Paul Revere

Amerikaanse patriot en ambagsman

Paul Revere (1 Januarie 173510 Mei 1818) was 'n Amerikaanse patriot en ambagsman. Hy is in Boston gebore as 'n afstammeling van 'n Hugenoot-familie. Hy bekwaam homself as 'n silwersmid en leer op 30 hoe om koperplate te graveer. Hy het ook spotprente geteken. Sy werk het hom in kontak gebring met ander patriotte soos Joseph Warren, John Hancock en Samuel Adams.

Paul Revere
Portret van Paul Revere, geskilder deur John Singleton Copley.
Gebore1 Januarie 1735
Sterf10 Mei 1818 (op 83)
Boston, Massachusetts, VSA
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepSilwersmid en kunstenaar
EggenootSarah Orne (1757–1773) (haar dood)
Rachel Walker (1773–1813) (haar dood)
Kinders8 by Sarah Orne (6 oorleef)
8 by Rachel Walker (5 oorleef)
Handtekening

Hy neem deel aan die Boston Teeparty van 1773 en ry met sy perd na New York om hulle in te lig oor die verwikkelinge. Hy het verskeie sulke perderitte onderneem. Die belangrikste tog was op 18 April 1775 na Lexington om die Amerikaners daar te waarsku teen die Britse aanval teen hulle. Vanaf Lexington word hy vergesel deur William Dawes en Samuel Prescott na Concord. Hulle word deur 'n Britse verkenningsmag voorgekeer en gevange geneem, net om 'n rukkie later weer vrygelaat te word. Hy bereik Lexington te voet op sy terugtog. Daarna breek die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog uit.

Daarna het hy gehelp om die eerste banknote vir die regering te ontwerp asook die eerste seël van die kolonies. Hy leer hoe om buskruit te maak in Philadelphia. Hy word aangestel as 'n majoor in Massachusetts se Militêre mag en gedurende 1778 en 1779 was hy in bevel van Castle William in Boston se hawe. In 1779 was hy deel van die mislukte Penobscot ekspedisie.

Hy bedink 'n proses om koperplate uit te rol en verskaf die produk daarna vir gebruik as stoomketels vir skepe.

Bronwysig

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 25.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media