Pionier-opelugmuseum

Pionier-opelugmuseum
'n Beeld van die museum.
Die huis by die Pionier-opelugmuseum is in 1848 gebou

Vorige naamAfrican Window
PlekPretoria; koördinate:
25°44′07″S 28°18′38″O / 25.73521°S 28.31059°O / -25.73521; 28.31059
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Openingsjaar1975
Tipe museumKultuurhistories
WebtuistePionier-opelugmuseum

Die Pionier-opelugmuseum is 'n kulturele museum by Silverton ('n oostelike voorstad van Pretoria) wat die lewenstyl van die vroeë pioniers of Voortrekkers van die vroeë 19de eeu weerspieël. Dit word gehuisves in die oudste gebou in Pretoria, die opstal wat in 1848 gebou is, en word deur Ditsong Museums van Suid-Afrika bestuur.[1]

Museumwysig

Die museum poog om besoekers die vroeë 19de eeu te laat herleef, met gidse geklee in klere van daardie tydperk. Aktiwiteite sluit in die maak van tradisionele brood en botter, asook demonstrasies van die voorlaaier ('n soort geweer). Die belangrikste besienswaardigheid is die plaasopstal wat in 1848 gebou is, en die geskiedenis van die mense wat op die oorspronklike plaas met die naam Hartebeestpoort gewoon het. Daar is 'n tradisionele kruietuin en 'n groentetuin waar 'n mens meer kan leer oor boererate, 'n boord, 'n wingerd en 'n gemeubileerde waenhuis uit daardie tydperk.

Die Opstalwysig

Die opstal, gebou in 1848, is die hoofgebou van die kompleks en is deur vroeë Voortrekkerpioniers gebou deur tradisionele boumetodes. Dit is die oudste mensgemaakte struktuur wat nog staan in Pretoria. Die huis is gebou van klei en plaaslike materiaal, met 'n grasdak en grondvloere, en is gemeubileer volgens die tradisionele 19de eeuse plattelandse styl.

Geskiedeniswysig

Dawid Botha, 'n boer uit die Kaapkolonie, en sy familie, was die eerste mense om hulself te vestig op die plaas Hartebeespoort in 1846. Twee jaar later, in 1848, het hy die bestaande opstal gebou. Die Bothafamilie het vir 5 jaar op die plaas gewoon, todat hulle die plaas in 1851 aan 'n ene Vermeulen verkoop het. In 1874 is die plaas aan die Duitse immigrant Hans Mundt verkoop. Mundt het dit gebruik vir 'n halfwegstasie vir reisigers, aangesien die plaas geleë was op die hoofvervoerroete na Pelgrimsrus, toe die goudstormloop daarheen begin het. In 1900 is silwer op die plaas ontdek, en 'n gedeelte van die plaas is opgekoop deur die Silver Mining Company. In 1961 is die eiendom aan die Munisipaliteit van Silverton geskenk en in 1975 is dit as 'n museum vir die publiek geopen.[2]

Gereelde byeenkomstewysig

  • 'n Nuwejaarsfees word elke jaar op 1 Januarie aangebied.[3]
  • 'n Boeremark word elke Saterdag gehou.[4]

Verwysingswysig

  1. "Ditsong: Pioneer Museum" (in Engels). Ditsong Museums. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2017. Besoek op 3 Maart 2017.
  2. "Dinokeng: Pioneer Museum" (in Engels). www.gauteng.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Maart 2017.
  3. "Nuwejaarsfees: Ditsong Pionier Museum". showme.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Maart 2017.
  4. "Boeremark Pretoria". pretoriaboeremark.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2017. Besoek op 3 Maart 2017.

Eksterne skakelswysig

Koördinate: 25°44′05″S 28°18′30.8″O / 25.73472°S 28.308556°O / -25.73472; 28.308556

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media