Petrogradski-eiland

Petrogradski-eiland (Russies: Петроградский остров, Petrogradski ostrof) is die derde grootste eiland in die delta van die Newarivier in Sint Petersburg, Rusland.[1] Saam met Zajatsji- Aptekarski- en Petrofski-eiland vorm dit die Petrogradskaja-kant (Russies: Петроградская сторона).[2]

Petrogradski-eiland
Inheemse naam: Петроградский остров
Die ligging van Petrogradski-eiland (no. 7 op die kaart)
Die ligging van Petrogradski-eiland (no. 7 op die kaart)
Geografie

LiggingGolf van Finland

Oppervlakte6,35 km2

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
StadSint Petersburg

Bolsjoi-prospekt op Petrogradski-eiland.

Geografiewysig

Petrogradski-eiland lê tussen die Newa en sy sytak die Groot-Nefka. Dit word van die Aptekarski-eiland in die noorde geskei deur die Karpofka-rivier, van Krestofski-eiland in die weste deur die Klein-Nefka, van Petrofski-eiland in die suide deur die Zjdanofka-rivier en van Zajatsji-eiland in die suidooste deur die Kronwerkski-straat. Dit word deur verskeie brûe met dié dele verbind.

Geskiedeniswysig

Kamennoostrofski-prospekt.

Finse en Sweedse plase het ’n groot Russiese nedersetting geword nadat die gebied deur Rusland beset is en het in die 17de eeu aanhou ontwikkel. In 1703 het Pieter die Grote die fondament van die Fort van Petrus en Paulus op die nabygeleë Zajatsji-eiland gelê. In dié tyd het hy naby die huidige Troitskaja-plein gewoon in die suidooste van die eiland, wat toe as Gorodskoi-eiland bekend was. Ná Pieter se dood in 1725 is dit hernoem na Peterboergski-eiland.

Die administratiewe sentrum van Sint Petersburg is in die 1720's na Wasiljefski-eiland verskuif en in die 1730's het die eiland ’n residensiële voorstad geword.[2] Een van die grootste lane, wat uit dié tyd dateer, is die Bolsjoi-prospekt, wat van die noordooste na die Toetsjkof-brug in die suidweste loop. Verskeie regimente was toe op die eiland gehuisves en die pad het hulle almal verbind. Perdekarre het mense in die 1860's op die eiland vervoer, gevolg deur trems in 1908 en trembusse in 1948.[3]

Die ander hoofpad is Kamennoostrofski-prospekt, wat Bolsjoi-prospekt in die noorde kruis en na die huidige Troitski-brug loop. Die laan is in die 18de eeu na Kamenni-eiland gebou. In die 1870's het perdekarre die laan begin gebruik en in 1909 is ’n elektriese tremspoor aangelê. In 1903 is die laan uitgebrei tot by Troitskaja-plein.[4]

Toe Sint Petersburg in 1914 hernoem is na Petrograd, het die eiland sy huidige naam gekry.[2]

Besienswaardighedewysig

Die kruiser Aurora.

Petrogradski-eiland is die administratiewe sentrum van die Petrogradski-distrik en huisves ’n aantal universiteite, navorsingsentrums en kulturele, historiese en ontspanningsgeriewe. Een van die belangrikste bakens is die kruiser Aurora, ’n simbool van die Oktober-rewolusie. Dit is sedert 1956 ’n museum en lê voor anker in die Groot-Nefka.[5]

Op die eiland is ook die Lenfilm-rolprentateljees,[4][6] die Joebileini-sportpaleis,[7]die Sint Peterburgse Planetarium[8]en die Leningrad-dieretuin.[9]

Verwysingswysig

  1. "Petrogradsky Island". The Encyclopaedia of Saint Petersburg. Besoek op 4 Julie 2009.[dooie skakel]
  2. 2,0 2,1 2,2 "Petrogradsky District". The Encyclopaedia of Saint Petersburg. Besoek op 4 Julie 2009.[dooie skakel]
  3. http://www.encspb.ru/en/article.php?kod=2804018341[dooie skakel]
  4. 4,0 4,1 "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2012. Besoek op 25 April 2013.
  5. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2008. Besoek op 25 April 2013.
  6. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2009. Besoek op 25 April 2013.
  7. http://www.yubi.ru/ (Russian)
  8. http://planetary-spb.ru/ (Russian)4 Alexander Park
  9. http://www.spbzoo.ru/section/?id=94 Geargiveer 28 Junie 2009 op Wayback MachineLeningrad-dieretuin

Koördinate: 59°57′45″N 30°18′08″O / 59.96250°N 30.30222°O / 59.96250; 30.30222

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media