Outonome Gewes Tibet

Die Outonome Gewes Tibet of Xizang (Tibettaans: བོད་, Wylie: bod rang skyong ljongs; Chinees: 西藏, Pinyin: Xīzàng) is in die suidweste van die Volksrepubliek China geleë. In 2014 het dit 'n bevolking van 3 180 000 gehad. Die administratiewe gebied van die gewes strek oor 'n oppervlakte van 1 228 400 vierkante kilometer en is die tweede grootste administratiewe gebied naas Xinjiang. Die hoofstad en grootste stad is Lhasa, bekend vir die Potala-paleis, die voormalige setel van die Dalai Lamas. Tibet grens in die noorde aan Xinjiang en in die weste aan Kasjmir.

Tibet

བོད (Tibettaans)
西藏 (Chinees)
Outonome streek
Die Potala-paleis in Lhasa, Tibet
Die Potala-paleis in Lhasa, Tibet
Ligging van Tibet in die Volksrepubliek China
Ligging van Tibet in die Volksrepubliek China
Koördinate: 31°42′0″N 86°56′0″O / 31.70000°N 86.93333°O / 31.70000; 86.93333Koördinate: 31°42′0″N 86°56′0″O / 31.70000°N 86.93333°O / 31.70000; 86.93333
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
HoofstadLhasa
Grootste stadLhasa
Regering
 • TipeRegering van Tibet
 • SekretarisWu Yingjie
 • GoewerneurChe Dalha
Oppervlak
 • Totaal1 228 400 km2 (474 300 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal3 505 600
 • Digtheid2,59/km2 (6,7/vk. myl)
 • Rang
32ste
TydsoneUTC+08:00 (SST)
Etniese groepeTibettane (90%), Han (8%), Monpa (0,3%), Hui (0,3%), Ander (0,2%)
Webwerfwww.xizang.gov.cn
Die woord "Tibet" in Chinese karakters en Tibettaans
Wit serpies word as gelukbringers by 'n Boeddha-reliëf agtergelaat
Topografiese kaart van Tibet

Die gebied is die tuiste van die Tibettane, 'n Sino-Tibettaanse volk. Die Tibettane vorm met 90% die grootste etniese groep van die strek, gevolg deur Han-Chinese met 8%. Die Tibettaanse Boeddhisme is die belangrikste godsdiens van Tibet met die Dalai Lama, tans Tenzin Gyatso, as opperhoof en spirituele leier. Tibettaans is die onderrigmedium in die meeste skole. Toegang tot moderne kommunikasiemiddele word verseker deur die uitbou van Tibet se internet- en selfoonnetwerke.

Tibet was eens 'n onafhanklike koninkryk, maar het tydens die Koue Oorlog in die 1950's 'n speelbal van buitelandse moondhede geword nadat dit in 1951 deur Chinese troepe beset is. In 1959 is Tibet deur die Volksrepubliek China geannekseer – na bewering om dit van «Britse en Amerikaanse imperialisme» te bevry. Eers in latere Chinese publikasies word die anneksasie van Tibet as 'n bevryding van 'n godsdienstige, politieke en ekonomiese stelsel beskryf waarin «feodale strukture» en «lyfeienskap» sentraal gestaan het. Hierdie opvatting word nie deur westerse deskundiges gedeel nie. Tussen 1951 en 1959, toe die Chinese owerheid reeds beslissende politieke invloed in Tibet uitgeoefen het en maklik teen beweerde lyfeienskap sou kon opgetree het, is die hoekstene van die tradisionele Tibettaanse samelewing nie aangetas nie. In onlangse publikasies is daar sprake van «agterlikheid» en 'n «gebrek aan modernisering» in Tibet voor 1959, maar ook van «demokratiese hervorming» onder die Chinese bewind.[3]

Aansluitend het die Tibettaanse regering in ballingskap saam met Tenzin Gyatso in die Noord-Indiese stad Dharamsala net wes van Tibet gevestig. Sedertdien is Tenzin Gyatso saam met Tibettaanse onafhanklikheidsaktiviste permanent verban uit China en die gebruik van die Tibettaanse vlag streng verbode. Tibettaanse monnike en nonne beweer dat hul godsdiensbeoefening en kultuur bedreig word. Daar word beraam dat 150 monnike, nonne en ander burgers hul protes deur selfverbranding aangeteken het – en elke keer skerp reaksies van die owerheid se kant uitgelok het wat die selfmoorde as 'n uitdrukking van religieuse fanatisme beskou. Boeddhistiese leiers in ballingskap betreur die situasie en beklemtoon die noodsaaklikheid van 'n vreedsame dialoog.

Boeddhistiese godsdiensbeoefening is nie onwettig nie – so het die 11de Panchen Lama Bainqen Erdini Qoigyijabu in Julie 2019 aan religieuse plegtighede deelgeneem.[4] Volgens staatsbronne word in Tibet en ander dele van China selfs religieuse werke deur die Chinese owerheid gedruk en versprei. Godsdienste word blykbaar geduld solank hul beoefening nie as bedreiging vir die politieke bedeling en integriteit van die land beskou word nie. Tans word aan gelowiges geen regsekerheid aangaande godsdiensbeoefening verleen nie.

Tibet is ook bekend vir sy hoë berge soos Berg Everest wat tot die Himalaja behoort en die suidelike grens tot die drie Suid-Asiatiese lande Bhoetan, Indië (Sikkim) en Nepal vorm. Hier ontspring ook groot riviere soos Brahmaputra, Geelrivier, Indus, Salween, Yangtze en Sutlej.

Verwysingswysig

  1. (zh) "西藏概况(2007年". People's Government of Tibet Autonomous Region. 11 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 18 Desember 2015.
  2. (zh) "人口统计". www.xizang.gov.cn. 西藏自治区人民政府. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2021. Besoek op 24 Februarie 2021.
  3. (en) Tibet.cn, 28 Maart 2019: Full text: Democratic Reform in Tibet – Sixty Years On. Besoek op 31 Julie 2019
  4. (en) Tibet.cn, 26 Julie 2019: 11th Panchen Lama Bainqen Erdini Qoigyijabu attends Buddhist activity in China's Tibet. Besoek op 31 Julie 2019

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media