Afrika-lepelaar

(Aangestuur vanaf Platalea alba)

Die Afrika-lepelaar (Platalea alba) is 'n hoë, skraal waadvoël met 'n kenmerkende lepelvormige snawel. Die voël vlieg met sy nek uitgestrek, nie ingetrek soos reiers en witreiers nie. Die Afrika-lepelaar is sowat 90 cm lank en spierwit met 'n kuif op die agterkop. Die snawel en pote is rooierig.

Lepelaar
Kazinga Channel, Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. alba
Binomiale naam
Platalea alba
Scopoli, 1786
Sinonieme

Platalea tenuirostris Temminck, 1820

Die Afrika-lepelaar word oral in Suider-Afrika, behalwe in baie droë streke, by binnelandse damme en riviere aangetref. Hulle wei gewoonlik in klein groepe in vlak water. Die stapelkos is klein waterdiertjies en dit word verkry deur water met die snawel te skep en dan te sif deur die koppe ritmies heen en weer te beweeg.

Wanneer Afrika-lepelaars slaap, staan hulle op een been met die kop tussen die skouervere. Hulle vlieg in formasie met uitgestrekte nekke en pote. Afrika-lepelaars broei saam met ibisse en ander waadvoëls in kolonies, maar hou hulle eenkant.

Die 2 tot 3 eiers is wit en gespikkel en word in 'n vlak nes van riete of ander waterplante gelê. Die broeityd strek van April tot Desember.

In Engels staan die voël as die African Spoonbill bekend.

Sien ookwysig

Bronwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media