Patrick Macnee

Daniel Patrick Macnee (* 6 Februarie 1922, † 25 Junie 2015), algemeen bekend onder sy verhoognaam Patrick Macnee, was 'n Brits-Amerikaanse akteur wat veral bekendheid verwerf het as geheime agent en gentleman John Steed in die Britse televisiereekse The Avengers en The New Avengers - 'n rol wat hy naas Diana Rigg as sy vroulike vennoot Mrs Peel vertolk het. In 1982 het Macnee Amerikaanse burgerskap aanvaar.

Patrick Macnee
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Patrick Macnee in Mei 1975 in 'n aflewering van Columbo

GeboortenaamDaniel Patrick Macnee
Geboorte6 Februarie 1922
Paddington, Londen, Engeland
Sterfte25 Junie 2015
Rancho Mirage, Kalifornië, VSA
NasionaliteitBrits, vanaf 1982 Amerikaans
Beroep(e)Akteur
Webwerfwww.patrickmacnee.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Biografiewysig

Vroeë lewewysig

Patrick Macnee was die eerste van twee seuns wat vir Daniel Macnee (1877-1952) en Dorothea May Hastings (1896-1984) gebore is. Sy pa, met wie hy steeds 'n goeie verhouding gehad het, het gedurende die Eerste Wêreldoorlog as offisier in die Yorkshire Dragoons-regiment gedien en was later as perdafrigter in Lambourn in die graafskap Berkshire werksaam. Hy het bekendgestaan vir sy perfekte en elegante klerestyl. Veral in sy paraderol as John Steed sou Patrick later dieselfde aanvoeling vir styl toon. Vanweë sy klein statuur het Daniel Macnee die bynaam Shrimp verkry.[1] Macnee se jonger broer James, genoem Jimmy, is vyf jaar later gebore.[2]

Die Macnees was welvarend en van adellike afkoms, maar as gesin nogtans in sekere opsigte disfunksioneel. So is Patrick vanaf die ouderdom van vyf vir die grootste deel van sy kinderjare na kleuter- en kosskole gestuur. Aanvanklik het 'n kleuterskool in Minehead, Somerset 'n tuiste vir hom voorsien, later het hy vier jaar lank by Summer Fields-voorbereidingskool in Banbury skoolgegaan.

Sy ouers is geskei nadat sy ma haar seksuele identiteit as lesbiese vrou bekendgemaak en met haar vroulike lewensmaat Evelyn Spottiswood begin saamleef het. Daniel Macnee het hom later tydelik in Indië gevestig, terwyl Patrick in 'n lesbiese ouerhuis grootgemaak is. Na Spottiswood, wat danksy haar inkomste uit die Dewar's-whiskydistilleerdery finansieel onafhanklik was en die skoolgeld vir haar stiefseun betaal het, het Patrick in sy outobiografie as "Oom Evelyn" verwys.

Patrick het by die Summer Fields-skool in Summertown, 'n voorstad van Oxford, en - vanaf die ouderdom van twaalf - by die befaamde Eton-kollege skoolgegaan waar hy 'n lid van die Officer Training Corps en 'n erewagter in die St George's-kapel vir koning George V was wat in Januarie 1936 oorlede is. Later is Macnee uit die kollege verban nadat hy pornografiese werke aan sy medestudente verkoop en as beroepswedder vir hulle opgetree het.[3]

Lambourn - perdeparadys: jokkies laat hul wedrenperde voluit galop net buite die dorp
Britse torpedobote keer ná 'n patrollie terug na hul tuishawe

Sy skooljare in Summer Fields en Eton het by Patrick Macnee 'n intense belangstelling vir toneelkuns gewek, aanvanklik danksy die invloed van Summer Fields se skoolhoof, mnr Allington. As agtjarige skoolseun het Macnee in 'n volledige en onverkorte opvoering van William Shakespeare se Henry V opgetree. Patrick, wat die hoofrol in dié Summer Fields-toneelproduksie vertolk het, het per geleentheid teenoor 'n medeleerder gespeel wat dieselfde aanleg vir toneelkuns getoon het en later selfs 'n rolprentster sou word - Christopher Lee, wat die Dauphin vertolk en sy teks in 'n mengsel van Engels en Frans voorgedra het. Drie dekades later sou die twee akteurs weer teenoor mekaar speel in twee aflewerings van die Avengers-reeks - Never, Never Say Die en The Interrogators.[4]

Ná sy verbanning uit Eton het Macnee vanaf Julie 1939 saam met sy pa 'n tyd lank wedrenperde in Lambourn afgerig. Met dreigende oorlogswolke in die lug het die Macnees in hul 1928-Chrysler-tweesitplekker deur Suid-Engeland getoer en besoeke aan perdewedrenbane gebring.

