Polabies

Taal

Polabies is 'n uitgestorwe Slawiese taal, wat tot in die agtiende eeu gepraat is. Dit is 'n Wes-Slawiese taal, net soos Pools, Tsjeggies en Sorbies. Binne die groep verteenwoordig dit die Elbeslawiese tale. Naaste verwant is Kasjoebies, wat in Noord-Pole nog deur 'n klein aantal mense gepraat word.

Polabies
Gepraat in:Vlag van Pole Pole
Vlag van Duitsland Duitsland 
Gebied:Middel-Europa
Totale sprekers:uitgesterf
Taalfamilie:Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Lechities
    Polabies 
Skrifstelsel:Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1:-
ISO 639-2:sla
ISO 639-3:pox 
Verspreiding van Polabies

Wendland by die dorpie Lüchow in Nedersakse was die laaste gebied waar Polabies gepraat is. Die gebied lê by die Elbe, die rivier waaraan die taal sy naam ontleen (in die Wes-Slawiese tale heet dit immers Labe).

Vroeër is daar op verskeie plekke in Duitsland oos van die Elbe Polabiese dialekte gepraat. Spore daarvan kan nog in plekname gesien word.

Die laaste spreekster van Polabies was, volgens die Index defunctorum van die plek Wustrow uit 1756, 'n 88-jarige weduwee wat in dié jaar sterf. Rondom dié tyd was wetenskaplike nuuskierigheid oor die taal aan die opkoms. Onder meer Leibniz het daaraan aandag bestee: hy gee 'n woordelys en 'n teks uit in sy Collectanea Etymologica in 1717. Die belangrikste Polabiese bron is egter die Vocabularium Venedicum van die dominee Christian Hennig von Jessen uit 1705.


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Masedonies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Montenegryns, Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies | Kerkslawies (Ou Kerkslawies) | Interslawies
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media