Patricia Lewis

Patricia Lewis (gebore 22 September 1967) is 'n bekende Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, aktrise en sangeres met haar kenmerkende lang blonde hare. Haar eerste album, "Don't tempt me" is in 1992 uitgereik. Sy het ook verskeie TV-programme soos Toyota Top 20, Blonde Ambisie en Supersterre aangebied.

Patricia Lewis
Agtergrondinligting
Gebore22 September 1967
Gauteng
Beroep(e)Aktrise en sangeres
Webwerfhttp://www.patricialewis.co.za/

Biografiewysig

Patricia is in Gauteng gebore waar sy aan Hoërskool Mondeor matrikuleer. Sy is in Mei 2003 met Mark Whitfield getroud. Hulle het een seun. Sy is in 2009 met kanker gediagnoseer.[1]

Musiekwysig

Lewis se debuutalbum, Don't Tempt Me, is in 1992 vrygestel. "Ek Is Lief Vir Jou", het verkope van 125 000 behaal. "Wie Sou Jou Kon Liefhê Soos Ek" het goue status bereik op die dag toe dit vrygestel is. Lewis het duette opgevoer met talle plaaslike en internasionale bekendes, waaronder David Hasselhoff, Kurt Darren, Bles Bridges en Jim Reeves.

Film en televisiewysig

Na 'n loopbaan as model, speel Lewis in verskeie televisieprogramme, sowel as in 'n internasionale film saam met Oliver Reed. Lewis is die skepper van die realiteitsangkompetisie Supersterre , waarvan die derde seisoen in 2010 uitgesaai is. Sy het uit die openbare lewe getree nadat kanker by haar gediagnoseer is in 2009. Na vier jaar keer Lewis terug na die televisie as deelnemer aan die bekende uitgawe van MasterChef South Africa vroeg in 2015. Later is sy 'n deelnemer aan die derde seisoen van Strictly Come Dancing in 2007. Patricia is 'n gas op die vyfde seisoen van KykNET se Republiek van Zoid Afrika.[2] [3][4]

Diskografiewysig

  • Net Soos In Drome, 2008 VAT VYF/BMG (hervrygestel, sluit duette saam met David Hasselhoff in)
  • Net Soos In Drome, 2008 BMG
  • 10 Goue Jare: Die Grootste Treffers, 2006 VAT VYF
  • Die DVD: 21 Grootste Treffers, 2004 VAT VYF/SONY BMG
  • Spesiale Dubbele Uitgawe, CD 1: Sings Olivia Newton John / CD 2: n Nuwe Lewe CD, 2004 VAT VYF
  • ´n Nuwe Lewe
  • Sings Olivia Newton John, 2002 SONY BMG
  • Vir Ewig En Altyd (spesiale uitgawe), VAT VYF
  • Vir Ewig En Altyd, 2000 VAT VYF
  • Jy's Die Een, 1999 VAT VYF
  • Duet, saam met Jurie Els, 1998 VAT VYF
  • Wie Sou Jou Kon Liefhê Soos Ek?, 1998 VAT VYF
  • Ek Is Lief Vir Jou, 1998 BSP
  • Don't Tempt Me, GALLO

Verwysingswysig

  1. Who's Who SA Geargiveer 20 Februarie 2010 op Wayback Machine, besoek op 22 Maart 2010.
  2. "The Hoff helps Patricia with her hassle". channel24. 16 Julie 2009. Besoek op 18 Januarie 2016.
  3. "24 Facts: Patricia Lewis". channel24. 5 Mei 2010. Besoek op 18 Januarie 2016.
  4. "Patricia Lewis Bio". TVSA. Besoek op 5 Junie 2016.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media