Macnee het vervolgens 'n opleiding in toneelkuns by die Webber Douglas Academy of Dramatic Art in Londen gevolg nadat 'n studiebeurs aan hom toegeken is, maar kort voordat hy sy eerste leidende rol naas Vivien Leigh in 'n West End-teater sou vertolk, is hy vir diensplig in die Britse weermag opgeroep. In Oktober 1942 het hy as gewone seeman by die Britse Vloot aangesluit. In Junie 1943 is hy bevorder tot onderluitenant en het vervolgens as navigator op torpedobote, sogenaamde Motor Torpedo Boats (MTB), in die Engelse Kanaal en die Noordsee gedien.

Kort voor die geallieerde landing in Normandië het hy op 'n tweede MTB die rang van eerste luitenant bereik, maar kon nie aan militêre aksie deelneem nie nadat hy brongitis opgedoen het. Terwyl Macnee in 'n hospitaal herstel het, het die bemanning van sy boot in gevegte gesneuwel. Twee van die bemanningslede is met die Verenigde Koninkryk se Medalje vir Voortreflike Diens bekroon. Macnee het die Vloot in 1946 as luitenant verlaat.

Macnee het sy vaardighede as akteur daarna verder geslyp in Kanada, maar het in dié tyd ook sy verskyning gemaak in Britse rolprente soos Pygmalion (1938), The Life and Death of Colonel Blimp (1943) en Laurence Olivier se Hamlet, asook in Britse televisiedramas wat vir die BBC vervaardig en regstreeks uit die ateljee uitgesaai is, alhoewel sy naam nog nie in die eindkrediete genoem is nie. Eers daarna het hy rolle vertolk wat noemenswaardig genoeg was, so in Scrooge (Amerikaanse titel: A Christmas Carol, 1951) waarin hy die rol van die jong Jacob Marley vertolk het, die Gene Kelly-film Les Girls (1957) waarin hy die karakter van 'n Old Bailey-advokaat vertolk het, en in die oorlogsrolprent The Battle of the River Plate. Naas dié rolprente, waarin hy per geleentheid gespeel het, het hy gedurende die 1950's hoofsaaklik tientalle kleiner verhoog- en televisierolle in die Verenigde State en Kanada vertolk. Onvermoeibaar het hy tussen dié twee lande en die Verenigde Koninkryk gependel, maar dit was in Kanada waar hy baanbrekerswerk by die vestiging van CBC/Radio-Canada se televisiediens gedoen het.[5]

Kort voordat hy sy bekendste rol sou speel wat internasionale bekendheid aan hom besorg het - dié van John Steed in The Avengers - het Macnee sy akteursloopbaan tydelik gestaak om saam met ander vervaardigers Winston Churchill se oorlogsherinneringe in 'n dokumentêre reeks te verfilm. The Valiant Years, wat in Londen vervaardig is, word steeds as 'n klassieke dokumentêr beskou.

The Avengerswysig

Terwyl hy in Londen besig was met die vervaardiging van die Churchill-reeks, het Macnee die aanbod gekry om die manlike hoofrol in die televisiereeks The Avengers te vertolk wat tussen 1961 en 1969 gebeeldsaai is. Dié rol is oorspronklik deur Ian Hendry vertolk wat die reeks egter reeds ná die eerste seisoen verlaat het. Met The Avengers, sy grootste sukses ooit in sy akteursloopbaan, het Macnee internasionale bekendheid verwerf.

As geheime agent John Steed het Macnee in The Avengers teenoor glansryke aktrises soos Honor Blackman, Diana Rigg en Linda Thorson gespeel wat die vroulike hoofrolle van Cathy Gale, Emma Peel en Tara King vertolk het.

Verwysingswysig

  1. Richard McGinlay and Alan Hayes: With Umbrella, Scotch and Cigarettes. An Unauthorised Guide to the Avengers Series 1. Electronic edition. Hidden Tiger Books 2014, pos. 1106
  2. Patrick Macnee en Marie Cameron: Blind in One Ear: The Avenger Returns. San Francisco: Mercury House 1989
  3. Doodsberig in The Telegraph, 26 Junie 2015
  4. McGinlay/Hayes (2014), pos. 1102
  5. www.patrickmacnee.com: Biography
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media