Pasta

Pasta is ’n tradisionele Italiaanse stapelvoedsel.[1] Die eerste verwysing daarna kom in 1154 in Sisilië voor.[2]

Pasta
Tuisgemaakte pastanoedels.
Tuisgemaakte pastanoedels.
Soort geregStapelbestanddeel vir baie kossoorte
LandVlag van Italië Italië
HoofbestanddeelDurumkoringmeel
Ander bestanddeleAllerlei
Pasta met eiervrug en tamaties.

Dit is ’n noedel wat van ongegiste deeg van durumkoringmeel, gemeng met water of eiers, gemaak en in verskillende vorms vervaardig word. Dit word gekook of gebak. Meel van ander soorte graan kan ook gebruik word. Pastas kan breedweg in twee soorte verdeel word: gedroog (pasta secca) en vars (pasta fresca).

Die meeste droë pastas word vervaardig deur middel van ’n persingsproses, maar dit kan ook tuis gemaak word. Vars pasta is tradisioneel met die hand gemaak, soms met behulp van ’n eenvoudige masjien,[3] maar vandag word baie soorte vars pasta ook kommersieel met groot masjiene vervaardig en is dit algemeen in veral spesialiteitswinkels te kry.

Beide droë en vars pasta is in ’n verskeidenheid soorte en vorms verkrygbaar; 310 spesifieke vorms is bekend en meer as 1 300 name is al opgeteken.[4] In Italië wissel die naam van spesifieke vorms pasta dikwels van plek tot plek. Die vorm cavatelli is byvoorbeeld onder 28 verskillende name bekend, na gelang van die streek of dorp. Algemene soorte pasta sluit in plat, lang, dun of buisvorms.[5] Droë én vars pasta word in Italiaanse kookkuns in drie kategorieë geregte gebruik: Pasta asciutta is ’n gekookte pasta wat met ’n sous of smaakmiddel voorgesit word; in pasta in brodo is die pasta deel van ’n soort sopgereg; en in pasta al forno is die pasta in ’n gereg wat gebak word.[6]

Pasta is gewoonlik ’n eenvoudige gereg, maar daar is baie verskillende soorte vanweë die veelsydigheid daarvan. Sommige pastageregte word in klein, eenvoudige porsies as ’n eerste gang voorgesit. Pasta word ook in ligte middagetes gebruik, soos in slaaie, of groot porsies vir aandete. Dit kan warm of koud voorgesit word. Pastasouse wissel in smaak, kleur en tekstuur. Wanneer ’n soort pasta en sous gekies word om saam voor te sit, is daar gewoonlik algemene reëls wat geld. Eenvoudige souse soos pesto is ideaal vir lang, dun vorms, terwyl tamatiesous goed saam met dikker pastas gaan. Dikker souse klou ook makliker aan die gate en groefies van buisvormige of gedraaide pastas. Die ekstra sous wat ná die ete op die bord agterbly, word dikwels met ’n stuk brood opgevee.[7] Pasta bestaan hoofsaaklik uit stysel, met klein hoeveelhede proteïen en mangaan.

Etimologiewysig

Die woord "pasta" kom uit Italiaans, en die Italiaanse woord kom van die Latynse woord pasta, "deeg", wat op sy beurt kom van die Griekse παστά pasta, "gortpap".

Geskiedeniswysig

Die maak van pasta in 'n illustrasie uit die 15de-eeuse uitgawe van Tacuinum Sanitatis, 'n Latynse vertaling van die Arabiese werk Taqwīm al-sihha deur Ibn Butlan.[8]

Die eerste konkrete inligting oor pastaprodukte in Italië dateer van die 13de tot 14de eeu.[9] In die geskrifte van die 1ste-eeuse Romeinse digter Horatius was lagana (enkelvoud: laganum) dun velle gebraaide deeg[10] en is dit algemeen geëet.[11] In die 2de eeu het Atenaeus 'n resep verskaf vir lagana: velle deeg gemaak van meelblom en die sap van gekneusde blaarslaai. Dit is daarna met speserye gegeur en in diepvet gebraai.[11]

