Paul van Griekeland

Paul (Grieks: Παῦλος, Βασιλεὺς τῶν Ἑλλήνων, Pávlos, Vasiléfs ton Ellínon; 14 Desember 1901 – 6 Maart 1964) was van 1947 tot 1964 koning van Griekeland.

Paul
Koning van die Hellene

Periode1 April 19476 Maart 1964
VoorgangerGeorge II
OpvolgerKonstantyn II
HuisSleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
VrouPrinses Frederika van Hannover
KindersSofia, koningin van Spanje
Konstantyn II van Griekeland
prinses Irene
VaderKonstantyn I
MoederPrinses Sophia van Pruise
Gebore14 Desember 1901, Athene
Oorlede6 Maart 1964, Athene
Kroonprins Paul en sy vrou, Frederika, in 1939.

Paul is op 14 Desember 1901 in Athene gebore as die derde oudste seun van Konstantyn I van Griekeland en prinses Sophia van Pruise. Hy was ’n agterkleinseun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en ’n kleinseun van koning George I van Griekeland, die Deense prins van Glücksburg wat in 1863 as koning van Griekeland gekies is.

Op 9 Januarie 1938 is Paul in Athene getroud met prinses Frederika van Hannover. Hulle het drie kinders gehad:

Van 1917 tot 1920 het Paul in bannelingskap saam met sy pa, Konstantyn I, gewoon. Van 1923 tot 1935 en van 1941 tot 1946 was hy weer ’n banneling, dié keer saam met sy broer, George II.

Bewindwysig

Paul het in 1946 na Griekeland teruggekeer en in 1947 koning geword ná die dood van George, wat nie kinders gehad het nie. In 1947 kon hy nie die huwelik van sy neef, Prins Philip, Hertog van Edinburg, met die toekomstige koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk bywoon nie omdat hy ingewandskoors gehad het.[1]

Teen 1949 was die burgeroorlog in Griekeland feitlik oor en het die ekonomie begin herstel. Diplomatieke en handelsbande het ook verbeter danksy Paul se staatsbesoeke oorsee. Hy was die eerste Griekse monarg wat ’n Turkse staatshoof besoek het.

Republikeinse gevoelens in Griekeland het egter al hoe sterker geword. Paul en Frederika is albei gekritiseer omdat hulle in die politiek ingemeng het[2] asook vir hul gereelde oorsese besoeke en die koste om die koningsgesin te onderhou.

Ná operasies in 1959 en 1963 is hy in Februarie 1964 weer geopereer, dié keer vir maagkanker, en hy is sowat ’n week later in Athene oorlede.[3] Hy is opgevolg deur sy seun, Konstantyn II.

Verwysingswysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Paul of Greece
  1. Van der Kiste, John (1994). Kings of the Hellenes. Stroud, Gloucestershire: Alan Sutton Publishing. ISBN 0-7509-0525-5 p.177
  2. Woodhouse, C.M. Modern Greece: A Short History, Mackays of Chatham, Kent 1998, p.283, Clogg, Richard: A Concise History of Greece, Cambridge University Press, 1992, p.153
  3. Van der Kiste, p.183-184
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media