Pous Franciskus

(Aangestuur vanaf Pous Franciscus I)

Pous Franciskus (Latyn: Franciscus PP. [franˈtʃiskus], Italiaans: Francesco [franˈtʃesko], Spaans: Francisco; gebore op 17 Desember 1936 in Buenos Aires, Argentinië, as Jorge Mario Bergoglio[1]) is die 266ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad.[2] Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklawe wat gehou is ná die aftrede van Pous Benedictus XVI. Tot sy verkiesing het Jorge Mario Bergoglio as aartsbiskop en kardinaal-priester van Buenos Aires gedien.[3] Die naam ‘Franciskus’ beteken 'die vrye'.

Pous Franciskus
GeboortenaamJorge Mario Bergoglio
Pontifikaat begin13 Maart 2013
Pontifikaat eindig
VoorgangerBenedictus XVI
Gebore17 Desember 1936 (1936-12-17) (87 jaar oud)
Buenos Aires, Argentinië
Kardinaal Jorge Bergoglio in 2008

Franciskus is as Argentyn die eerste Latyns-Amerikaner en Jesuïet wat as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Hy is ook die eerste pous vanuit die Amerikas, die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond. Die vorige pous wat van 'n nie-Europese afkoms was, was die Siriër pous Gregorius III wat vanaf 731 tot 741 gedien het. Franciskus het homself na Franciskus van Assisi, die "heilige van die armes", genoem,[4] en sy slagspreuk is Miserando atque eligendo ("Hy [God] het hom deur die oë van barmhartigheid gesien en gekies").[5] Hy is op 19 Maart 2013 ingehuldig.[6]

Jorge Mario Bergoglio is van Italiaanse afkoms en praat Italiaans, Spaans, Duits en Latyn.[7] Hy het ook kennis van Engels, Frans en vermoedelik van Portugees.[8]

Saligverklaringswysig

Heiligverklaringswysig

Bulle, briewe, ensiklieke en konstitusieswysig

Pous Franciskus se handtekening
Lande wat Pous Franciskus besoek het:

   Italië en Vatikaanstad (omkring)

   2 besoeke

   1 besoek

   0 besoeke

Bulle
  • Misericordiae vultus ("Aangesig van Genade", 11 April 2015)
Briewe
  • Evangelii gaudium ("Vreugde van die Evangelie", 24 November 2013)
  • Fidelis dispensator et prudens ("Getroue en verstandige bestuurders", 24 Februarie 2014)
  • "Apostoliese brief vir die jaar van die gewyde lewe" (21 November 2014)
  • Amoris laetitia ("Die vreugde van liefde", 8 April 2016)
  • Gaudete et exsultate ("Wees bly en juig", 9 April 2018)
  • Christus vivit ("Christus leef", 25 Maart 2019)
  • Querida Amazonia ("Geliefde Amasone", 2 Februarie 2020)
Ensiklieke
  • Lumen Fidei ("Die lig van geloof", 29 Junie 2013)
  • Laudato si’ ("Geseënd is jy", 18 Junie 2015)
  • Fratelli tutti ("Almal is broers", 4 Oktober 2020)
Konstitusies
  • Vultum Dei quaerere ("Op soek na die aangesig van God", 22 Julie 2016)
  • Veritatis gaudium ("Die vreugde van waarheid", 29 Januarie 2018)
  • Episcopalis communio ("Biskoplike Nagmaal", 15 September 2018)
  • Pascite gregem Dei ("Voed God se kudde", 23 Mei 2021)
  • Praedicate evangelium ("Preek die Evangelie", 19 Maart 2022)

Verwysingswysig

  1. Spaanse uitspraak [ˈxo̞rxe ˈmaɾjo β̞e̞rˈɣ̞oɣ̞ljo̞] en Italiaanse uitspraak [bɛrˈgɔʎːo]
  2. (en) vatican.va: Habemus Papam Franciscum
  3. (en) catholic-hierarchy.org: Pope Francis – Jorge Mario Bergoglio, S.J.
  4. (en) vatican.va: Audience to Represantives of the Communications Media – Address of the Holy Father Pope Francis
  5. (en) Scarsbrick, Veronica. "Pope Francis : "Miserando atque eligendo"..." Vatikaanse radio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017. Besoek op 6 Desember 2013.
  6. (en) vatican.va: Homily of the Holy Father Pope Francis
  7. (de) de.radiovaticana.va: Kardinal Lehmann: Humorvolle Gesten von Papst Franziskus
  8. (it) news.va: Briefing di padre Lombardi Geargiveer 18 Oktober 2017 op Wayback Machine

Bronnewysig

  • (en) 2010: Cardinal Argentin: Jorge Mario Bergoglio, Leonardo Sandri, Estanislao Esteban Karlic, Eduardo Francisco Pironio, Ral Primatesta, Livres Groupe, ISBN 978-1-159-40346-1
  • (es) Horacio Verbitsky: El silencio: de Paulo VI a Bergoglio: las relaciones secretas de la Iglesia con la ESMA. Sudamericana, Buenos Aires 2005, ISBN 978-950-07-2035-9.
  • (es) Sergio Rubín, Francesca Ambrogetti: El jesuita : conversaciones con el cardenal Jorge Bergoglio. Javier Vergara Editor, Buenos Aires 2010, ISBN 978-950-15-2450-5.
  • (es) Sergio Rubin, Francesca Ambrogetti: El Papa Francisco. Conversaciones con Jorge Bergoglio.

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Antonio Quarracino
Aartsbiskop van Buenos Aires
1998–2013
Opgevolg deur
Mario Aurelio Poli
Voorafgegaan deur
Benedictus XVI
Pous (Pontifex Maximus)
2013–hede
Sittend
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media