'n Kookboek uit die vroeë 5de eeu beskryf 'n gereg met die naam lagana wat bestaan het uit lae deeg met 'n vleisvulsel, 'n voorloper van moderne lasagne.[11] Die kookmetode van die velle deeg stem egter nie ooreen met die moderne definisie van óf 'n vars óf 'n droë pastaproduk nie. Die basiese bestanddele en dalk die vorm was wel dieselfde.[11]

Volgens historici was daar enkele gevalle waar 'n pastaproduk genoem is, veral die geregte itrion, wat in die 2de eeu in Griekeland genoem is, en itrium in die Jerusalemse Talmoed, 'n soort gekookte deeg[12] wat van die 3de tot 5de eeu algemeen in die Romeinse Palestina was.[13]

Seun met spaghetti, deur Julius Moser (omstreeks 1808).

Uit Noord-Afrika kom couscous, 'n gereg soortgelyk aan pasta. Dit is egter eerder klein bolletjies deeg.

Daar is 'n legende van Marco Polo wat pasta uit China ingevoer het.[14] Dit het in die Amerikaanse Macaroni Journal ontstaan wat deur 'n vereniging kosnywerhede geplubliseer is met die doel om pasta in die VSA te bevorder.[15] Volgens Jeffrey Steingarten het die 20ste-eeuse Engelse kosskrywer Jane Grigson geglo die storie van Marco Polo het in die 1920's of 1930's ontstaan in 'n advertensie vir 'n Kanadese spaghettimaatskappy.[16]

Koshistorici glo die gereg het in Italië gewild geraak danksy uitgebreide Mediterreense handel in die Middeleeue. Van die 13de eeu af het verwysings na pastageregte (macaroni, ravioli, gnocchi, vermicelli) al hoe meer op die Italiaanse Skiereiland voorgekom.[17]

In die 14de en 15de eeu het gedroogde pasta gewild geraak omdat dit maklik geberg kon word. Mense kon pasta nou op skepe berg wanneer hulle die Nuwe Wêreld verken het.[18] 'n Eeu later is pasta oor die wêreld heen geëet in die tyd van ontdekkingsreise.[19]

Hoewel tamaties in die 16de eeu in Italië bekend gestel en in die 17de eeu in Italiaanse kos begin gebruik is, kom die beskrywing van die eerste Italiaanse tamatiesouse uit die laat 18de eeu: Die eerste geskrewe rekord van pasta met tamatiesous kom voor in die kookboek van 1790 L'Apicio Moderno deur die Roomse sjef Francesco Leonardi.[20] Voordat tamatiesous bekend geraak het, is pasta droog met die vingers geëet; vloeibare souse het die gebruik van 'n vurk noodaaklik gemaak.[18]

Geskiedenis van vervaardigingwysig

Aan die begin van die 17de eeu het Napels primitiewe masjene gehad vir die maak van pasta. Later is die kniemasjien en pers ontdek, en dit het die vervaardiging van pasta kostedoeltreffend gemaak.[21]

In 1740 is 'n lisensie vir die eerste pastafabriek in Venesië uitgereik.[21] In 1859 het Joseph Topits Hongarye se eerste pastafabriek in die stad Pest opgerig. Dit het met stoomenjins gewerk. Dit was een van die eerste pastafabrieke in Sentraal-Europa.[22]

In die vroeë 1900's het kunsmatige droog- en persprosesse ontstaan wat 'n groter verskeidenheid pastas en groter volumes vir uitvoer tot gevolg gehad het. Dit het 'n tydperk begin wat bekend is as "Die Nywerheid van Pasta".[21][23]

In moderne tyewysig

Die idee om tamatiesous saam met pasta te eet was revolusionêr, aangesien dit aanvanklik alleen geniet is. Die verbruik van pasta het mettertyd verander; dit was aanvanklik ’n klein, eenvoudige item, maar dit word nou dikwels in veel groter porsies geëet as deel van komplekse, gesofistikeerde geregte. Faktore soos die lae prys en maklike kookmetodes dra by tot die toenemende gewildheid van hierdie stapelvoedsel.[24]

Verskillende soorte pasta in ’n winkelvenster in Venesië, Italië.

