Henkel-se-geelhout

Boomspesie

(Aangestuur vanaf Podocarpus henkelii)

Die Henkel-se geelhout (Podocarpus henkelii) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is. Hulle kom in Afromontane woude vanaf King William's Town, langs die groot platorand, tot by Pietermaritzburg voor. Hulle het die langste blare van die geelhoutbome, en dié is kenmerkend neerhangend. Die spesie is ook inheems in Malawi, Tanzanië en Zimbabwe.

Henkel se geelhout
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Pinales
Familie:
Genus:
Spesie:
P. henkelii
Binomiale naam
Podocarpus henkelii
Stapf ex Dallim. & A.B.Jacks., (1923)
Sinonieme
  • Podocarpus ensiculus Melville
  • Podocarpus henkelii subsp. ensiculus (Melville) Silba

Die boom se FSA-nommer is 17.[1] Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[2]

Voortplantingwysig

P. henkelii is 'n tweehuisige, meerjarige, immergroen boomsoort. Manlike en vroulike bome kry in die lente keëls. Die manlike keëls word in die vegetatiewe blare se oksels gevorm; feitlik uitsluitend op takkies van die vorige groeisiklus. Gedurende die vrystelling van die stuifmeel groei die keëls tot ongeveer 40 mm lank. Hulle word gewoonlik in groepies van drie aangetref. Volwasse stuifmeelkorrels bevat gewoonlik ses of sewe kerne. In Pretoria begin hulle aan de begin van September hulle stuifmeel vry te stel en dit duur ongeveer drie weke. Die bestuiwing vind plaas deur die wind soos in alle Podocarpaceae. Die vroulike keëls verskyn teen die einde van Augustus. Hulle word in die oksels van jong blare gedra. Dit bestaan uit een of meer saadknoppe wat ongeveer 3 mm lank word. Die saadknop se poortjie ontwikkel 'n bestuiwingdruppel wat weer verdwyn as dit stuifmeel ontvang het. Onbestuifde knoppe word met verloop van tyd afgestoot.Bevrugting vind gewoonlik vyf of ses weke ná die bestuiwing plaas.[3]

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  2. Creecy, Barbara Dallas (1 Maart 2021). "Goewermentskennisgewings nr. 15, National Forests Act: List of protected tree species" (PDF). gov.za. Staatskoerant, No. 44204. Besoek op 20 Junie 2022.
  3. H.P.Coertze, A.F. Schweickerdt, H.G.van der Schijff (1971). "Voorplanting by Podocarpus henkelii stapf ex dallim.&Jacks: I. Die keels, gametofiete en bevrugting". South African Journal of Science. 67 (7).{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media