Plaasmoorde in Suid-Afrika

Plaasaanvalle en moorde op Suid Afrikaanse plase

Die term plaasmoorde (Engels: South African farm attacks) verwys na moorde op plase, veral die moorde wat sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994 op Suid-Afrikaanse plase gepleeg word.

Naasbestaandes plant kruise by die Witkruismonument vir slagoffers van plaasaanvalle

Omvang en aardwysig

4 308 plaasaanvalle en 806 plaas-moorde is van 2010 tot en met einde Augustus 2023 aangeteken

Volgens beskikbare statistiek het daar tussen 1991 en 2001 6 122 plaasaanvalle plaasgevind wat tot 1 254 sterfgevalle gelei het.[1][2] Die getal sterfgevalle het in die volgende agt jaar meer as verdubbel tot 3 037.[3]

Plaasmoorde en die wreedaardige manier waarop dit uitgevoer word veroorsaak in beide Suid-Afrika en die buiteland[4][5] ontsteltenis. Van die slagoffers word gemartel en verkrag voordat hulle vermoor word. Ander plaasmoorde word soos ’n teregstelling uitgevoer.

Met die demokratisering van Suid-Afrika het van die wit gemeenskappe moontlik vir die eerste keer met die drastiese omvang van werkloosheid en armoede onder die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking, en misdaad en geweld, wat moontlik daaruit voortspruit, in aanraking gekom.

Navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies het bevind dat ’n boer se kans om vermoor te word, byna vier keer groter is as dié vir ’n gewone landsburger en twee keer so groot as dié van ’n polisielid.[6]

Die motiewe vir plaasaanvallewysig

’n Helikopter soek na plaasaanvallers te Hartelus, Limpopo.

Swart en blanke boere is moontlik sagte teikens vir rowers. Daar word ook beweer dat die omstandighede van plaasmoorde waarby wit mense die slagoffers is, ook as gevolg van onderliggende rassespanning veroorsaak is. Daar blyk geen werklike rede vir die moor van slagoffers van plaasaanvalle te wees nie.[1] Volgens Moetsepe Matlala, voorsitter van die National African Farmers’ Union, verlaat wit én swart boere hul plase weens veiligheidsrisiko’s.[7]

Sommige Suid-Afrikaanse boere is egter onder die indruk dat plaasaanvalle en -moorde deur sekere elemente as ’n geskikte intimidasiemetode beskou word om boere van hulle plase te verdryf.

Daar word gevoel dat amptelike bewerings dat gewone roof die dryfkrag agter plaasaanvalle is nie verklaar waarom plaasaanvallers ná hulle rooftog in die plaashuis wag om die boer en sy gesin op ’n wreedaardige manier te vermoor nie. Plaasmoorde het sodoende ’n hoogs emosionele saak geword wat in sommige kringe as doelbewuste volksmoord beskou word.[8]

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, dui navorsing egter daarop dat plaasaanvalle eerder misdaadgerig is. Die blote afgesonderdheid van plase en swak infrastruktuur soos slegte paaie maak van boeregemeenskappe sagte teikens wat nie maklik deur die polisie beveilig kan word nie. Rassisme en onverantwoordelike politieke uitlatings dra egter ook daartoe by dat ’n klimaat van brutaliteit in plattelandse gemeenskappe geskep word. Die invloed van drank en dwelms speel moontlik ook ’n rol, net soos swak ekonomiese omstandighede en werkloosheid.[verwysing benodig]

Die aanvalle word soms openlik deur politieke persoonlikhede, soos staatsleiers, tydens publieke geleenthede aangemoedig deur die sing van “struggle”-liedjies wat die dood van boere aanhits. Voorbeelde hiervan is Nelson Mandela,[9] Jacob Zuma[10] en Julius Malema.[11]

Prioritisering van plaasmoordewysig

Vroeg in Mei 2016 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, tydens ’n mediakonferensie bevestig dat plaasmoorde deur die SAPD as prioriteitsmisdaad gehanteer sal word.[12] Die polisie hou nie doelgerig statistiek oor plaasmoorde nie, en die getalle deur hulle verskaf verskil wawyd van die wat byvoorbeeld deur Afriforum opgestel word.[13]

Sien ookwysig

  • Treurgrond, rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika.

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 "Report of the Committee of Inquiry into Farm Attacks" (PDF) (in Engels). 31 Julie 2003. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2017.
  2. Burger, Johan (17 Oktober 2012). "Farm Attacks and Farm Murders Remain a Concern" (in Engels). Instituut vir Sekerheidstudies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Mei 2016.
  3. Stuijt, Adriana (17 Februarie 2009). "Two more S.African farmers killed: death toll now at 3,037" (in Engels). Digital Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 4 Mei 2016.
  4. "Nederlander slachtoffer van roofmoord in Zuid-Afrika" (in Nederlands). NOS.nl. 10 April 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 30 April 2017.
  5. Chung, Frank (25 Maart 2017). "'Bury them alive!': White South Africans fear for their future as horrific farm attacks escalate" (in Engels). news.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 30 April 2017.
  6. "Plaasmoorde: Dié wat agterbly". Netwerk24.com. 9 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2019. Besoek op 5 Mei 2016.
  7. Die Netwerk24-span (6 Oktober 2014). "Plaasmoorde: Geen prioriteit of plan?". Netwerk24.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2019. Besoek op 5 Mei 2016.
  8. Netwerk24.com, 9 Oktober 2014
  9. Mandela praat met verslaggewers na die sing van ’n wraaklied teen blankes. op YouTube
  10. Jacob Zuma sing “Kill the Boer” in Bloemfontein. op YouTube
  11. Julius Malema moedig ondersteuners aan om Boere dood te maak op YouTube
  12. Wyrley-Birch, Jhua-nine (4 Mei 2016). "Uiteindelike deurbraak om plaasmoorde te prioritiseer". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Mei 2016.
  13. "Feitelik verkeerde polisiestatistieke oor plaasmoorde laat ernstige vrae ontstaan". Mediaverklarings. afriforum.co.za. Afriforum. 18 Augustus 2023. Besoek op 18 September 2023.

Verdere leesstofwysig

  • 80 Farmmorde in sieben Monaten, in: Afrika Süd – Zeitschrift zum südlichen Afrika, No. 6 (2004), uitgegee deur Informationsstelle Südliches Afrika, Bonn, Duitsland
  • Mike Morris: The Development of Capitalism in South African Agriculture: Class-Struggle in the Countryside, in: Economy and Society (Londen), Vol. 5, No. 3 (1976)
  • Christian Soest: Anspruch und Wirklichkeit der südafrikanischen Landreform 1994–2001. In: Arbeitspapiere zu Problemen der Internationalen Politik und der Entwicklungsländerforschung. Nr. 33/2002. München 2002: Forschungsstelle am Geschwister-Scholl-Institut für Politische Wissenschaft der Ludwig-Maximilians-Universität München
  • du Toit, Philip (2004). The Great South African Land Scandal. Centurion: Legacy Publications.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media