Patriarg Aleksi I van Moskou

Aleksi I (Russies: Алексий I; 8 November [O.S. 27 Oktober] 1877 – 17 April 1970) was tussen 1945 en 1970 die 13de Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland.

Patriarg Aleksi I
KerkRussies-Ortodokse Kerk
SetelMoskou
Termyn4 Februarie 194517 April 1970
RussiesАлексий I
Kerkampte
Monnik3 Januarie 1904
Biskop11 Mei 1913
VoorgangerPatriarg Sergius
OpvolgerPatriarg Pimen
Persoonlike besonderhede
Geboortenaam  Sergei Wladimirowitsj Simanski
(Сергей Владимирович Симанский)
Gebore8 November [O.S. 27 Oktober] 1877
GeboorteplekMoskou, Russiese Keiserryk
Oorlede17 April 1970 (op 92)
SterfteplekPeredelkino, Sowjetunie
NasionaliteitRussies
Portaal  Portaalicoon  Rusland

Vroeë lewewysig

Hy is as Sergei Wladimirowitsj Simanski (Сергей Владимирович Симанский) in ’n adellike gesin in Moskou gebore. In 1899 het hy aan die Moskouse Keiserlike Universiteit ’n graad in die regte behaal. Na diensplig in die Russiese weermag het hy in 1902 aan die Moskouse Teologiese Akademie studeer en in 1906 is hy aangestel as rektor van die kweekskool in Toela.

Na die Russiese Rewolusie van 1917 is hy verskeie kere in hegtenis geneem en in 1922 is hy na Kazachstan verban. In 1926 het hy na Sint Petersburg (toe Leningrad) teruggekeer en is hy aangestel as aartsbiskop van die Choetin-klooster, dus vicaris van die bisdom van Nowgorod. In 1933 het hy vir ’n paar maande waargeneem as aartsbiskop van Nowgorod, en toe van Leningrad.

Op 4 September 1943 was Aleksi saam met patriarg Segius toe hy Josef Stalin in die Moskouse Kremlin ontmoet het en die Sowjet-leier toegewings aan die Kerk beloof het in ruil vir hul steun, soos die toestemming om ’n nuwe patriarg te kies, die vrylating van kerklui en die teruggee van sekere kerkeiendom. Op 4 Februarie 1945 het Sergius patriarg geword.

Patriargaatwysig

Aleksi se ondersteuners het hom geloof omdat hy hard gewerk het vir die voortbestaan van die Christendom in die Sowjetunie, terwyl teenstanders hom beskuldig het van samewerking met die Sowjet-owerhede.

Aleksi is op 17 April 1970 op 92-jarige ouderdom aan ’n hartaanval dood en is in die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei buite Moskou begrawe.

Verwysingswysig

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media