Die kuns om pasta te maak en die toegewydheid aan die voedselsoort het aansienlik verander sedert pasta die eerste keer gemaak is. “Daar word geraam Italianers eet 27 kg pasta per persoon per jaar, veel meer as byvoorbeeld die Amerikaners se 9,1 kg per persoon.”[25] Italianers is so lief vir pasta dat die verbruik groter is as die gemiddelde verbouing van graan in die land; Italië voer dus gereeld graan in om pasta te maak. In die hedendaagse gemeenskap is pasta veelsydig en ’n verskeidenheid soorte word in supermarkte aangetref. Vanweë die wêreldwye aanvraag daarna word pasta hoofsaaklik in groot maat vervaardig, met net ’n klein hoeveelheid wat met die hand gemaak word.

Pasta was oorspronklik net deel van die Italiaanse en Europese kookkuns. Intussen het dit oor internasionale grense versprei en dit word nou wêreldwyd geëet. Vanweë die immigrasie van Italianers na Suid-Afrika het spaghetti met frikkadelle en macaroni-en-kaas deel geword van die Suid-Afrikaanse kookkuns.[26] Net so is pasta deesdae deel van die stapelvoedsel van Kanada en Noord-Amerika vanweë die immigrasie van Italianers na dié lande aan die begin van die 20ste eeu.

Bestanddelewysig

Pasta is van die vroegste tye af in die noorde van Italië van koringmeel gemaak[4] en in die suide hoofsaaklik van durum. In sommige streke is ander soorte meel ook gebruik, soos gort, bokwiet, rys en mielies.

Om voorsiening te maak vir mense met allergieë en glutenonverdraagsaamheid[27] word rys en mielies weer dikwels gebruik vir die maak van pasta. Meel kan ook met gekookte aartappels vervang word.[28][29] Ander byvoegings tot die basiese mengsel van meel en vloeistof kan insluit groentepurees soos van tamaties of spinasie, sampioene, kaas, kruie of ander smaakmiddels. Hoewel pasta gewoonlik van ongegiste meel gemaak word, word gis vir die maak van minstens nege pastavorms gebruik.[4]

Bymiddels kan ook in droë pastas gebruik word, insluitende vitamiene en minerale wat verlore gaan wanneer die durum gemaal word. Vitamiene sluit in niasien (vitamien B3), riboflavien (B2), foliensuur (B9) en tiamien (B1). Yster word ook bygevoeg.[30]

Tuisgemaakte pastawysig

’n Pastamasjien.

Die basiese bestanddele is meel, eiers, sout en water. Die meel word eers op ’n hoop op ’n plat oppervlak geplaas. Daarna word ’n holte in die meel gemaak waarin die eiers gegooi word. Die meel en eiers word dan met ’n vurk gemeng.[31] Daar is verskillende maniere waarop die deeg gevorm kan word na gelang van die soort pasta wat gemaak word. Die gewildste soorte sluit in penne, spaghetti en macaroni.[32]

Pastamasjiene wat in die kombuis gebruik kan word, word ook verkoop vir die maak van vars pasta. Die velle deeg word met die hand in die masjien geplaas en deur die handvatsel te draai, word die pasta deur die masjien gevoer om die pastanoedels te vorm.

Fabriekvervaardigde pastawysig

Die bestanddele vir fabriekvervaardigde pasta sluit gewoonlik water en semolina in; soms word eiers vir kleur en smaak bygevoeg en soms groentesap soos van spinasie, beet, tamatie en wortels. Nadat die semolina met warm water gemeng is, word die deeg meganies geknie totdat dit ferm en droog is. As die pasta gegeur word, word die eiers, groentesap en kruie in dié stadium bygevoeg. Die deeg word daarna in velle platgedruk en dan gepers om van lugborrels en oorskietwater ontslae te raak. Die deeg word dan gestoom om enige bakterieë dood te maak wat kon oorgebly het.

