Paweł Kowalski

Paweł Kowalski (6 Julie 1965, Łódź) is 'n Poolse pianis.

Musikale opvoedingwysig

Kowalski ontvang sy musikale opleiding aan die vologende instellings:

Artistieke aktiwiteitewysig

Kowalski was die eerste pianis na Krystian Zimerman om Witold Lutosławski se klavierconcerto op 13 April 1989 in Warskou onder leiding van die komponis op te voer [1].

Hy het konserte in onder meer Europa, die Verenigde State, Kanada en Suid-Amerika gegee in venues soos die Salle Pleyel-saal in Parys, die Schauspielhaus in Berlyn, die Konservatorium in Brussel, die RadioKulturhaus in Wene, die Tonhalle in Zürich, en die Estiese Konsertsaal in Tallinn. Hy het ook sy verskyning gemaak tydens musiekfeeste soos Europalia, Klavierfees Ruhr, Carinthischer Sommer, Concentus Moravie, Musikfestwochen Meiringen, Musikwoche Braunwald, Bachtage Potsdam, Chopin-feeste in Duszniki, Antonin, Mariańskie Łaźnia i Gaming, die "Warskouse Herfsfees, die musiekfees in Łańcut, die "Silesian Quartet and His Guests" en die Mozart-fees in Warskou.

Pawel het saam met die Sinfonia Varsovia, gedirigeer deur Yehudi Menuhin, opgetree ter geleentheid van die orkes se 10de bestaansjaar (1994). Hy het ook saam met radio-orkeste in Berlyn, Oslo en Zagreb opgetree, asook saam met verskeie filharmoniese orkeste regdeur Europa. Hy het opnames vir verskeie radiostasies gemaak en CD's opgeneem, met werke deur Beethoven, Brahms, Chopin (sy 1ste en 2de Klavierconcertos, soos opgevoer deur die orkes van die Chopin-akademie onder leiding van Tadeusz Wojciechowski) en Juliusz Zarębski.

In 2004 was hy die solis tydens 'n opvoering van Wojciech Kilar se Klavierconcerto saam met die Poolse Nasionale Radio-simfonieorkes as deel van die projek "Trein na Kilar se Musiek". By geleentheid van die uitbreiding van die Europese Unie is Paweł Kowalski deur die Franse weekblad Courrier International gelys as een van die vier interessantste Poolse persoonlikhede[2].

In 2005 was hy lid van die beoordelingspaneel tydens die Internasionale Chopin-klavierkompetisie in Bratislawa.

Pawel het van 2005 tot 2008 opgetree saam met die Orquesta Sinfonica de Chile in Santiago, en die Poolse Nasionale Radio-simfonieorkes.

In 2017 ontvang hy die Gloria Artis Silwer Medalje vir Kulturele Verdienstelikheid[3].

Verwysingswysig

  1. "nuus". www.polmic.pl. Besoek op 11 Maart 2019.
  2. Courrier International 704/29.04.-5.05.2004
  3. "Medalje vir kulturele verdienstelikheid - Gloria Artis". www.mkidn.gov.pl. Besoek op 21 Junie 2020.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media