Pedro Sánchez

Spaanse politikus

Pedro Sánchez Pérez-Castejón (Spaanse uitspraak: [ˈpeðɾo ˈsaɲʧeθ ˈpeɾeθ kasteˈxon], gebore 29 Februarie 1972 in Madrid) is 'n Spaanse politikus en die regeringspresident (eerste minister)[1] van Spanje sedert 1 Junie 2018.[2]

Pedro Sánchez
Pedro Sánchez
Amptelike portret, 2023

Eerste minister van Spanje
Ampsbekleër
Termynaanvang
2 Junie 2018
ViseCarmen Calvo
MonargFelipe VI
Voorafgegaan deurMariano Rajoy

Sekretaris-generaal van die Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty
Ampsbekleër
Termynaanvang
17 Junie 2017
ViseAdriana Lastra
María Jesús Montero
PresidentCristina Narbona
Voorafgegaan deurKollektiewe leierskap
Ampstermyn
26 Julie 2014 – 1 Oktober 2016
PresidentMicaela Navarro
Voorafgegaan deurAlfredo Pérez Rubalcaba
Opgevolg deurKollektiewe leierskap

Persoonlike besonderhede
GeborePedro Sánchez Pérez-Castejón
29 Februarie 1972 (1972-02-29) (52 jaar oud)
Madrid, Spanje
Politieke partySpaanse Sosialistiese Arbeidersparty
Eggenoot/-noteMaría Begoña Gómez Fernández (t. 2006)
Kind(ers)2
Alma materComplutense-universiteit
Université libre de Bruxelles
Universiteit van Navarra
Camilo José Cela-universiteit
Handtekening

Biografiewysig

Sánchez is in 1972 in die Spaanse hoofstad van Madrid gebore. Sy vader was 'n staatsamptenaar voor dat hy 'n industriële verpakkingsmaatskappy begin het. Sy moeder was ook 'n regeringsamptenaar maar sy het later regte gaan studeer.[3] Sánchez het in 1993 by die Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty (PSOE) aangesluit. In 1995 het hy die Spaanse ekwivalent van 'n baccalaureus graad en 'n meestersgraad aan die Real Centro Universitario Escorial-Maria Christina verwerf.[4] Nadat hy sy graad ontvang het, het hy na New York in die Verenigde State getrek waar hy vir 'n globale konsultasiefirma gewerk het.[5]

In 1998 het Sánchez 'n graad in politiek en ekonomie van die Université libre de Bruxelles ontvang. Hy sou later 'n graad in besigheid leierskap aan die IESE Besigheidskool van die Universiteit van Navarra verwerf voordat hy in 2012 sy doktorsgraad in ekonomie van die Camilo José Cela Universiteit ontvang het.[6]

Politieke loopbaanwysig

Sánchez was 'n onsuksesvolle PSOE-kandidaat vir die Madrid-stadsraad in 2003. Hy het 'n jaar later 'n raadslid geword nadat twee PSOE-raadslede bedank het. Hy is later aan in 2009 as 'n lid van die Spaanse Kongres van Afgevaardigdes ingehuldig. In die 2011-verkiesing het Sánchez sy setel in die Kongres van Afgevaardigdes verloor, maar hy is weer in 2013 as 'n lid ingehuldig na Cristina Narbona se bedanking.[7]

Op 13 Julie 2014 is Sánchez as sekretaris-generaal van die PSOE verkies.[8] Hy is op 26 Julie as die PSOE sekretaris-generaal amptelik aangewys en het toe gevolglik leier van die opposisie geword.

In die nasleep van die 2016 Spaanse algemene verkiesing het Sánchez 'n partystem verloor en as sekretaris-generaal bedank. Hy is toe in die daaropvolgende leierskapverkiesing as sekretaris-generaal herverkies.[9]

Op 1 Junie 2018 het 'n mosie van wantroue in eerste minister Mariano Rajoy se regering geslaag en Sánchez het hom toe as eerste minister opgevolg.[10]

Na twee nasionale verkiesings in 2019 is hy as eerste minister op 7 Januarie 2020 herverkies.[11]

Alhoewel sy party tweede in die 2023-verkiesing gekom het, is Sánchez op 16 November 2023 as eerste minister herverkies nadat hy 'n kontroversiële ooreenkoms met Katalaanse separatistiese partye aangegaan het.[12]

Verwysingswysig

  1. Spanje is 'n koninkryk, maar die eerste minister word regeringspresident genoem.
  2. Alberola, Miquel (1 Junie 2018). "Pedro Sánchez, presidente del Gobierno tras ganar la moción de censura a Rajoy". El País (in Spaans). Madrid. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op 1 Junie 2018.
  3. Hernández, Nuria (22 Maart 2020). "Así es la familia más cercana de Pedro Sánchez". Vanity Fair. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2020. Besoek op 6 Desember 2020.
  4. "El currículum de Pedro Sánchez: una tesis... ¿y tres másteres?". COPE. 14 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2023. Besoek op 6 Desember 2020.
  5. Iglesias, Leyre (28 Februarie 2016). "Cuando Pedro Sánchez 'negoció' con un criminal de guerra". El Mundo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2020. Besoek op 6 Desember 2020.
  6. "Pedro Sánchez Pérez-Castejón". www.lamoncloa.gob.es (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2021. Besoek op 18 November 2023.
  7. Jones, Sam (1 Junie 2018). Pedro Sánchez: from economics professor to Spain's prime minister (Engels). The Guardian. URL besoek op 17 Desember 2023.
  8. Pedro Sánchez Castejón wins Socialist leadership race in first open vote (Engels). URL besoek op 17 Desember 2023.
  9. Spanish Socialists re-elect Pedro Sánchez to lead party (Engels). The Guardian (22 Mei 2017). URL besoek op 17 Desember 2023.
  10. Pedro Sanchez sworn in as Spain’s new prime minister (Engels). Al Jazeera (2 Julie 2018). URL besoek op 17 Desember 2023.
  11. Spain's Sánchez narrowly wins vote to govern in coalition (Engels). BBC News (7 Januarie 2020). URL besoek op 17 Desember 2023.
  12. Socialist leader Pedro Sánchez wins new term as Spanish PM following election gamble – as it happened

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.


Politieke poste
Voorafgegaan deur
Alfredo Pérez Rubalcaba
Leier van die opposisie
2014–2016
Pos vakant
Pos vakantLeier van die opposisie
2017–2018
Opgevolg deur
Mariano Rajoy
Voorafgegaan deur
Mariano Rajoy
Eerste minister van Spanje
2018–hede
Sittend
Party-politieke poste
Voorafgegaan deur
Alfredo Pérez Rubalcaba
Sekretaris-generaal van die
Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty

2014–2016
Toesighoudende komitee
Toesighoudende komiteeSekretaris-generaal van die
Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty

2017–hede
Sittend
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media