Die deeg is nou gereed om gevorm te word. Na gelang van die soort pasta wat gemaak word, kan dit óf gesny óf met vorms uitgedruk word. Die pasta word dan in ’n droogtenk geplaas onder sekere hitte-, vog- en tydtoestande na gelang van die soort pasta. Vars pasta word nou in ’n deursigtige, lugdigte plastiekhouer verpak saam met ’n mengsel van koolstofdioksied en stikstof wat mikrobiese groei voorkom en die produk se rakleeftyd verleng; droë pastas word in deurskynende plastiek- of in kartonhouers verseël.[33]

Soortewysig

Lang pasta
Kort pasta
Kort pasta
Klein pasta (pastina, gebruik in soppe)
Pasta all'uovo (eierpasta)
Vars pasta

Varswysig

Pasta vir gebakte geregte.

Vars pasta word gewoonlik vir plaaslike gebruik gemaak, terwyl droë pasta gebruik word as dit verskeep moet word omdat die eiers en kruie daarin kan bederf. Aangesien vars pasta eiers bevat, is dit sagter as droë pasta en kook dit in ’n korter tyd gaar.[34] Delikate souse word saam met vars pasta gebruik sodat daar meer klem op die pasta self is.[35]

Vars pasta sit nie uit wanneer dit gekook word nie en gemiddeld 0,68 kg is nodig vir ’n ete vir vier mense.[34] Vars eierpasta word gewoonlik in repe van verskeie diktes en breedtes gesny na gelang van die soort pasta wat gemaak word. Dit word veral in die vorm van ravioli, tortellini en cannelloni voorgesit saam met vleis, kaas of groente. Dit is veral bekend in dele van Noord-Italië, waar net eiergeel en meel gebruik word vir die beste smaak en tekstuur. Dié pasta word dikwels net saam met ’n bottersous en dun gesnyde knolswamme, wat inheems aan die gebied is, voorgesit. In ander dele kan pasta sonder eiers gemaak word. Net water en semolina word gebruik vir die maak van veral orecchiette en cavatelli. Vars pasta word ook in ander dele soos Sisilië vir die maak van cavatelli gebruik, maar dan word die deeg anders berei: van meel en ricotta.[36]

Gedroogwysig

Droë pasta word gewoonlik in groot hoeveelhede met masjiene in fabrieke vervaardig.[36] Dit word oor die wêreld heen verskeep en hou langer as vars pasta. Die bestanddele sluit semolina en water in. Eiers kan bygevoeg word vir die smaak, maar is nie nodig nie. Die pasta word ’n paar dae lank teen ’n lae temperatuur uitgedroog sodat al die vloeistof kan verdamp. Droë pasta sit gewoonlik uit wanneer dit gekook word, gewoonlik tot dubbel die oorspronklike grootte. Dus is net sowat 0,45 kg nodig vir ’n gereg vir vier mense.[34]

Geregtewysig

Spaghetti alla carbonara.
Drie verskillende kleure rotini.

Pasta word gewoonlik saam met die een of ander sous voorgesit; die sous en soort pasta pas gewoonlik by mekaar op grond van die dikte van die sous en die gerief waarmee dit geëet kan word. Italiaanse pasta verskil van streek tot streek. In Noord-Italiaanse kookkuns word minder tamatiesous, knoffel en kruie gebruik. ’n Soort witsous is meer algemeen.[37] In Bologna bevat die bolognese-vleissous ’n klein hoeveelheid tamatiekonsentraat en uit Genoa kom die groen pestosous. In Sentraal-Italië word souse soos tamatiesous, amatriciana, arrabbiata en die eiergebaseerde carbonara aangetref.

Tamatiesous is ook gewild in Suid-Italië, waar dit ontstaan het. Hier word komplekser geregte gemaak soos met vars vrugte, olywe, kappertjies of seekos. Soorte sluit in puttanesca, pasta alla norma (tamaties, eiervrug en vars of gebakte kaas), pasta con le sarde (vars sardyne, dennepitte, vinkel en olyfolie), spaghetti aglio, olio e peperoncino (letterlik met knoffel, olyfolie en brandrissies).

Voedingswaardewysig

Wanneer pasta alleen gekook word, bestaan dit uit 62% water, 31% koolhidrate (26% stysel), 6% proteïen en 1% vet. ’n Porsie van 100 g (sonder byvoegings) bevat 670 kilojoules en ’n klein hoeveelheid mangaan (15% van die daaglikse aanbevele dosis).

