Plurisentriese taal

'n Plurisentriese of polisentriese taal[1][2] word in die sinchroniese taalkunde beskou as 'n taal met meerdere standaardvariëteite. So strek die taalgebied van 'n plurisentriese taal dikwels, maar nie altyd nie, oor staatsgrense heen, of selfs oor meer as een vasteland soos in die geval van Engels, Frans of Portugees.

In die diachroniese taalkunde word 'n plurisentriese taal gedefinieer as 'n taal wat gedurende sy ontwikkeling deur meer as een taalkundige sentrum in gelyke mate beïnvloed is.

Voorbeelde vanuit 'n sinchroniese perspektiefwysig

In sy taalkundige werk Pluricentric Languages behandel die Australiese taalkundige Michael Clyne (1939–2010) Arabies, Armeens, (Hoog-)Chinees, Duits, Engels, Frans, Hindi-Oerdoe (Hindoestani), Koreaans, Maleis, Nederlands, Portugees, Sweeds, Serwokroaties, Spaans, Tamil en Pidgin-Engels in die Stille Oseaangebied (Tok Pisin, Bislama, Pijin en Torres Creole) as belangrike voorbeelde van polisentriese tale. Plurisentrisme is dus allesbehalwe 'n uitsondering ten opsigte van tale met baie sprekers, maar eerder die reël.

Maar daar is selfs relatief klein tale soos Karpato-Rusyns met vier verskillende standaardvariëteite in Slowakye, Oekraïne, Hongarye en Pole. Ander voorbeelde van klein plurisentriese tale is Inuktitut, Pandjabi, Persies, Roemeens, Suid-Sotho en Swahili. Selfs "dooie" tale kan plurisentries wees, soos byvoorbeeld Latyn wat danksy die invloed van plaaslike volkstale gedurende die Middeleeue en die vroeë moderne tyd verder ontwikkel is in verskillende variëteite, Kerkslawies of Sanskrit waarvoor in verskillende streke in Indië ook met verskillende alfabette geskryf word.

In sommige opsigte kan ook Hebreeus by die lang lys van plurisentriese tale gevoeg word – nie net vanweë 'n afwykende woordeskat en grammatika nie, maar ook weens die afwykende uitspraak in die sinagogale liturgiese konteks. Hier word die uitspraak bepaal deur die kulturele agtergrond en herkoms van 'n spreker. Die moderne Hebreeuse uitspraak baseer nogtans op die tradisionele Sefardiese uitspraak met enkele Asjkenasi-elemente.

Drie standaardterme vir "slagroom" in die plurisentriese Duitse taalgebiedwysig

DuitslandOostenrykSwitserland
SchlagsahneSchlagobersRahm

Verwysingswysig

  1. William A. Stewart: A Sociolinguistic Typology for Describing National Multilingualism. in: Joshua Fushman (red.): Readings in the Sociology of Language. The Hague, Paris: Mouton 1968
  2. Heinz Kloss: Abstandsprachen und Ausbausprachen. In: Joachim Göschel, Norbert Nail, Gaston van der Elst (reds.): Zur Theorie des Dialekts. Aufsätze aus 100 Jahren Forschung. Reeks: Zeitschrift für Dialektologie and Linguistik, Beihefte. Nommer 16. Wiesbaden: F. Steiner 1976, bl. 310-312
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media