Os du Randt

(Aangestuur vanaf Pieter (Os) du Randt)

Jacobus Petrus "Os" du Randt (gebore 8 September 1972), is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat loskopstut vir die Springbokke, Sentrale Cheetahs (Super 14), en die Vrystaat Cheetahs (Curriebeker) gespeel het. Hy het teen sy aftrede die meeste wedstryde vir die Springbokke gespeel, 'n rekord wat later deur John Smit, Victor Matfield en Tendai Mtawarira oortref is. Du Randt het vir die Cats in die Super 12 gespeel, maar het na die nuwe Sentrale Cheetahs Super 14 span oorgeskuif nadat die Vrystaat Cheetahs van die Catsspan afgeskei is. Hy was een van die min oorblywende internasionale-vlak spelers van die amateurera wat destyds aanhou speel het.

Os du RandtRugbyportaal
Bakkies Botha, Os Du Randt en Victor Matfield kan op die foto gesien word.
Volle naamJacobus Petrus du Randt
BynaamOs
Geboortedatum8 September 1972 (1972-09-08) (51 jaar oud)
GeboorteplekElliot, Suid-Afrika
Lengte1,90 m
Massa127 kg
SkoolLaerskool Elliot
Adelaide Gimnasium
EggenoteHannelie
KindersThian, JP
BeroepBoer
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Stut
Springbokno.619
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
'96-'97, 1999
2000
2002–2007
Vrystaat
Blou Bulle
Vrystaat Cheetahs
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
JareKlub / spanWeds(pte)
1997
1998
2000
2004–2005
2006–2007
Vrystaat
Goue Leeus
Bulls
Cats
Sentrale Cheetahs
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
1994–2007Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika80(25)

Vroeë loopbaanwysig

Du Randt is op die Oos-Kaapse dorpie Elliot gebore. Hy het sy bynaam aan sy gespierde liggaamsbou te danke. Hy het in 1994 die eerste keer vir die Springbokke uitgedraf en teen die Argentynse nasionale rugbyspan in die Rugbywêreldbeker 1995 gespeel, wat Suid-Afrika gewen het. Du Randt was in die jare daarna steeds 'n sleutelspeler in die Bokspan en is selfs deur die Rugby World-tydskrif aangewys as die tweede beste loskop van alle tye. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.

In 2000 het hy egter beserings opgedoen wat hom vir byna twee jaar verhoed het om te speel. Hy het op die ou einde in 2002 weer gespeel, maar het aanvanklik gesukkel om sy vorige vorm te herwin. In 2004, nadat hy ten spyte van sy ouderdom sy peil in binnelandse kompetisie herwin het, is du Randt deur die nuwe afrigter Jake White vir die Springbokke gekies. Hy was 'n sleutelspeler in die Bokke se herstel in 2004 toe hulle die Drienasiesreeks gewen het en as die Internasionale Rugbyraad se Wêreldspan van die jaar aangewys is. Saam met die Springbokke het hy tydens die Rugbywêreldbeker 2007 sy tweede titel gewen.

Terugkeerwysig

In 2003 het Du Randt 'n oproep ontvang van die voormalige Springbokflank en spanmaat Rassie Erasmus wat destyds die Vrystaat Cheetahs afgerig het. Daarna het Os in 2004 'n terugkeer na die Springbokke gemaak, onder die nuwe afrigter Jake White. Hy het in 2007 na afloop van die Wêreldbekereindstryd uitgetree. Saam met François Steyn (in 2007 en 2019) is Os du Randt (in 1995 en 2007) net een van twee Springbokrugbyspelers wat die Webb Ellis-beker twee keer kon inpalm.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media