Internasionale aanpassingswysig

’n "Italiaanse" pasta in ’n Asiatiese styl.
Asiatiese spiraalpasta.
’n Tuisgemaakte Nepalese kaaspeperpasta (macaroni).

Namate pasta oor die wêreld heen gewild geraak het, is die bereiding daarvan in verskeie lande aangepas. Die gevolg is dat dit in ander wêrelddele soms grootliks verskil van dié in Italië. In die verlede het die antieke Romeine pasta gebraai of gekook. Dit is met heuning versoet of met ’n vissous gemeng. Hulle het dit ook in ryk pasteie, met die naam timballi, gebruik.[38]

In Hongkong het die plaaslike Chinese veral spaghetti en macaroni aangepas as ’n bestanddeel van die Hongkongs-Westerse kookkuns. In sekere restaurante in Hongkong word macaroni in water gekook en in ’n sop voorgesit saam met ham of worsies, ertjies, sampioene en soms eiers; dit herinner aan noedelsopgeregte. Dit word soms vir ontbyt of ’n ligte middagete geniet.[39]

Twee algemene spaghettigeregte in Japan is die bolognese en napolitana. In Nepal word macaroni op ’n sekere Nepalese manier berei. Gekookte macaroni word pangebraai saam met komyn, borrie, fyn gekapte groen rissies, uie en kool. In Griekeland word hilopittes beskou as een van die lekkerste soorte gedroogde eierpastas. Dit word óf in tamatiesous óf saam met verskeie soorte bredies gekook. Enige soort Griekse kaas word dikwels saam daarmee voorgesit.

Pasta is ook gewild in die suidelike deel van Suid-Amerika, veral streke waar daar sterk Italiaanse wortels is soos Sentraal-Argentinië, en die suide van Brasilië (waar macaroni macarrão genoem word en pasta in die algemeen saam met sommige Japannese noedels bekend is onder die sambreelterm massa, letterlik "deeg"). Die name van die verskillende soorte pasta is plaaslike weergawes van die Italiaanse name, soos ñoquis/nhoque vir gnocchi, ravioles/ravióli vir ravioli en tallarines/talharim vir tagliatelle. Sommige Brasiliaanse pastas, soos die parafuso (skroefpasta), is geregte eie aan die land en verskil in ’n groot mate van hul Italiaanse eweknieë, in hierdie geval fusilli.[40]

In Swede word spaghetti tradisioneel voorgesit saam met köttfärssås (’n bolognesesous): maalvleis in ’n dik tamatiesous.

In die Filippyne word spaghetti dikwels voorgesit saam met ’n eiesoortige, effens soet vleissous (met tamatiesous en ketjap as basiese bestanddele). Dit bevat dikwels gemaalde bees- of varkvleis en gekerfde worsies en ham. Dit word gegeur met sojasous, groot hoeveelhede knoffel, droë origanum en soms droë loerierblare; dit word laastens met gerasperde kaas bestrooi. Ander pastageregte word ook deesdae in die Filippyne gemaak, soos carbonara, pasta met ’n alfredosous en gebakte macaroni. Macaroni of ander buispastas word ook gebruik in sopas, ’n plaaslike dun sop.

Fettuccine alfredo (met room, kaas en botter) en spaghetti met tamatiesous (soms met vleis) is gewild in Amerika. In Australië, is boscaiolasous, met spek en sampioene as basis, een van die talle gewilde pastasouse.

Italiaanse regulasieswysig

Hoewel verskeie variasies van pastabestanddele bestaan, word die kommersiële vervaardiging en benaming van pasta vir verkope in Italië streng gereguleer.[41][42] Drie kategorieë kommersieel vervaardigde droë pasta word erken, asook vars en gestabiliseerde pasta:

Pasta: Droë pasta met drie subkategorieë – (i.) Durumsemolinapasta (pasta di semola di grano duro), (ii.) Laegraadse durumsemolinapasta (pasta di semolato di grano duro) en (iii.) Growwe durumsemolinapasta (pasta di semola integrale di grano duro). Pastas in hierdie kategorie moet gemaak word van slegs durumsemolina of growwe durumsemolina en water, met ’n toelating van tot 3% koringmeel as deel van die durummeel. Droë pastas in hierdie kategorie moet aangedui word volgens die subkategorie.

