Potas

Potas in sy oorspronklike betekenis is die verbrandingsreste van 'n plantaardige materiaal (as) wat in 'n geslote pot bewaar word. Later is die betekenis van die woord baie uitgebrei tot enige van verskeie ontginde en vervaardigde soute wat kalium in wateroplosbare vorm bevat. hoewel die HAT dit minder korrek noem.

Potas

Chemiese eienskappewysig

Houtas

Plante-as is op baie plekke en deur verskeie kulture lank gebruik om vanuit vet of olie seep te vervaardig. Dis 'n ou stuk chemiese tegnologie wat eers baie eeue later beter verstaan is. Daar is byvoorbeeld bekend dat in die Wes-Kaap die Khoekhoe die as van gannabos gebruik het om vette van wasbessies te verseep.[1]

Die as van plante en bome bevat gewoonlik kaliumkarbonaat K2CO3 wat beide higroskopiese en basiese eienskappe het. Die higroskopiese eienskappe verklaar waarom dit dikwels in 'n toe pot bewaar is. Bytpotas, oftewel KOH kan vervaardig word deur 'n oplossing van potas met gebluste kalk te kook:[2]

Hiermee word die oplossing nog sterker basies.

Etimologiewysig

Die Arabiere het seewier verbrand en die produk al-qalī genoem, na 'n werkwoord qalāj wat braai of kook beteken. Hierdie stof het reeds in die tyd van Albertus Magnus (ong. 1200-1280) in Wes-Europa bekend geword. Hierdie teoloog en alchemis het dit beskryf en dit alkali genoem.[3] Plante is ook in Europa vir die vervaardiging van seep verbrand. Dit was dikwels houtas van bladwisselende bome.[4] in Middelnederlands word in 1447 van die meervoud potasschen of weedassche gepraat. Die woord potas is later deur talle ander tale oorgeneem, soos in Sweeds pottaska (1546), Engels potash (1615) of Duits Pottasche (1716)[3]

Die Arabiere het egter nóg 'n stof geken wat vir verseping gebruik kan word, natron of soda. Dit is 'n mineraal wat in die woestyn aangetref word. Dit bevat natriumkarbonaat Na2CO3 pleks van kaliumkarbonaat maar die twee stoffe is lank met mekaar verwar. Klaproth het die verskil besef en die terme kali vir die plantaardige en natron vir die minerale produk ingevoer. Sir Humphry Davis het in 1807 hieruit twee verskillende elemente vrygestel, wat hy in Engels potassium en sodium genoem het. In Duits, Nederlands en Afrikaans het dit egter natrium en kalium geword. Opmerkelik is dat Arabies juis būtāsiyūm gebruik met 'n Middelnederlandse etimologie, terwyl Nederlands en Afrikaans 'n woord met Arabiese wortels gebruik.[3]

Uitgebreide betekeniswysig

In later tye is die gebruik van kaliumhoudende materiale baie uitgebrei. Vandag word hulle wêreldwyd geproduseer in hoeveelhede van meer as 30 miljoen ton per jaar, meestal vir gebruik in kunsmis. Nie alle minerale wat kalium bevat kan daarvoor gebruik word nie omdat die meeste silikate is wat moeilik opgelos kan word. Die term potas word vandag dikwels gebruik vir enig mineraal wat oplosbare kaliumverbindings bevat. Die kaliuminhoud word dikwels as %K2O weergegee, hoewel die oksied K2O en die vrye metaal kalium self selde buite chemiese laboratoriums gebruik word.

Verwysingswysig

  1. Abrahams, Yvette. (2014). ""Moving Forward to Go Back: Doing Black Feminism in the Time of Climate Change."". Agenda: Empowering Women for Gender Equity. 28 (3 (101)): 45–52. Besoek op 23 Julie 2023.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. Ingerman, D.; Koning, T.; Koning, C.R. (1923). Grondbeginselen der scheikunde. Tjeenk Willink.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. 3,0 3,1 3,2 N. van der Sijs. "Potas". Etymologiebank.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. "Zeep zieden is een oud ambacht". Historia.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media