Port Elizabeth-Sentraal (kiesafdeling)

Port Elizabeth-Sentraal was een van die oorspronklike twee kiesafdelings in die Baai vir die eerste algemene verkiesing van die Volksraad ná Uniewording in 1910. Die ander was Port Elizabeth-Suidwes. Dit was ook al kiesafdeling in die stad wat van 1910 tot 1994 onder dieselfde naam bestaan het.

Athol Trollip, in 'n stadium parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie, se oupa was van 1953 tot 1958 LV vir Port Elizabeth-Sentraal.

1915-1921wysig

In die eerste verkiesing en weer in 1915 word die Unionisteparty se sir Edgar Harris Walton onbestrede verkies. In 1920 kom hy te staan teen die Arbeidersparty se R.M. Brown, maar wen met 'n meerderheid van 795 stemme. In die algemene verkiesing op 8 Februarie 1921 kom hy eweneens te staan teen 'n Arbeider, dié keer A. Eaton, wat met 1 206 stemme verloor. Walton is blykbaar voor die volgende verkiesing oorlede (hy was Volksraadslid tot 28 Februarie 1921), want in 'n tussenverkiesing op 15 Maart 1921 word die Suid-Afrikaanse Party, waarby die Unioniste in November die vorige jaar ingelyf is, word kol. Deneys Reitz van die S.A.P. onbestrede verkies.

1924-1943wysig

Reitz word in die verkiesing van 1924 uitgedaag deur die Arbeidersparty se R.L. Weir, wat net 661 stemme kry en aan Reitz 'n meerderheid van 1 044 besorg. Reitz stel hom in 1929 se algemene verkiesing in Barberton verkiesbaar, maar in Port Elizabeth-Sentraal wen die S.A.P. se kol. Alexander Peter John Wares met 'n meerderheid van 933 teen die Arbeider-Cresswelliet M. Lazarus. Wares behou Port Elizabeth-Sentraal in 1933 vir die S.A.P., nou in koalisie met die Nasionale Party, met 'n meerderheid van 1 084 teen die onafhanklike L.W. Smith. As kandidaat van die Verenigde Party word Wares die derde keer in 1938 verkies met 'n meerderheid van 1 183 stemme teen die Dominiumparty se J.S. Young. Tydens sy vierde en laaste verkiesing (1943) word hy onbestrede vir die V.P. verkies.

1945-1958wysig

Wares is blykbaar op 9 Desember 1944 oorlede en in 'n tussenverkiesing op 7 Maart 1945 behaal lt.kol. Ockert Jacobus Oosthuizen 'n meerderheid van net 511 teen die onafhanklike H. Parker. Hy vaar aansienlik beter in die algemene verkiesing op 26 Mei 1948 teen die Herenigde Nasionale Party se D.T. du Plessis en met 'n meerderheid van 3 910 stemme. Oosthuizen bly tot 4 Maart 1953 Volksraadslid vir Port Elizabeth-Sentraal. In die algemene verkiesing daardie jaar klop die V.P. se Roland Athol Price Trollip, grootvader van die latere parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie, Athol Trollip, vir M. Koster van die N.P. met 2 779 stemme. Trollip bly net LV tot 10 Maart 1958. In die verkiesing daardie jaar kry die V.P. se Percy Roger Dodds 2 673 stemme meer as die N.P. se P.J. Nortjé.

1961 en laterwysig

Port Elizabeth-Sentraal stem in die volkstemming in 1960 met 7 280 stemme teen 4 149 duidelik teen republiekwording en in die verkiesing die volgende jaar word Dodds onbestrede herkies. In 1966 sorg Willem Hendrik Delport vir 'n verrassing toe hy die setel vir die N.P. wen met 'n meerderheid van 709 stemme teen die V.P. se J.G. Young. Hy verloor egter in 1970 met 190 stemme teen Hendrik van Zyl Cillié van die V.P., waarna Walter Graham Kingwell in 1974 onbestrede vir die V.P. verkies word.

Op 19 Januarie 1977 word ses Volksraadslede van die Verenigde Party uit die party geskors omdat hulle hul nie met sir De Villiers Graaff se inisiatief ("Red Suid-Afrika") om 'n nuwe breë opposisie-party daar te stel, kan vereenselwig nie. Die ses stig op 26 Maart 1977 die Onafhanklike Verenigde Party, waarvan die naam op 28 Mei 1977 na die Suid-Afrikaanse Party verander word. Die party vaar verbasend goed in die verkiesing net ses maande na sy stigting en wen Port Elizabeth-Sentraal, Walmer en Simonstad.

Sien ookwysig

Bronnewysig

  • Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media