Spesiale pastas (paste speciali): Net soos bo, met bykomende bestanddele. Die ekstra bestanddele moet op die pak genoem word, byvoorbeeld spinasie. Die perk van 3% koringmeel geld steeds.

Eierpasta (pasta all'uovo): Moet vervaardig word van slegs durumsemolina met minstens vier hoendereiers van minstens 200 g (sonder die doppe) per kilogram semolina. Dit moet as eierpasta gemerk word.

Vars en gestabiliseerde pastas (paste alimentari fresche e stabilizzate): Sluit vars en gestabiliseerde pastas in, sonder ’n perk op die koringmeel. Vooraf verpakte vars pasta mag nie ’n waterinhoud van minder as 24% hê nie, moet in ’n yskas verpak wees by ’n temperatuur van hoogstens 4 °C, moes ’n hittebehandeling ondergaan het minstens op die vlak van pasteurisasie en moet binne vyf dae van die vervaardigingsdatum verkoop word. Gestabiliseerde pastas het ’n laer toegelate waterinhoud van 20%, en word vervaardig deur middel van ’n proses en hittebehandeling wat dit geskik maak om teen gewone temperature vervoer en geberg te word.

Dié regulasies geld net vir pastas wat in Italië vervaardig en verkoop word. Dit geld nie vir pastas wat in- en uitgevoer of in restaurante gemaak word nie.

