Synoden und Konzilien zur Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123. Schöningh, Paderborn 2006, ISBN 3-506-74670-7
  • Helmut Kämpf: Canossa als Wende. 3. Auflage. Wissenschaftliche Buchgemeinschaft, Darmstadt 1976
  • Julius von Pflugk-Harttung (Hrsg.): Register und Briefe Gregors VII. Ohne Verlag und Ort, um 1889 (Digitalisat)
  • Wolfgang Seegrün: Das Papsttum und Skandinavien. Neumünster 1967.
  • Dag Tessore: Gregor VII. Città nuova, Rom 2003

Verwysingswysig

  1. Gregory VII, Saint. Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 24 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9038024 Geargiveer 29 Augustus 2006 op Wayback Machine>

Eksterne skakelswysig

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Notawysig

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolgingwysig

Voorafgegaan deur
Alexander II
Pous (Pontifex Maximus)
1073 – 1085
Opgevolg deur
Victor III
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media