Philip K. Dick

Philip Kindred Dick (16 Desember 1928 - 2 Maart 1982) was 'n Amerikaanse skrywer van wetenskapsfiksie.

Philip K. Dick
Gebore
Philip Kindred Dick

(1928-12-16)16 Desember 1928
Sterf2 Maart 1982 (op 53)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepSkrywer
Bekend virUbik
Do Androids Dream of Electric Sheep?
The Man in the High Castle
A Scanner Darkly
Flow My Tears, the Policeman Said
VALIS-trilogie
"Second Variety"
Kinders3
Ouer(s)Dorothy (née Kindred) en Joseph Edgar Dick
Handtekening
Philip K. Dick.

Dick het 44 romans in sy leeftyd gepubliseer asook ongeveer 121 kortverhale.

Gebore in Chicago, Illinois, het hy na Kalifornië toe verhuis om wetenskapfiksie te skryf in die 1950s. Sy stories het aanvanklik min kommersiële sukses behaal.[1]

'n Verskeidenheid gewilde Hollywood-rolprente gebaseer op Dick se werke is later vervaardig, onder andere Blade Runner (1982), Total Recall (twee keer aangepas: in 1990 en in 2012), Minority Report (2002), A Scanner Darkly (2006), en The Adjustment Bureau (2011). Die roman The Man in the High Castle (1962) is in 'n televisiereeks deur Amazon gemaak, wat in 2015 begin het.

Persoonlike lewewysig

Dick was vyf keer getroud, met die volgende vroue:

  • Jeanette Marlin (Mei tot November 1948)
  • Kleo Apostolides (14 Junie 1950 tot 1959)
  • Anne Williams Rubinstein (1 April 1959 tot Oktober 1965)
  • Nancy Hackett (6 Julie 1966 tot 1972)
  • Leslie "Tessa" Busby (18 April 1973 tot 1977)

Dick het drie kinders gehad, Laura Archer Dick (gebore op 25 Februarie 1960 met sy derde vrou, Anne Williams Rubenstein), Isolde Freya Dick (nou Isa Dick Hackett) (gebore op 15 Maart 1967 met sy vierde vrou, Nancy Hackett), en Christopher Kenneth Dick (gebore op 25 Julie 1973 met sy vyfde vrou, Leslie "Tessa" Busby).

Dit blyk dat hy sy derde vrou, Anne Williams Rubinstein mishandel het. Na 'n argument in 1963 het hy probeer om haar van 'n berg af te stoot, en later beweer dat sy hom probeer doodmaak het. Hy het 'n psigiater oortuig om haar onwillekeurig op te neem. Nadat hy in 1964 vir egskeiding ingedien het, verhuis hy na Oakland om by 'n aanhanger, Grania Davis, te gaan woon. Hy het kort daarna probeer selfmoord pleeg deur van die pad af te ry terwyl sy 'n passasier was.[2]

Steftewysig

Op 17 Februarie 1982, nadat hy 'n onderhoud voltooi het, het Dick sy terapeut gekontak, gekla van 'n gebrek aan sig, en hy is aangeraai om onmiddellik na 'n hospitaal te gaan, maar dit nie gedoen nie. Die volgende dag is hy bewusteloos gevind op die vloer van sy huis in Santa Ana, Kalifornië, nadat hy 'n beroerte gehad het. Op 25 Februarie het Dick nog 'n beroerte in die hospitaal gehad, wat tot breindood gelei het. Vyf dae later, op 2 Maart, is hy van lewensondersteuning ontkoppel en is oorlede. Na sy dood het Dick se pa, Joseph, sy seun se as na die Riverside-begraafplaas in Fort Morgan, Colorado geneem, waar hy begrawe is langs sy tweelingsuster Jane, wat as 'n baba gesterf het. Haar grafsteen is 53 jaar tevore gemaak met albei hul name daarop geskryf.[3] Hy is oorlede vier maande voor die uitsaai van die Blade Runner-rolprent.

Verwysingswysig

  1. Liukkonen, Petri. Philip K. Dick. Kuusankoski Public Library.
  2. Arnold, Kyle (2 Mei 2016). The Divine Madness of Philip K. Dick. Oxford University Press. pp. 53–56. ISBN 0190498315. Besoek op 16 Junie 2018.
  3. Sutin, pg.289

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media