Verwysingswysig

  1. Ehrlich, Richard (6 Mei 2009). "Process of Elimination". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2020. Besoek op 7 Julie 2012.
  2. McClatchey, Caroline (15 Junie 2011). "How pasta became the world's favourite food" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2019. Besoek op 23 Maart 2012.
  3. Hazan, Marcella (1992) Essentials of Classic Italian Cooking, Knopf, ISBN 0-394-58404-X
  4. 4,0 4,1 4,2 Zanini De Vita, Oretta, Encyclopedia of Pasta, University of California Press, ISBN 9780520255227
  5. Hazan, Giuliano (1993) The Classic Pasta Cookbook, Dorling Kindersley, ISBN 1564582922
  6. "Besoek op 21 Maart 2012" (in Engels). Italianfood.about.com. 10 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2017. Besoek op 30 Julie 2012.
  7. Pasta. UK: Parragon Publishing. 2005. pp. 6–57. ISBN 1-4054-2516-4.
  8. Watson, Andrew M (1983). Agricultural innovation in the early Islamic world. New York: Cambridge University Press. p. 22–23
  9. Serventi & Sabban 2002, p. 10.
  10. Serventi & Sabban 2002, p. 24.
  11. 11,0 11,1 11,2 11,3 Serventi & Sabban 2002, pp. 15–16.
  12. Serventi & Sabban 2002, p. 17.
  13. Serventi & Sabban 2002, p. 29.
  14. "Who "invented" pasta?". National Pasta Association: "The story that it was Marco Polo who imported noodles to Italy and thereby gave birth to the country's pasta culture is the most pervasive myth in the history of Italian food." (Dickie, bl. 48).
  15. Serventi & Sabban 2002.
  16. Jeffrey Steingarten (1998). The Man Who Ate Everything. Knopf Doubleday Publishing Group. p. 260. ISBN 978-0-375-70202-0.
  17. López, Alfonso (8 Julie 2016). "The Twisted History of Pasta". National Geographic. Besoek op 18 Desember 2019.
  18. 18,0 18,1 Walker, Margaret E. "The History of Pasta". inmamaskitchen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2012. Besoek op 24 Maart 2012.
  19. Demetri, Justin. "History of pasta". lifeinitaly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2008. Besoek op 24 Maart 2012.
  20. Faccioli, Emilio (1987). L'Arte della cucina in Italia (in Italiaans). Milan: Einaudi. p. 756.
  21. 21,0 21,1 21,2 "History of pasta". International Pasta Organisation. 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2018. Besoek op 18 November 2018.
  22. "A Tészták Lexikonja – Tésztatörténelem – Kifött Tészták 3. 2017.01.02. Besoek op 3 Januarie 2019" (in Hongaars). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2019. Besoek op 21 Maart 2023.
  23. Justin Demetri (10 Mei 2018). "History of pasta". Life in Italy. Besoek op 18 November 2018.
  24. "The History of Pasta in the Italian Kitchen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2011. Besoek op 26 Maart 2012.
  25. Demetri, Justin. "History of Pasta" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2018. Besoek op 29 Maart 2012.
  26. Tracey, Michael. "The Origin and History of Pasta where Pasta comes from". Besoek op 28 Maart 2012.
  27. Vriezinga SL, Schweizer JJ, Koning F, Mearin ML (September 2015). "Coeliac disease and gluten-related disorders in childhood". Nat Rev Gastroenterol Hepatol (Review). 12 (9): 527–36. doi:10.1038/nrgastro.2015.98. PMID 26100369.
  28. Ferreira SM, de Mello AP, de Caldas Rosa dos Anjos M, Krüger CC, Azoubel PM, de Oliveira Alves MA (15 Januarie 2016). "Utilization of sorghum, rice, corn flours with potato starch for the preparation of gluten-free pasta". Food Chem. 191: 147–51. doi:10.1016/j.foodchem.2015.04.085. PMID 26258714.
  29. Padalino L, Mastromatteo M, Lecce L, Spinelli S, Conte A, Del Nobile MA (Maart 2015). "Optimization and characterization of gluten-free spaghetti enriched with chickpea flour". Int J Food Sci Nutr. 66 (2): 148–58. doi:10.3109/09637486.2014.959897. PMID 25519246.
  30. Li, Man; Zhu, Ke-Xue; Guo, Xiao-Na; Brijs, Kristof; Zhou, Hui-Ming (1 Julie 2014). "Natural Additives in Wheat-Based Pasta and Noodle Products: Opportunities for Enhanced Nutritional and Functional Properties". Comprehensive Reviews in Food Science and Food Safety (in Engels). 13 (4): 347–357. doi:10.1111/1541-4337.12066. ISSN 1541-4337.
  31. "How to Make Pasta Dough" (in Engels). allrecipes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2015. Besoek op 24 Maart 2012.
  32. "Fresh Pasta" (in Engels). allrecipes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2015. Besoek op 24 Maart 2012.
  33. "How pasta is made" (in Engels). made how. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 27 Maart 2012.
  34. 34,0 34,1 34,2 Quessenberry, Sara. "Dried Vs. Fresh Pasta" (in Engels). Real Simple. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2013. Besoek op 28 Maart 2012.
  35. Christensen, Emma. "Dry Pasta vs. Fresh Pasta: What's the Difference?". The Kitchn. Besoek op 28 Maart 2012.
  36. 36,0 36,1 Laux, Sandra. "Types of Pasta" (in Engels). Mangia Bene Pasta. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op 28 Maart 2012.
  37. Montany, Gail (19 Junie 2011). "Lidia Bastianich on the quintessential Italian meal". The Aspen Business Journal (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2017. Besoek op 1 Januarie 2012.
  38. "Pasta" (in Engels). eNotes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2013. Besoek op 27 Maart 2012.
  39. Explore the world of Canto-Western cuisine. Associated Press via MSNBC (8 Januarie 2007). Besoek op 19 September 2013.
  40. Tipos de macarrão. Receitas da Fulaninha. receitasdafulaninha.blogspot.com.br. November 2011
  41. "Rules for the Review of Legislation on Production of Flour and Pasta" (in Italiaans). Italian Government Printing Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2019. Besoek op 7 Julie 2012.
  42. "Rules for the Review of Legislation on Production of Flour and Pasta (English Translation)" (PDF). Union of Organisations of Manufacturers of Pasta Products to the EU. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Augustus 2012. Besoek op 7 Julie 2012.

Verdere leesstofwysig

  • Serventi, Silvano; Sabban, Françoise (2002). Pasta: the Story of a Universal Food. New York: Columbia University Press. ISBN 0-231-12442-2. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media