Pierre Kemp

Pierre Kemp (1 Desember 188621 Julie 1967) was 'n Nederlandse digter.

Pierre Kemp
Tekening van Kemp deur Hubert Levigne
Gebore1 Desember 1886
Sterf21 Julie 1967
Beroepskrywer, skilder

Lewensloopwysig

Standbeeld van Pierre Kemp in die stadspark van Maastricht.

Na laerskool was Kemp as skilder (van erdewerk) werksaam by die Société Céramique en daarna tot sy aftrede as administrateur by die steenkoolmyn Laura en Vereeniging te Eygelshoven.

Kemp debuteer as digter met 'n sonnet in 'n uitgawe van De Limburger Koerier van 23 Maart 1910. In 1914 verskyn sy eerste digbundel onder aanmoediging van die Jesuïet J. van Well. Tussen 1915 en 1916 werk hy as leerling-joernalis by De Tijd in Amsterdam, maar word deur heimwee gedryf en keer spoedig terug na Maastricht. In 1918 trou Kemp met Hubertina Catharine Mommers, saam met wie hy drie seuns het.

Kemp het vir dekades lank per trein tussen Maastricht en Eygelshoven gereis op pad na sy werkplek by die Laura-myn. Hy het, gewoonlik onberispelik geklee in 'n donker en stemmige pak, honderde gedigte tydens die kort treinreise geskryf. Vele hiervan is ingesluit in Stabielen en passanten (1934), wat Kemp se "tweede debuutbundel" genoem is vanweë die ligter toon en speelse, beskeie verse daarin, en de Engelse Verfdoos (1956).

'n Besonderse werk verskyn in 1960 toe hy saam met die skilder Willem Hofhuizen Les Folies Maestrichtoises ('n digbundel gebaseer op die koeplette van François Couperin getiteld Les Folies Françaises) ter ere van die 50ste verjaardag van Fernand Lodewick skep. Lodewick was 'n bekende Neerlandikus wat destyds handboeke aan die Nederlandse lycea voorsien het. Dit is gepubliseer deur Willem Veltman. Honderd eksemplare daarvan is gedruk, waarvan die eerste dertig "getooi" is met 'n handtekening van beide kunstenaars en waarvan die gedrukte tekeninge per hand ingekleur is deur Willem Hofhuizen.

Behalwe vir sy digterskap was Pierre Kemp ook 'n verdienstelike skilder. In 1975 en 2010 is uitstallings van sy werk in die Bonnefantenmuseum in Maastricht gehou.

Sy jonger broer Mathias Kemp was ook 'n digter en skrywer.

Pierre Kemp, Eygelshoven en die Laura-myn was die onderwerp van die digter-juris Manuel Kneepkens se begrafnismars uit 1993: "Langs de lange, lange beroete spoorlijn|naar huis..." (in: Au pays du tendre Mosan noir)

Prysewysig

  • 1954 - Poëzieprijs van de gemeente Amsterdam vir sy gedigte
  • 1956 - Constantijn Huygens-prijs vir sy gehele oeuvre
  • 1958 - P.C. Hooft-prijs vir sy gehele oeuvre
  • 1959 - Culturele prijs van Limburg vir sy gehele oeuvre

Bibliografiewysig

  • 1914 - Het wondere lied
  • 1916 - De bruid der onbekende zee en andere gedichten
  • 1925 - Limburgs Sagenboek
  • 1928 - Carmina Matrimonalia
  • 1934 - Stabielen en passanten
  • 1938 - Fugitieven en constanten
  • 1940 - Transitieven en immobielen
  • 1946 - Pacific
  • 1946 - Standard-book of classic blacks
  • 1947 - Phototropen en noctophilen
  • 1949 - Forensen voor Cythère en andere gedichten
  • 1956 - Engelse verfdoos
  • 1958 - Vijf families en één poederblauw
  • 1959 - Emeritaat
  • 1959 - Garden, 36, 22, 36 inches
  • 1960 - Les Folies Maestrichtoises
  • 1961 - De incomplete luisteraar
  • 1961 - Au Pays du Tendre mosan
  • 1962 - Speelgoed-tentoonstelling . Faksimilee uitgawe deur die P.K.-Stichting te Maastricht
  • 1965 - Perzische suite voor Dr. E.F. Tijdens
  • 1976 - Verzameld werk
  • 2017 - Het regent in de trompetten. De mooiste gedichten van Pierre Kemp, samestelling Wiel Kusters en Ingrid Wijk.

Literatuurwysig

Eksterne skakelswysig


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media